Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post Reply
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by Flip Nel »

Ek het nounet met iemald gepraat en hy het my herinner aan toe ek by my swaer in die klein Karoo vanghokke vir ystervarke gestel het.  Die ystervarke lol maar in die lusern en ek het 'n vanghok opgestel en gooi altyd artappels of vrot uie etc. daarin.  Het al 'n paar so gevang maar die oggend loop ek soentoe (Dis naby die huis) en kry 'n haas in die hok, oor ek nie rerig gepla is oor hase nie los ek hom en stel die hok met die doel om later weer artappels te bring, soos dinge werk kon ek eers die volgende dag afstap en kan jy glo daar sit 'n rooikat in die hok.  Al wat ek kan dink is dat hy agter die haas ruik aan was, ek weet my swaer het altyd hokke gestel met vismeel in, maar die hok het niks in nie.  Wat snaaks is 'n paar maande later stop ek met 'n wors hond af om die hok te gaan kyk, weer sit daar 'n haas in, ek tel die hond op en laat die haas gaan, natuurlik gaan die hond soos 'n mal ding aan oor die haas, ek stel weer die hok met kos en gaan huis toe.  Later in die dag kom ek agter die hond is net weg, neem my verkyker en kyk na die hok, wragtig daar sit die hond in die hok, my Pa het uitgegaan en die hond het ook saamgedraf en toe vanghok toe gehol.  Ek het haar oopgemaak en daai aand 'n ystervark gevang.  Ek dink beide gevalle was dit die haas reuk wat dit gedoen het.  Iets anders wat ek opgelet het is dat ek nie 'n jakkals gevang kry in 'n hok nie, selfs hier in Namibia wat die jakkalse mak is wil hulle net nie in 'n hok nie, is daar 'n truuk daaraan.
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by Vosman »

Flip
Waar in Nam is jy, my ervaring het geleer in die suide het die jakkies dotorsgrade!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by Flip Nel »

vosman

Die plaas is in die noorde tussen Otavi en Otjiwarongo, hier skiet niemand jakkalse nie, so hier is bitter baie van hulle, as ek by 'n grondam sit en tell kom daar maklik 5 of 6 partymaal meer
ArnoldM

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by ArnoldM »

Flip nel wrote: vosman

Die plaas is in die noorde tussen Otavi en Otjiwarongo, hier skiet niemand jakkalse nie, so hier is bitter baie van hulle, as ek by 'n grondam sit en tell kom daar maklik 5 of 6 partymaal meer
Flip, jy moet hulle nie tel nie, jy moet hulle skiet....  ;D ;D ;D ;D

Groete,
AM.
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by HUNTER »

Flip

Dit kan die reuk wees maar oor die algemeen is katte maar van nature nuuskierig en word hul redelik maklik in 'n hok gevang maar jakkals is net te versigtig en ek het nog nooit van iemand gehoor wat een in 'n hok gevang het nie. Miskien iemand wat die' onmoontlike al reg gekry het dit hier post.

groete

Hunter
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by Lamtjop »

Hunter.
Daar word tog so nou en dan n jakkals in n hok gevang, gebeur baie min maar tog. Ek self het nog net van 3 gehoor waarvan 2 by my oom was en altwee met die selfde hok. Ek het ook gehoor dat n deurloop hok n jakkals makliker vang as n enkel deur hok. Ongelukkig kon ek nog nie een so vang nie.
Groete
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by Freddie101 »

Ek haal aan wat Heinrich gese het( tong in die kies glo ek) . N jakkals wat in n hok gaan moet ons weer loslaat, want daai dom gene moet ons nie uit die natuur haal nie. Ek stem nogal saam.
yol bolsun
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke

Post by wlm »

Dit is mos maklik om iets te se wat nie verifieerbaar is nie. 'n Man kan as 'n spekskieter aangesien word. Ek het al 'n jong jakkals in 'n kathok gevang. het hom in die hok gelos en die nag loop luister met die doel om ma en pa te skiet. Ma het net so een maal op kleintjie se gekerm ge-antwwoord en toe spore gemaak.
Wat lokaas in kathokke aangaan, glo ek in 'n skoon hok sonder aas of reuke. BEHALWE 'n rooikat se urine. Aas en reukmiddels lok bakoorjakkalse en ystervarke.
Ek wil selfs nie eers die rooikat se bloed in die hok mors nie. Wurg hom met 'n staaldraadlus en verwyder uit die hok en maak hom dan "dooier" op 'n ander plek.
Groete Willem
Post Reply