nuwe langafstand geweer

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Vleder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am

nuwe langafstand geweer

Post by Vleder »

Naand almal, indien ek sou 'n langsfstand (teiken en jag) roer oorweeg, watter kalibers sal julle voorstel, ek wil nie na eksotiese dinge toe gaan nie, kyk basies na die 7mm Rem Mag en die 300H&H.
Ballistics goed in albei met 160 - 180 greiners en akkuraat.
Het die naweek met 'n smid gepraat (wat weet wat hy doen en ek vertrou) en hy het dadelik aangeraai 300H&H: minder felt recoil, langer looplewe, maklik om te laai, meer grein range (110 tot 220) ens. Enige iemand met 'n 300 wat kan terugvoer oor hoe jy hom/haar ervaar?
Geweer sal 'n custom/ swaarloop ding wees.
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
Gerard

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Gerard »

Die twee vereistes vir afstand is stywe spiraal en genoeg dopvolume.  Daarna kyk mens na ander goed soos dopneklengte en die lengte van die kruitkolom teenoor die deursnee van die dop, beskikbaarheid van komponente, hoeveel skote sal mens met een sessie skiet en so aan.  Daar is beter keuses as die 300H&H.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Arnold »

Ek sou beslis eerder n 300win mag kies. Soos Ludwig s? hang dit af met wat jy as lang afstand kwalifiseer. In my boeke sal die 300 H&H nie n opsie wees nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by James Wilson »

Arnold wrote: Ek sou beslis eerder n 300win mag kies. Soos Ludwig s? hang dit af met wat jy as lang afstand kwalifiseer. In my boeke sal die 300 H&H nie n opsie wees nie.
wat die 300H&H betref en die 300wm is daar nie regtig n balistiese verskil nie. die 300H&H het destyds sy naam gemaak op die 1000yards skietkompetiesies wat gereeld gehou is in engeland. die 300wm moet teoreties gesproke meer akuraat wees agv sy skouers. die 300H&H het weer gewoonlik 26" loop wat voordele in hou vir baie ver skiet. maar dis maar ook debateerbaar.

ek sal eerder heel weg gaan van altwee 300magnums, dis nou as jy verder wil skiet as 500m.  verder as 500m raak dit n hoogs spesialis gebied en ek sal nie iets kyk soos die 7mm tombi.

op die gebied kan jy regtig jou ore aan Ludwig uitleen.


maar jou langafstand en die volgende man se afstande verskil dalk. as jy sommer net ver skote skiet(250m-350m) dan sal baie "gewone" kalibers goed genoeg wees.
Last edited by James Wilson on Sun Sep 11, 2011 6:20 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Dawie »

Dalk.....

280 Remington ;)

Standaard en Eenvoudig... niks gefire form,  lang looplewe(volgens wat ek gelees het),  al die ho? BC 7mm punte om van te kies.  Balisties min of meer in dieselfde kraal as die Tombi en die 284.

My teoretiese 2c

Kojak

Ps. Ek hoor sy AI weergawe is nie so suksesvol nie.
User avatar
Vleder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Vleder »

Ek weet die topic kan vreeslik tegnies raak, maar kom ons redeneer soos volg:

Ludwig
Afstand: teiken skiet (meeste kompetisies is maar tot 300m (SA Hunters ens) so die ver skiet sal meer vir my eie "fun" wees, 300m - 600,700m??), jag (tot waar prakties en eties en kondisies moontlik, 300 - 500m?? afhangende van spesie in die kruishaar) Ek het 'n teiken/jag 308 vir die SA Hunters comps en algemene jag tot so 300m.
Jag: dit sal ook dan aanvul tot my 308/303 vir groter wild soos (die odd) eland ens. Of as daai bobejane teen die kranse aantreklik lyk teen 400m - 500m...

Gerhard
Skote: ek glo nie daar sal 1000de skote per jaar geskiet word nie so nie te ho? usage nie.

Arnond
Hoekom nie die 300HH as konsiderasie nie?

Ek weet daar is BAIE opsies wanneer jy nou begin speel, 7mm Tombi, 6.5x284, 284 rem, die baie 300's ens. So is die (simplistiese) vraag die volgende:

Ho? BC 7mm of .300 (168gr - 175gr?)  bullet teen so 2 900 - 3 000fps (uit 26" loop) met relatiewe lang looplewe, inherent akkuraat en efficient cartridge....

dankie vir almal se comments, waardeer die inputs van almal wat BAIE beter as ek weet met BAIE meer ervaring!
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by BLOK »

Vleder

Ek hou van n man wat 300H&H dink, met die Quickload wat dokkie vir my die naweek uitgewerk het gooi ek 150g Noslers teen 3212fps en dan gee ek nog nie eers gas nie, wat meer kan n mens voor vra. ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by James Wilson »

Vleder,  Gerhard se dat dopvulling baie belangrik. die 300H&H het Jagtersdok v ir my uitgewerk op 100% terwyl Wouter vir my gese het hy kry dit nie reg op sy 300wm nie. ek sukkel tans met my 300H&H, omdat die n drukpunt op die hout het. ek skiet die eerste 2 skote in mekaar en dan is die derde so n duim weg. het die geweer by n geweersmit in gehandig sal jou binne kort n antwoord kan gee. wat ek wel van die 300 kan se nadat erk my hele lewe met 308 en kleiner gejag het, is dat ek regtig beindruk is met die 300 se doodmaak vermoe op groot wild op lang afsrande. 2 van my vriende skiet ook met 300wm, en presies dieselfde geld vir hulle.

van wat ek kan aflei oor die afstande wat jy in jou terugvoer genoem het, sal jy met enige van die twee 300's goed oor die weg kom. 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Witpietskiet »

Vleder,

Ek wil graag n klip in die bos gooi. :D

Gaan loer bietjie op die internet wat die "short magnums" kan doen, veral die 300WSM en die 7mmWSM.

Mooi loop.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by BLOK »

Pietskietwit

Is waar oor daai shorts maar die 300H&H se doppie bly maar net die mooiste op die oog;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Vleder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Vleder »

Dankie vir almal se replies,

Ludwig, ek ken 6mmbr goed asook longrangehunting en ander sites wat oor die topic gaan. Ek is bewus van die 7wsm en die ander 7mm's. My 1ste reakise toe die idee my getrek het om so iets te bou was dat die smid die reamers het vir 300HH en 7mmRM en aksies het vir beide so ek moet die loop en kolf organise. Dus relatief goedkoop exercise. Maar ek hoor en verstaan presies wat jy s?; terwyl mens dit nou doen, doen dit ordentlik. So ek sal defnitief kyk na iets soos bv 7wsm wat baie nice lyk en goeie ballistics het en lyk my beter herlaai, langer loop en doplewe sal gee as die 7mmRM, ook in 'n short action.
Is daar enige ander 7mm's wat jy sal voorstel ?
groete
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
bullseye

Re: nuwe langafstand geweer

Post by bullseye »

Kyk na 7mm saum
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by PITSMIT »

dawie

280 is maar net n 7x64 dis al
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Vleder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Vleder »

Ek het ook daaraan gedink om my eie reamer te kry soos jy s?, maak absoluut sin. Sal bietjie gaan krap oor die 7mm Tombi, het al goeie dinge gehoor van hom. (enige iemand hierso met ene wat bietjie kan lig op hom gooi?)

Net 'n vraag re long/shot action, ek het gelees dat met die langer koeels (soos presies die wat ek wil skiet 168 - 180) in die 7mm wsm effens sukkel met kort aksie en dat jy basies single shot laai? Is dit reg so? Wat is die nadeel van long action? (behalwe gewig?)

Enige comments oor 'n muzzle brake op so roer?

My loop sal (voorlopig) 26" wees, is dit optimum lengte vir 7mm wsm?
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Beyers »

Vleder wrote: Enige comments oor 'n muzzle brake op so roer?
Hoe Se?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by James Wilson »

Beyers wrote:
Vleder wrote: Enige comments oor 'n muzzle brake op so roer?
Hoe Se?
lekker Beyers!!! ;)

miskien moet ek n open mind kry oor muzzle brakes, maar hel kan die goed netnie verdra nie.  die min wat ek weet van ultra langafstand skiet en dit wat ek weet van knaldempers, sou ek raai dat n kd selfs nog meer van waarde gaan wees vir die ver skiet.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Vleder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Vleder »

Beyers
Siesa, ek is dan 'n newbie.... ;D, enige rede dat jy nie van muzzle breaks hou nie? Ek het geen ervaring met hulle nie so dit was maar net 'n vraag om met die recoil te help (ek is nie 'n 7 voet 180kg recoil absorber nie)

Ludwig
So as jy ek was; die smid kan short of long action reel, loop - 26" broughton (want dit moet darem prakties wees in die veld ook en soos jy genoem het van die OBT node), 7mm 168gr 2 900 en 180gr teen 2 800 sonder druk tekens, baie akkuraat en darem ietwat loop en doplewe gee.....magic vraag, wat so jy vat re kaliber?
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Beyers »

Muzzle brakes raas 'n bietjie ja ek hoor hulle omtrnet nie meer nie, net so 'n gesuis in my ore
User avatar
Vleder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Vleder »

Beyers, .....jammer man, partykeer is ek maar net 'n roomyskind, ek click nou eers wat jy bedoel het met "Hoe se?"  ;D ;D
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: nuwe langafstand geweer

Post by BLOK »

Nie net hoe se nie ook sommer waars die tyken ;D ;D

As jy naby die grond skiet of le en skiet gooi daai muzzle breaker die stof so op jy kan amper niks sien nie
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: nuwe langafstand geweer

Post by Vosman »

Ek stel ook eerder die kd roete voor.
Daai muzzle breaker maak selfs jongmanne doof, dowe ou manne die m@&r in op die skietbaan, kraak bakkie windscreens, skop stof op ens. ens. ;D
Dit help wel met die "recoil".
Post Reply