Red dot: Wat gebeur as die liggie vrek?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Red dot: Wat gebeur as die liggie vrek?

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Eergister gesels ek en my oudste seun, Dandrej, oor red dots. Hy vra toe of 'n mens akkuraat sal kan skiet as die liggie skielik doodgaan of as jy vergeet het om hom aan te sit... en 'n buffel storm. Die eenvoudige antwoord was om dit te toets.

Ek het sommer my Strasser .243 gevat en 'n Aimpoint daarop gesit. Ons het 'n buffelteiken op 50m opgesit en die Aimpoint ingestel. Toe het ek en hy elk een skoot van 'n rus af op 50m na die buffel se hart geskiet. Dis die rooi kolletjies op die teiken (myne ZK en syne ZD). Die groot swart plakker was die sighter op 50m.

Daarna beweeg ons toe tot op 10m en sit die Aimpoint se liggie af. Dandrej het eerste geskiet (vyf skote in totaal, 2x, toe nog twee en toe een). Sy eerste skoot was 'n doodskoot in die hart. Die volgende een te ver links, die derde heeltemal te laag. Skote vier en vyf was weer goed met nr vyf 'n doodskoot. Sy skote is gemerk D1 tot D5. Ons het vinnig geskiet soos vereis word tydens n stormloop

Toe was dit my beurt. Skote gemerk K1 tot K3. Eerste skoot hopeloos te laag. Skote twee en drie te veel links. My een skoot het die hart so skrams op die kant gevang. In 'n werklike jag sou ek beslis bokveld toe gewees het as 'n buffel sou storm.

Dalk sal manne wat gereeld by BASA met hul red dots skiet en gereeld daarmee jag, beter doen as ek en Dandrej (en veral beter as ek). Ons gaan nog speel met die Aimpoint en ek sal die ander toetse ook hier kom post.

Ons eerste toets wys egter dat die rooi liggie verkieslik aan moet wees.

Mooi loop
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Red dot: Wat gebeur as die liggie vrek?

Post by saswart »

Netjies Oom Koos, goeie oefening! Ons het al die manne se scopes/reddot's en visiere toegemaak...almal skiet dan maar so, ek dink Oom dalk beter :)
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Red dot: Wat gebeur as die liggie vrek?

Post by Zuku »

Toe "raceguns" nog die inding was en ammo "cheap" was dinge anderste. Ek het in circa 1990"s n "Steel plate challenge" bygewoon. In die finale skiet vir eesrte en 2de plek in n "Man vs Man" het n man weggespring met sy "racegun" toe sy laaste plaat val trek sy teenstander by plaat 4. Nadat die baan offisier wapens veilig gemaak het, het die wenner agtergekom hy het nooit sy "Red dot"' aangesit nie,

Eendag het ek en n vriend gaan skiet. By die skietbaan het ek agtergekom die battery van die Tasco ProPoint is pap. Tot en met 30 m, het ek my vriend ore aangesit agv regte skiet tegniek. "stance and musle memory". So afhangende van die skut en afstand kan dit n verskil maak
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Red dot: Wat gebeur as die liggie vrek?

Post by Alwin »

Wat ek sien by handwapens is dat mense die optiese visier so monteer dat die oop visiere nog mooi sigbaar is in die onderkant van die optiese visier se "venster". Dit help om die kol vinniger op te spoor, veral in die begin as jy hom nog gewoond raak.
Dit gee jou ook iets om op terug te val as die liggie dalk sou afgaan.
Ek glo dis moontlik om die tipe ook so op 'n geweer te monteer, dat jy nog steeds die visiere kan sien. Dit gaan net 'n bietjie ekstra moeite vat.
Deesdae het van die rooikol visiere 'n bewegingsensor in, wat hom aanskakel as hy beweeg. As hy lank genoeg stil lê, sit hy self af. Dit help dat jy nie kan vergeet om hom aan te skakel nie.
Met my astigmatisme moet ek baie versigtig kies wat ek gebruik. Baie van die visiere se rooi (of groen) kol sien ek as 'n ster. Veral die oop ("reflex") tipe is die ergste. Die toe tipe (m.a.w. 2 lense met die liggie tussen in) gee vir my beter resultate.
Met so 'n bietjie eksperimentering, dink ek, kan mens meer verrigting uit die nuwerwetse speelgoed uithaal.
Post Reply