So met rond speel oor herlaai presse kom ek op die Lee Automatic Processing Press af. https://leeprecision.com/app-press
Gebruik van julle dit en hoe werk dit vir julle? Hoe sal dit vergelyk met die Lee Classic Turret Press?
Lee App (Automatic Processing Press)
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Lee App (Automatic Processing Press)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Henlo
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Re: Lee App (Automatic Processing Press)
Ek het so lee app wat ek gebruik om 9mm doppe te resize en om punte te size, hy werk soos n droom vir dit
Te veel gunne en te min geld
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Lee App (Automatic Processing Press)
Die APP is meer 'n hoë volume dop prossesserings pers, soos sy naam aandui, en nie regtig 'n herlaai pers nie. Nogtans kan hy heelwat gewone herlaai take hanteer. Onthou net dat dit nie die sterkste pers is nie.
Ek het ene gekry om my handwapen doppe se slagdoppies uit te druk. Hy kan nogal redelik vinnig deur 1000 doppe draf. Wat lekker is, is die outomatiese dopvoerder en die feit dat die growwe slagdopresidu nie in die meganisme kan beland nie.
Soms gebeur dit dat die "universal decapper" weer 'n slagdoppie terug op trek in die doppie in, dan haak hy. Dit hang natuurlik van die slagdoppie se maak en interne vorm af. Bietjie lastig. As jy die "decapping pin" se punt effens skerper skuur, hou hy op om so te maak.
Jy kan hom nou ook opgradeer na die "Deluxe APP", of sommer 'n kompleet ene koop. Hierdie weergawe kan slagdoppies insit ook. Bietjie hakerig aan die begin, maar mettertyd werk hy gladder en jy kan mooi voel hoe die slagdoppies geplaas word. Ek dink dis die vinnigste "priming tool" tans beskikbaar. Die Deluxe weergawe het ook die roller handvatsel, wat meer gerieflik is.
Verskeie plaaslike handelaars hou hulle aan. Duane Wessels by 480BC is altyd 'n goeie opsie. Sy produk kennis en advies is altyd in die kol.
Lee se Classic Turret en hulle nuwe Ultimate Turret perse is volwaardige herlaai perse wat van handwapen tot grootkaliber geweer patrone kan herlaai. Hulle is veelsydig en sterk genoeg vir enige dop wat jy in die pers kan pas. As jy een pers wil hê wat alles kan doen, is dit 'n goeie opsie. Kyk gerus na Duane se youtube videos waar hy die Ultimate Turret pers demonstreer.