Lee Enfield No4 Mk2 Kolf

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
stefaansbothma
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Apr 23, 2018 4:03 pm

Lee Enfield No4 Mk2 Kolf

Post by stefaansbothma »

Goeie dag almal

Ek het die voorreg om ’n Lee Enfield No.4 Mk 2 aan te skaf. Die enigste probleem is dat die vorige eienaar self probeer het om dit te "sporterise".
Die "werk" is oor ’n paar jaar gedoen, en gevolglik is daar van die oorspronklike dele weg.

Sien asseblief die aangehegte prentjie: die boonste hout en die ring (in groen) ontbreek.
Verder is die onderste deel (in rooi), waar die ring is afgesaag en is die voorste twee houtdele ook los.

Wat is my beste opsie? Wie is die regte persoon om mee te praat om dit weer in die oorspronklike kondisie te kry?
Die res van die geweer is in ’n uitstekende kondisie.

Ek hou daarvan dat dinge oorspronklik bly, en wil dit dus graag restoreer.

Dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Lee Enfield No4 Mk2 Kolf

Post by OosKaapJagter »

Kontak vir Classic Arms in Witbank. Hulle het altyd van hierdie gewere, asook onderdele daarvoor in voorraad. Jy kan gewoonlik van hierdie gewere in 'n goeie toestand vir so R5000 tot R6000 kry.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Lee Enfield No4 Mk2 Kolf

Post by savage(P Coetzer) »

Stefaans ek moet bietjie in hoop parte gaan krap. Dink ek het heel moontlik alles wat jy kort
stefaansbothma
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Apr 23, 2018 4:03 pm

Re: Lee Enfield No4 Mk2 Kolf

Post by stefaansbothma »

savage(P Coetzer) wrote: Fri Aug 22, 2025 6:18 pm Stefaans ek moet bietjie in hoop parte gaan krap. Dink ek het heel moontlik alles wat jy kort
Dankie, ek luister by die radio.
Ek maak ook kontak met Classic Arms
Post Reply