Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JacquesSAKO.308 »

Hi manne,

Vandag was seker een van die slegter ervarings en oomblike wat ek in my wapen koop prosesse gehad het.

Laasjaar Oktober koop ek ń Tikka CTR STAINLESS by ń groot handelaar in die land. Op faktuur wys hy stainless en ek het die boodskap bewyse wat ek vir die verkoopsman vra, is hy doodseker dis die stainless model? waarby hy bevestig dit is.

Nou ja ek gaan toe deur die aaklige aansoek proses waar deur ons almal moet gaan. Na 88 werksdae van wag kry ek vandag uiteindelik daai mooi sms. Ek ry onmiddelik na my DFO toe kry die print out en gaan na die handelaar toe.

By die handelaar aangekom sê hulle vir my die wapen is nie by daai tak nie maar wel by die ander tak. Dit, nadat ek hulle gebel het en gevra het waar hy is. Ek ry toe nou maar die 40km na die ander tak, word baie vriendelik gehelp en kry die wapen in sy boks uit die kluis. En daar begin die hell. Toe ek die boks oopmaak is dit die normale metaal weergawe. Die tak trêk toe net hulle skouers op want wat kan hulle maak? Die serial nommer op die aksie en op my print out stem ooreen.... ek bel toe die verkoopsman wat, ek toe ook uitvind werk nie meer vir die handelaar nie en hy is glo net baie jammer en blameer dit op die tak want hulle moes dan die verkeerde 271 vorm vir my gestuur het en hulle sal my maandag laatweet wat ons nou gaan maak.

Nou my vraag is, wat sou julle manne doen in die proses?

So sien ek my opsies:

Opsie 1 - Dring aan op die regte wapen aan soos op faktuur staan maar gaan weer die hele proses en wag 6 maande.

Opsie 2 - Aanvaar nou maar net die wapen wat ek nie wil hê nie want die stainless het ek spesefiek voor aangevra sodat ek nie met die aanhoudende roes probleme sit nie.

Ek hoor graag wat julle manne sou doen?

Groete

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Ds J »

Kyk hoe hoog boontoe jy in die betrokke maatskappy kan bykom. Begin eers hoflik en vriendelik, en maak dan vuur as dit nodig raak.

Dit help soms om die pers ook te betrek.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by snakker »

Vra die afslag prys verskil tussen stainless en gewoon, en gaan aan met jou lewe. Daai loop sal net so mooi skiet

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Eight »

snakker wrote: Fri Mar 14, 2025 10:33 pm Vra die afslag prys verskil tussen stainless en gewoon, en gaan aan met jou lewe. Daai loop sal net so mooi skiet

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Bogenoemde en laat ceracote hom tee hule onkoste.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Glocked »

snakker wrote: Fri Mar 14, 2025 10:33 pm Vra die afslag prys verskil tussen stainless en gewoon, en gaan aan met jou lewe. Daai loop sal net so mooi skiet

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Hierdie gaan nogsteeds 'n snaakse smaak in die mond los, maar gaan verseker die maklikste manier wees om hierdie op te los. Gee jou geleentheid om na die volgende roer met 'n stainless loop uit te sien !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JacquesSAKO.308 »

Glocked wrote:
snakker wrote: Fri Mar 14, 2025 10:33 pm Vra die afslag prys verskil tussen stainless en gewoon, en gaan aan met jou lewe. Daai loop sal net so mooi skiet

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Hierdie gaan nogsteeds 'n snaakse smaak in die mond los, maar gaan verseker die maklikste manier wees om hierdie op te los. Gee jou geleentheid om na die volgende roer met 'n stainless loop uit te sien !
Ja nee dit gaan maar veseker ń lelike smaak los. Dit het my ń paar maande gevat om die spesefieke model in die hande te kry so ek sien al ń rukkie uit na hom. Maar nou ja "as" is seker maar vebramde hout neh.

Ek sal nou maandag hoor wat is hulle voorstel en dan ń besluit neem.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Capt. Yoda »

Vra maar vir n krediet en koop iets mooi vir roer anders is dit weer maande se wag. Pel van my selle oor gekom met n 300wsm, het toe later ma sy geld terug gevat en n geweer gebou op n aksie wat hy gehad het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Malan123 »

Nommer 1 - maak seker jy kry daai geweer teen die handelaar se kos prys vir jou ongerief

Nommer 2 - stuur hom dadelik vir 'n cerakote. Sorteer die roes probleem uit
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JF123 »

Roes aan die buitekant is 'n minir. Kan nie binne die loop ceracote nie.

Opsie1: Dring aan op wat jy gekoop het en wag daarvoor.

Opsie 2: vat wat jy het met afslag. Koop dan nog 'n geweer.

Ek sal Opsie 1 vat.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Zuku »

Jou hart is op die geweer met die SS loop. Jy gaan altyd n slegte na smaak hê as jy daai geweer met die Yster loop gaan uithaal uit die kluis en hom gebruik. Ek neem aan daar is n prysverskil tussen die 2 lope ook.

Opsie A Vat die geweer met Yster loop en weet jy gaan ongelukkig slaap elke nag en voor die einde van die jaar is daai geweer al geadverteer

Opsie B Sê vir handelaar hy moet 'n pot vaseline koop en daai geweer goed smeer en gaan bêre waar die son nie skyn nie, en jou "refund" of omruil vir wat jy betaal het en die admin vir lisensie doen op hulle onkoste. Klaar. As hulle jou gaan "refund" gaan soek weer jou geweer. Maak seker as jy self nie gesien het nie, die loop is SS, laat hulle fotos vir jou stuur van die loop en "serial no" as "evidence" en maak seker op alle "invoices" staan daar geskrywe SS.

Ek het ook so n stel of 2 afgetrap en op die einde van die dag gaan kry wat ek my hart opgesit het die eerste keer na 'n baie groot "fight". Maar daarna rustig geslaap elke nag.
WernerG
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Wed Jan 31, 2024 10:01 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by WernerG »

Stem saam met Zuku, jou hart was op daai SS geweer.

Wat ek sou voorstel. Vat die geweer wat nou op jou naam is. Skiet die ding. Maar dring aan dat jy steeds jou SS geweer soek. Begin solank die aansoek proses. Lisensie behoort nie n issue te wees nie, behalwe as jy op S15 aansoek doen en reeds 4 gewere op jou naam het. Sodra jou SS lisensie goed gekeur is gaan jy terug handelaar toe en jy ruil die gewere. Huidige een word gedealerstock en die regte een is dan op jou naam.

Handelaar se loss, maar die fout was aan hulle kant, nie joune nie.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JacquesSAKO.308 »

WernerG wrote:Stem saam met Zuku, jou hart was op daai SS geweer.

Wat ek sou voorstel. Vat die geweer wat nou op jou naam is. Skiet die ding. Maar dring aan dat jy steeds jou SS geweer soek. Begin solank die aansoek proses. Lisensie behoort nie n issue te wees nie, behalwe as jy op S15 aansoek doen en reeds 4 gewere op jou naam het. Sodra jou SS lisensie goed gekeur is gaan jy terug handelaar toe en jy ruil die gewere. Huidige een word gedealerstock en die regte een is dan op jou naam.

Handelaar se loss, maar die fout was aan hulle kant, nie joune nie.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Die is eintlik nie ń slegte idee nie.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Alwin »

Hierdie is net nog 'n voorbeeld van hoe die GROOT winkels seker maak mense gaan weer terug na die kleiner handelaars waar jy persoonlike diens ontvang...
JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JacquesSAKO.308 »

Alwin wrote:Hierdie is net nog 'n voorbeeld van hoe die GROOT winkels seker maak mense gaan weer terug na die kleiner handelaars waar jy persoonlike diens ontvang...
Ja nee, nooit weet in my lewe sal ek by die groot handelaars koop nie

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by SakoTrippel2 »

My al 2 keer oorgekom.

2015 word ek die verkeerde wapen se 271 gegee... Gelukkig is my DFO wakker en "run" gou die serial Nommer op die system en daai roer is toe alreeds op iemand se naam. Kry nuwe papiere en doen aansoek.

2016 koop ek 'n Ruger 10/22 oor die foon van 'n advertensie af... Donker hout kolf en swart/matt black loop. Kom by die winkel en vra na spesifieke wapen met serial nommer en boks.
Maak oop toe is dit 'n gloss finish En die kolf is so ligte geel bedryf. Met 'n geroei en stoei het ek gelukkig my geld terug gekry.

Maat van my het ook 'n roer oor die foon gekoop as 'n Dikloop Howa toe hy die geweer gaan haal is daai serial nommer 'n dun loop 22duim model s'n. Natuurlik glad nie wat hy soek nie.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Giepie »

Dit is baie sleg. Ek het ook al 'n sootgelyke stel afgetrap, daarom wil ek self die spesifieke item sien, dit in my hande hou en fotos daarvan neem. "Onlineshopping" werk nie vir my nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JacquesSAKO.308 »

Dankie vir almal se insig en raad. Ek het ń plan sal julle môre laatweet as ek met die eienaar gepraat het of dit gaan realiseer.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by ZKK »

Beste Jacques.

Maak nie saak watse loop jy koop nie, jy kan altyd a "dud" koop wat nie will groepeer nie.
Wat sal jou die meeste teleur stel, n stainless loop wat nie wil groepeer nie? of n gewone loop wat verskriklik akkuraat is (Al is dit nie jou voorkeur kleur nie)?

Ek dink, dring aan op die afslag prys tussen die 2 lope, en gaan skiet die loop eers om te kyk wat hy maak.
Dalks word jy aangenaam veras en daai loop skiet vrek goed.

Op die einde van die dag is n mooi geweer seker nice, maar akkuraatheid is vir my die belangrikste.

Net my opinie.......
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JF123 »

Kyk, ek is self iemand wat stainless skiet en mooiheid het niks daarmee te doen nie. Die lope maak makliker skoon, die kanse vir roes is heelwat minder, kry nie vingerafdruk roes nie. En dit tel nie koper so maklik op soos swart lope nie. Dit sal baie swaar moet gaan voor ek weer 'n swart staal loop sal gebruik.

Ek weet nou nie van die spesifieke geval nie, maar al die gewere waarna ek gekyk het, as die loop stainless is dan is die aksie en slot ook. Wat dinge baie gemakliker maak in die jagveld as jou geweer nat reën.
JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 244
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by JacquesSAKO.308 »

Oky manne so loop die einde van die saak.

Mens moenie altyd die handelaar oordeel op werkgewers se aksies nie. Die CEO het my vanoggend gebel.

Hulle is bereid om die regte een te kry maar die invoerder het tans nie voorraad nie so dit kan maande vat.

Oplossongs waarop ons ooreengekom het is dat hulle vir my solank ń krieger loop gee en license.

Die CEO was baie nice en baie jammer gewees.

Aan die einde van die dag dink ek dis ń wen wen vir albei partye.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Vlakvark Soldaat »

Klink nie na n slegte deal nie...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hoe nou gemaak? (Wapen handelaar maak groot fout)

Post by Ds J »

Puik diens! Baie dankbaar!

Min dinge vervang goeie kliëntediens.
Post Reply