Met of sonder klankdemper op .22
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Met of sonder klankdemper op .22
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Met of sonder klankdemper op .22
As mens nou regtig so 'n toets behoorlik wil doen, moet jy darem eers die loop goed skoonmaak sodat al die ander soorte ammunisie se lood- en wasresidu heeltemal verwyder is. Dan moet jy eers die loop weer "inskiet" met omtrent 25 skote met die nuwe ammu, voordat hy sy beste groepe kan skiet. As jy dit nie doen nie, gaan die nuwe ammu nie konstant groepeer nie. Elke keer as die koeël 'n stuk lood of was optel, wat 'n ander samestelling as sy eie is, kan jy 'n "flyer" verwag. Of so sê die slim manne met die dik brille.
Die demper kan die presisie op verskeie maniere be-invloed. Bv, as die gat in die "baffels" te klein is, kan van die was en vuilgoed wat saam met enige .22 ammu gaan, iewers tussen die "baffel" en die koeël gaan raak en daardie skoot effens deflekteeer. 'n .22 demper werk gewoonlik beter as die gat in die demper en al sy "baffels" heelwat groter is as die koeël. Skoon maak van die demper se binnegoed is ook altyd 'n goeie idee, nie net om te verhoed dat die growwe gemors in jou loop afval nie, maar ook omdat dit opbou en die demper se gewig en dempvermoë verander.
Mens moet dus seker maak wat jy wil toets, voordat jy die toets doen, en kyk dat alle ander veranderlikes nie jou resultate deurmekaarkrap nie.