Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek moet ongelukkig my 12 Boor Beretta S56E Over and Under verkoop om 'n ander projek te finansier (my skip wil nie inkom nie!).
Hierdie pragtige Beretta-haelgeweer het ’n single selective sneller, auto ejectors en 28-duim chrome-lined lope. Die lope het fixed full en modified (1/2) chokes. (jammer ek meng my taal)
Die geweer is onlangs deeglik gediens deur Juan Broglio - volgens my kennis die wapensmid van keuse in SA vir alle premium Italiaanse haelgewere.
Die kolf is ook onlangs oorgedoen met ’n Londen oil-afwerking en ek het ’n nuwe Pacmayr Decelerator pad laat opsit by Morkel & Crouse, Lynwood.
Die haelgeweer is skaars gebruik en het ’n ongelooflike mooi okkerneut-kolf. Daar is geen sigbare tekens van slytasie op die metaal of houtwerk nie.
Die aksie het geen speling nie en die lope lyk puik binne en buite.
Beretta S56E (3).jpeg
Beretta S56E (2).jpeg
Beretta S56E (1).jpeg
Die haelgeweer word “voetstoots” verkoop.
Prys: R22,500.00
Kontak my gerus by 082 463 9810
Groete,
Hennie Viljoen
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X