9mm kruit keuse
-
LouisR
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
9mm kruit keuse
Goeiedag, ek wil begin herlaai vir my Cz-P07. Wil graag 124gr koeëls laai sal silver bullets of soortgelyke 'coated koeël' wees. Is pistool herlaai soos geweer lading ontwikkeling waar sodra jy kruit en lading het is kruit nie meer beskikbaar nie, so sal graag met bekostigbare beskikbare kruit wil werk wat ek weer sal kan kry?
Tans is volgende beskikbaar naby my
Loved D037.1 - 500g houer
Vectan Ba9.5 - 500g houer
Hodgdon Titegroup & CFE Pistol - 454g houer
Enige voordeel van een bo ander, tans is 500g houers goedkoper. Wat moet ek nog in ag neem, buiten opstel van die om nie beskermende laag te beskadig nie?
Groete
Louis

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 9mm kruit keuse
Lovex en Vectan is al 'n hele ruk beskikbaar volgens my kennis. Die pistoolskuts moet kom praat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 9mm kruit keuse
Ek merk op jy praat van begin herlaai vir jou pistool.
Enigeen van daardie tipes kruit wat jy noem sal werk. Koop wat jy kan kry en gebruik dit en daarna gebruik jy wat ookal beskikbaar is.
By pistole is kruitkeuse nie so krities soos om akkurate ladings vir gewere te kry nie. Ek gebruik enige pistoolkruit en gebruik die lading naaste aan die middel tussen die maksimum en minimum lading wat die pistool sonder storings laat funksioneer. Die rede hiervoor is eenvoudig. Minimum ladings is meer geneig om storings te veroorsaak omrede die lading soms te flou is om die glystuk heeltemal terug te druk. Aanhoudende maksimum ladings plaas weer onnodige stremming op komponente. Die byvoordeel van so tussenin lading is dat jy met jou kruitgooier kan werk sonder bekommernis of die lading dalk nou 0,1 grein te hoog of te laag is. Jy sal waarskynlik nie die verskil op 'n teiken waarneem nie.
Jy het reeds genoem dat jy die matryse so wil opstel dat jy nie die beskermde laag afskraap nie.
Iets waarna jy kan kyk is om jou totale patroonlengte dop te hou. Die meeste storings op die baan is van ammunisie waarvan die patroonlengte te lank is vir jou pistool se kamer. Jy sal ook nie 'n fout maak deur vir jou 'n "case gauge" aan te skaf nie. Patrone wat daarin pas, gee net eenvoudig nie probleme nie. As jy nie een het nie of nie een kan kry of wil aanskaf nie, doen 'n gewone plonktoets in jou pistool se loop. Vergelyk hoe jou herlaaide rondtes in die kamer land met 'n rondte fabrieksammunisie. Dit behoort onmiddellik enige probleme uit te wys.
Ek toets elke herlaaide rondte so. Nie alle optel doppe is dieselfde nie en resultate verskil. Selfs met jou matryse perfek opgestel is daar altyd enkele rondtes wat twyfelagtig is. Sulke rondtes gaan na 'n afsonderlike houer en hierdie verwerpte rondtes word sommer eerste uitgeskiet mits hulle veilig kan kamer.

JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: 9mm kruit keuse
Geen S121 beskikbaar nie?
1800 ladings per blik is vir my altyd ʼn wenner.
1800 ladings per blik is vir my altyd ʼn wenner.
-
LouisR
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
Re: 9mm kruit keuse
Goeie more, ja dit sal my eerste poging wees om vir pistool te herlaai en sal ook bloot vir oefening wees nie kompitisie nie so faktor nie probleem solank pistoor siklus is dit reg, darem al paar jaar vir lang gewere gelaai, maar keuses is oorweldegend. Dankie vir die raad sover OosKaapJagter, klink asof die middeweg die regte pad is, moet nog matryse kry en kruit dan kan ek begin toets, @JF123 ja ek kan S121 ook kry sal hoor wat die prys is daarvan rondom 8:00
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm kruit keuse
Ek was eers op 221 en toe ek nie meer kon kry nie na Lovex S020 toe en toe ek die nie meer kon kry nie is ek nou op Hodgdon Titegroup. Laasgenoemde is baie goed geprys in vergelyking met die ander. Almal werk ewe goed. Maak net seker dat jy akkuraat meet want daar is maar min speling as dit kom by handwapen ladings. Begin minimum en werk op soos wat jy verkies.
Louis onthou as jy silver rapids of coated koeels gaan herlaai om jou doppe se bekke effens dieper the rek met die expander die. Dit gaan jou baie frustrasie spaar en gaan verhoed dat die dop se bek die coating afskraap.

Maak 'n verskil
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 9mm kruit keuse
Kyk asb hierna, dit bevat werklik baie inligting: https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... compendium
Hier is ook enkele gesprekke op die forum wat baie sal kan help:
viewtopic.php?p=906890#p906890
viewtopic.php?p=898800#p898800
viewtopic.php?p=904248#p904248
viewtopic.php?p=877564#p877564
viewtopic.php?p=876613#p876613
Hier is ook enkele gesprekke op die forum wat baie sal kan help:
viewtopic.php?p=906890#p906890
viewtopic.php?p=898800#p898800
viewtopic.php?p=904248#p904248
viewtopic.php?p=877564#p877564
viewtopic.php?p=876613#p876613
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: 9mm kruit keuse
Lyk my hulle website is toe.
-
LouisR
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
Re: 9mm kruit keuse
Dankie Ds J ek het alles gelees en baie goeie stukke inligting gekry, sal wel graag bietjie wil verstaan met lading ontwikkelings draad het almal oor Somchem se maksimum ladings gegaan, op watter punt is mens te ver oor? Maks lading vir cast koeëls word as 3.6gr S121 aangedui tog lyk dit of pistole eers goed gesiklus het tussen 3.9-4.1g?
-
Grobbieb
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm
9mm kruit keuse
Somchem is baie versigtig met hulle ladings.LouisR wrote:Dankie Ds J ek het alles gelees en baie goeie stukke inligting gekry, sal wel graag bietjie wil verstaan met lading ontwikkelings draad het almal oor Somchem se maksimum ladings gegaan, op watter punt is mens te ver oor? Maks lading vir cast koeëls word as 3.6gr S121 aangedui tog lyk dit of pistole eers goed gesiklus het tussen 3.9-4.1g?
Begin laag en werk op.
Koop, leen of steel n chrony. Spoed is die waarheid.
Moet nie gestress wees oor watter poeier of punt kombinasie nie. Pistole is baie meer vrygewend as lang geweer.
As jy laai is jou focus om dubbel seker te maak daar is kruit in, asook nie n dubbel charge nie. Squib loads as gevolg van geen kruit kan nogal interesant raak.
When there is doubt, there is no doubt. As jy voel jy het iets gemis, hou apart, trek punt en begin van voor.
Doen doppie inspeksie nadat jy hulle gewas het. Was net met bietjie sunlight en loss in die son om droog te word. Jou doppie inspeksie is om berdan primer doppies uit haal asook gekraakte doppies. 9mm doppies hou lank. Jy verloor hulle voor jy hulle stukkend laai of skiet.
Moenie gelaaide rondtes in tumble nie. Dit neuk rond met die primers.
Bullet corp, Zero Mike, Frontier, en baie ander punte werk lekker. Ek verkies 147 grein maar 124 en 115 werk.
Vectan, Somchem, Titegroup, CFE, Lovex almal werk lekker. Begin laag en werk op tot jou wapen cycle.
As jy klaar gelaai het sit die rondtes onderste bo in box sodat jy kan sien of daar proud primers is.
En as jy tyd het kan jy jou loop uithaal en die rodntea plunk test. Net seker maak hulle pas almal in die kamer.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm kruit keuse
Baie goed opgesom. Al die golden rules in een.Grobbieb wrote: Thu Aug 14, 2025 9:43 pmSomchem is baie versigtig met hulle ladings.LouisR wrote:Dankie Ds J ek het alles gelees en baie goeie stukke inligting gekry, sal wel graag bietjie wil verstaan met lading ontwikkelings draad het almal oor Somchem se maksimum ladings gegaan, op watter punt is mens te ver oor? Maks lading vir cast koeëls word as 3.6gr S121 aangedui tog lyk dit of pistole eers goed gesiklus het tussen 3.9-4.1g?
Begin laag en werk op.
Koop, leen of steel n chrony. Spoed is die waarheid.
Moet nie gestress wees oor watter poeier of punt kombinasie nie. Pistole is baie meer vrygewend as lang geweer.
As jy laai is jou focus om dubbel seker te maak daar is kruit in, asook nie n dubbel charge nie. Squib loads as gevolg van geen kruit kan nogal interesant raak.
When there is doubt, there is no doubt. As jy voel jy het iets gemis, hou apart, trek punt en begin van voor.
Doen doppie inspeksie nadat jy hulle gewas het. Was net met bietjie sunlight en loss in die son om droog te word. Jou doppie inspeksie is om berdan primer doppies uit haal asook gekraakte doppies. 9mm doppies hou lank. Jy verloor hulle voor jy hulle stukkend laai of skiet.
Moenie gelaaide rondtes in tumble nie. Dit neuk rond met die primers.
Bullet corp, Zero Mike, Frontier, en baie ander punte werk lekker. Ek verkies 147 grein maar 124 en 115 werk.
Vectan, Somchem, Titegroup, CFE, Lovex almal werk lekker. Begin laag en werk op tot jou wapen cycle.
As jy klaar gelaai het sit die rondtes onderste bo in box sodat jy kan sien of daar proud primers is.
En as jy tyd het kan jy jou loop uithaal en die rodntea plunk test. Net seker maak hulle pas almal in die kamer.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Maak 'n verskil
-
LouisR
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
Re: 9mm kruit keuse
Wat doen ek verkeerd? Dit lyk asof krimp bedekking beskadig tydens krimp/seater proses('skade' bo dop), het die opgestel soos per instruksies, amper geen krimp, bring net flare terug na 0.380", bedekking is nie beskadig onder rand van koeëls as ek dit trek nie, so flare was korrek. Dis Compi-shot Hi Tek bedekte koeël, lyk soos powder coated eerder as polimer bedekking
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Grobbieb
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm
Re: 9mm kruit keuse
Watse dies gebruik jy? En watse press gebruik jy?LouisR wrote:Wat doen ek verkeerd? Dit lyk asof krimp bedekking beskadig tydens krimp/seater proses('skade' bo dop), het die opgestel soos per instruksies, amper geen krimp, bring net flare terug na 0.380", bedekking is nie beskadig onder rand van koeëls as ek dit trek nie, so flare was korrek. Dis Compi-shot Hi Tek bedekte koeël, lyk soos powder coated eerder as polimer bedekking
Ek self crimp ook nie. Maar ek het voorheen n Lee Factory sizing die gebruik as n finale stap om enige probleme te vermy veral op n vinnige progressive press.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
LouisR
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
Re: 9mm kruit keuse
Die is gelaai met Lee dies op Lee single stage press
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 9mm kruit keuse
Louis pistool is lekker en baie maklik om te laai. Ek stem dat jy sommer uitkyk vir S121 as daar is. As jy 2 blikke koop skiet jy dat die doppe so trêk.
So paar goedjies om net te weet voor jy laai.
Maak 100% seker jy gooi nie dubbel ladings nie, daar is genoeg plek in die dop dat dit moontlik is. Gooi al die kruit en kyk deur al die doppe wat so langs mekaar staan vir enige afwykings voor jy koeëls begin indruk.
Koeël vorm het 'n enorme impak op suksesvolle feed in pistole. Meeste pistole vreet ronde neus koeëls vir soetkoek op. Semi wadcutters en wadcutters kan soms lol so wees net bewus daarvan.
Omrede al die kruit in 'n pistool dop klaar brand voor die koeël uit die dop is het die TPL nogal redelik baie invloed op die gruk en spoed van die kombinasie. Wees maar net versigtig as jt die TPL wil korter maak en die spasie in die dop verminder.
Geniet die laai en pistool skiet!!
So paar goedjies om net te weet voor jy laai.
Maak 100% seker jy gooi nie dubbel ladings nie, daar is genoeg plek in die dop dat dit moontlik is. Gooi al die kruit en kyk deur al die doppe wat so langs mekaar staan vir enige afwykings voor jy koeëls begin indruk.
Koeël vorm het 'n enorme impak op suksesvolle feed in pistole. Meeste pistole vreet ronde neus koeëls vir soetkoek op. Semi wadcutters en wadcutters kan soms lol so wees net bewus daarvan.
Omrede al die kruit in 'n pistool dop klaar brand voor die koeël uit die dop is het die TPL nogal redelik baie invloed op die gruk en spoed van die kombinasie. Wees maar net versigtig as jt die TPL wil korter maak en die spasie in die dop verminder.
Geniet die laai en pistool skiet!!
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 9mm kruit keuse
Ek verwys na die navraag oor die afdop van die bedekking hierbo. Ek vermoed jy het bedoel die bedekking is nie beskadig onder die rand van die dop (i.p.v. koeëls) nie. Dit bevestig inderdaad jou "flare" was korrek.
Gaan Google "Hi Tek flaking" en dan sal jy sien sommige Hi Tek koeëls is soms geneig om dit te doen. Ek self het dit nog nooit met Bullet Corp, Silver Rapids of die Blue Pills van Shooting Stuff teëgekom nie. Probeer dalk "sample packs" van verskillende tipes totdat jy iets kry wat vir jou werk. My buurman het een keer gekla oor dieselfde probleem en hy gebruik nou net frontier CMJ's, al is dit duurder.
Wanneer ek 9mm ammunisie vir die baan laai, probeer ek om geen "crimp" te gebruik nie en slegs as die rondtes nie in my "case gauge" pas of in die loop die plonktoets slaag nie, sal ek die "seating die" so effens dieper indraai.
Die rondtes waarvan jy foto's geneem het sal jou dalk esteties teleurstel, maar ek sou hulle sonder huiwering gebruik. Voor al hierdie bedekkings vir koeëls uitgekom het, het ons met gewone gegote loodkoeëls gelaai en nie ek of enige van my pistole het ooit iets daarvan oorgekom nie.

Dankie vir almal se raad. OosKaapJagter esteties pla dit my glad nie, is meer bekommerd dat ek stap verkeerd uitvoer. Het klompie patrone gelaai 5x van elke lading om te toets 3.3, 3.5, 3.7, 3.9 &4.1gr met Tpl van 27mm,
-
Grobbieb
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm
Re: 9mm kruit keuse
Stem saam met ooskaapjagter. Solank jou kruit se lading reg is en hy pas in jou kamer, skiet die goed uit.
Jy kan ook dalk jou dies net skoonmaak as dit n tweedehandse stelletjie is. Partykeer is daar aanpaksel binne in, maar soos genoem die verskil op so kort afstand maak nie n moerse verskil nie.
Daar is meer akuuraat komponente, maar jou gun en jy moet bitter goed skiet om die verskil regtig op te tel

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 9mm kruit keuse
Jou seating stem kan ook n merk maak op die koels. Bulletcorp maak n ander tipe stem vir die Lee seating die wat mooier pas oor sekere van die coated koels. Ek is meer gepla oor hoeveel van daardie coating in my loop agter bly as hoe die koel lyk na seating. Jy kan basies geen krimp he maak net die flare genoeg toe sodat die patroon nog kan kamer. Daar is ook nie eintlik n spoed verskil tussen n gekrimpte rondte of geen krimp. Tpl verstelling ook nie so groot verskil in spoed net so 10fps met 0.8mm dieper seat. Meeste ouens laai so 4-4.4gr S121 agter n 124gr koel.LouisR wrote:Wat doen ek verkeerd? Dit lyk asof krimp bedekking beskadig tydens krimp/seater proses('skade' bo dop), het die opgestel soos per instruksies, amper geen krimp, bring net flare terug na 0.380", bedekking is nie beskadig onder rand van koeëls as ek dit trek nie, so flare was korrek. Dis Compi-shot Hi Tek bedekte koeël, lyk soos powder coated eerder as polimer bedekking
Terloops ek het nog n amper vol boks van dieselfde koels as jy belangstel vir n groot afslag...
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 9mm kruit keuse
My 2c se opinie oor kruit keuse vir jou toepassing:
Mens moet herlaai met lood koeëls (met "powder coating", polimeer, Hitec of net 'n waslagie) heeltemal anders benader as met CMJ's (Frontier) en gemantelde koeëls (FMJ, JHP).
Die koeëls met dik kopermantels het 'n harde dop wat enige vervorming weens hoë druk kan weerstaan. Jy kan hulle dus teen drukke naby aan maksimum (+/-36000PSI) laai, sonder probleme.
Die loodkoeëls met smeerlagie (dis maar wat die "Coating" doen) gaan vervorm sodra die kamerdruk die loodmengsel se treksterkte oorskry. Lood word verhard met antimoon en antimoon het baie DUUR geword. Ons gebruik dus lood met 'n relatief lae % antimoon om koste in toom te hou. Dit beteken dat die koeëls meestal te sag uitkom om 36 000 PSI te weerstaan.
Die effek op kruitkeuse is dat jy 'n kruit moet kies wat aan die stadige kant is, sodat jou maks druk laag bly, terwyl jou koeël steeds genoeg spoed het om jou pistool te laat voer. Pistole met plastiek-rame (ongeag fabrikaat) is veral gevoelig vir ligte ladings. Ek hou daarvan om te mik vir 'n "faktor" tussen 130 en 135, wat goeie betroubaarheid gee in meeste pistole en onder alle weersomstandighede. Koue weer laat spoed verminder, wat jou funksionering kan benadeel.
Van al die kruite genoem is D037.1 waarskynlik die stadigste. Dit vergelyk goed met Somchem se S221 en Accurate Arms se No 7. Met hierdie kruit kan jy dus maklik 1050 - 1090 fps behaal teen +/-25 000 PSI. Jou pistool gaan wel 'n bietjie meer swart residu wys as met vinnige kruite.
S121 is een van die vinnigstes genoem. Hy gee heelwat minder neerslag, maar om die tipe spoed te haal moet jy naby aan of selfs oor 36 000 PSI gaan. Met sagte koeëls (met smeerlagie) gebeur dit maklik dat hulle dan vervorm en in die groewe "strip". M.a.w. hulle draai nie saam met die loop se groewe nie, wat onakkuraatheid en erge loodaanpaksel in die loop veroorsaak. Met Frontier se CMJ's gaan dit mooi werk, want hulle is nogal hard.
Kies dus 'n relatief stadige kruit en kyk uit vir tekens van loodaanpaksels en "stripping". As die groepe begin oopmaak, is jy daar. Dit gaan verskil van een pistool na die volgende, want almal se groewe is nie ewe diep of dieselfde vorm nie.
Om die afdop van die smeerlagie te voorkom, gebruik ek 2 aparte stappe om die koeël te "seat" en om die dop se bek te krimp. Jy kan dit met dieselfde matrys doen, maar met verskillende verstellings. Ek hou van Lee se Factory Crimp Die vir die doel, want hy het ook 'n "TC sizer" ring in wat enige knoppe of bulte in die dop platstryk. As jy 'n enkelstasie pers gebruik, is dit 'n ekstra tydrowende stap. Gebruik dit om jou finale kwaliteitsinspeksie ook te doen, dan spaar jy weer tyd. As jy dus eendag gereed is om na 'n progressiewe laaipers te kyk vir 9mm laai, kry ene wat genoeg stasies het om al die stappe te kan doen. Ammunisie wat ek op 'n Lee Pro1000 (3-stasie) pers laai, moet ek daarna op 'n enkelstasie deur die Factory Crimp stap vat.
Geniet jou 9mm!

Ek het S121 gebruik en 'n lading op QL ingevoer totdat druk by 35 000 psi was. Dit het 'n spoed van 1130vps gegee. Ek het toe dat QL ander dryfmiddels soek wat dieselfde spoed sou gee. Die onderstaande illustreer wat Alwin genoem het - druk is laer met D037.1 en S221 om dieselfde spoedvlak te kry. Die ladings is teoreties en nie wat gebruik moet word nie - slegs vir illustrasie.
Cartridge : 9 mm Luger (SAAMI)
Bullet : .355, 124, Hornady HP/XTP 35571
Useable Case Capaci: 7.607 grain H2O = 0.494 cm³
Cartridge O.A.L. L6: 1.102 inch = 28.00 mm
Barrel Length : 4.0 inch = 101.6 mm
Predicted Data for Indicated Charges of the Following Powders.
Matching Muzzle Velocity: 1130 fps or 344 m/s
These calculations refer to your specified settings in QuickLOAD 'Cartridge Dimensions' window.
C A U T I O N : any load listed can result in a powder charge that falls below minimum suggested
loads or exceeds maximum suggested loads as presented in current handloading manuals. Understand
that all of the listed powders can be unsuitable for the given combination of cartridge, bullet
and gun. Actual load order can vary, depending upon lot-to-lot powder and component variations.
USE ONLY FOR COMPARISON !
Powder type Filling/Loading Ratio Charge Charge Vel. Prop.Burnt P max P muzz B_Time
% Grains Gramm fps % psi psi ms
--------------------------------- -----------------------------------------------------------------
Lovex D037.1 99,7 7,5 0,49 1130 71,0 32094 5279 0,432 ! Near Maximum !
Somchem S221 92,0 6,7 0,44 1130 79,9 33024 5189 0,437 ! Near
ReloadSwiss RS 24 107,5 6,8 0,44 1130 75,1 32562 5200 0,431 ! Near
Accurate No.7 100,3 7,5 0,49 1130 71,0 32071 5277 0,432 ! Near Maximum !
Cartridge : 9 mm Luger (SAAMI)
Bullet : .355, 124, Hornady HP/XTP 35571
Useable Case Capaci: 7.607 grain H2O = 0.494 cm³
Cartridge O.A.L. L6: 1.102 inch = 28.00 mm
Barrel Length : 4.0 inch = 101.6 mm
Predicted Data for Indicated Charges of the Following Powders.
Matching Muzzle Velocity: 1130 fps or 344 m/s
These calculations refer to your specified settings in QuickLOAD 'Cartridge Dimensions' window.
C A U T I O N : any load listed can result in a powder charge that falls below minimum suggested
loads or exceeds maximum suggested loads as presented in current handloading manuals. Understand
that all of the listed powders can be unsuitable for the given combination of cartridge, bullet
and gun. Actual load order can vary, depending upon lot-to-lot powder and component variations.
USE ONLY FOR COMPARISON !
Powder type Filling/Loading Ratio Charge Charge Vel. Prop.Burnt P max P muzz B_Time
% Grains Gramm fps % psi psi ms
--------------------------------- -----------------------------------------------------------------
Lovex D037.1 99,7 7,5 0,49 1130 71,0 32094 5279 0,432 ! Near Maximum !
Somchem S221 92,0 6,7 0,44 1130 79,9 33024 5189 0,437 ! Near
ReloadSwiss RS 24 107,5 6,8 0,44 1130 75,1 32562 5200 0,431 ! Near
Accurate No.7 100,3 7,5 0,49 1130 71,0 32071 5277 0,432 ! Near Maximum !
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 9mm kruit keuse
Ek het vergeet om te noem oor die stap van eers koel seat en dan krimp as jy coated koels laai soos Alwin hier bo genoem het. Ek het dit ook getoets deur koels te skiet wat geseat en krimp word op dieselfde stap en ook eers te seat en dan te krimp. Kon nie rerig n verskil sien in akuraatheid. Jy moet die lood koels nie te diep seat dan kan jy wegkom daarmee om te seat en krimp met een stap. 9mm doppie taper so as jy die koel skag verby n sekere punt seat begin die weerstand meer te word en begin jy coating afkrap. So hou by 130gr en ligter wat jy nie verby daai punt sal seat en jy kan wegkom daarmee. Die coated koels is elk gevalnie meer soveel goedkoper as n cmj en vat langer om te laai. Met cmj op single stage press hoef jy net te size en dan seat so jy spaar 2 stappe en tyd.
Dit sou lekker wees as ons weer baie S221 op die rakke kon sien. Ek het hom destyds gebruik op die swaarder koels 147gr+. My dra lading is 6.2gr S221 agter n 147gr xtp en skiet 990fps uit my G19.