Tuimeldroër onderdele

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Tuimeldroër onderdele

Post by Philip J »

More almal

Hierdie het net mooi niks met gewere te doen nie, maar dis 'n laaste poging.

My tuimeldroër van BAIE jare, se "tensioner pulley" het dit gees gegee. Soveel so dat die skag waarom hy hardloop, ook gedeeltelik opgevreet is.

Die probleem is dat die spesifieke model nie meer in produksie is nie en niemand dus meer onderdele aanhou nie. Dryfbande is nog beskikbaar, maar nie die parte wat ek nodig het nie.

Dis 'n LG TD-V75120E model.

My hoop is dat iemand daar buite, dalk so een het wat vir 'n ander rede nie meer werk nie en dan kan ek dit oorkoop en myne weer aan die gang kry.

Praat asb met my as jy kan help. Al is dit net n verwysing na iemand wat dalk onderdele aanhou.
Nul64 sewe22 vyf820
Groetnis
Philip
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Tuimeldroër onderdele

Post by Klein Chris »

Van Biljons in Pretoria mag dalk kan help
Skiet bly maar lekker
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tuimeldroër onderdele

Post by Arnold »

Ek het al hier reggekom met iets wat ek nerens anders in SA kon opspoor nie ... https://appliancepartssa.co.za/
Post Reply