Middag almal, watter van die 2 gee die beste loop leeftyd.
Dit is nou gewone jag scenarios en so 2 gongskiete per jaar. Ook gee google se AI antwoord dat SS sagter is en forum en opinies is dat aftermarket SS lope sagter is as n hammer forged CM loop.
My vraag is nou - as jy Sako/Tikka lope met mekaar vergelyk.
Beide is hammer forged watter een gaan beter loop leeftyd gee
Groetnis
Stainless vs CM lope
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Stainless vs CM lope
Ek het gedink dat Sako en Tikka lope is dieselfde siende dat Sako vir Tikka besit. Die lope word in dieselfde fabriek met dieselfde toerusting gemaak. Verskil tussen Sako en Tikka is die kolf, aksie en prys.
SS lope maak makliker skoon, koper pak stadiger aan, kanse van roes is vêr minder. Leeftyd is seker dieselfde solank mens die CM loop na elke gebruik skoonmaak.
Prakties gesproke het ek nog niks gehoor dat CM langer hou as SS nie. Sover ek verstaan is daar nie verskil nie. Wanneer ek loop vervang sal dit altyd SS wees.
Daar is sprake dat sagter staal lope vat bietjie langer om "fire-cracking" te vorm sonder om hoër slytasie te wys. Hoe waar dit is kan ek nie sê nie.

Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Stainless vs CM lope
JF, ek het dalk my vraag effe onduidelik gevra. As jy Sako en Tikka se stainless lope vergelyk met Sako en Tikka se chrome moly lope. Watter een behoort beter loop leeftyd te gee, aangesien beide hammer forged is.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Stainless vs CM lope
Lamtjop jy vra eintlik nou: Hoe lank is 'n stuk tou? Niemand op hierdie forum het al toetse gedoen met die twee soorte lope om jou 'n werklik wetenskaplike antwoord te gee nie. Jy gaan bloot menings kry van verskillende mense en hul antwoorde is slegs dit: menings/opinies. Of wat hulle dalk gehoor of gelees het of op Youtube gesien het en baie van die Youtube menings is ook slegs menings van een of ander ou wat lus voel om 'n video te maak.
Mooi loop
Mooi loop