Die franse jag seisoen het 'n maand terug begin maar agv werk en sosiale obligasies het ek die eerste 3 druk jagte gemis. Volgens als wat mense my vertel het was dit great jagte. In die eerste een het hulle 12 varke in minder as 'n uur geskiet. Die 2de en 3de het hulle 7 en 8 geskiet.
Ek was gister vir my eerste jag. Ek het biltong en droë wors besigheid hier in Frankryk begin en het eers laat gaan slaap Vrydag aand want ek het 30 kilos vleis gewerk vir klompie orders.
Het 6:15 opgestaan om 7:15 by nagklub te wees. Toe ek opstaan soek ek gou my jagklere uit terwyl ek probeer om nie vir mamma wakker te maak nie. Ek vat toe my kortmou hemp wat sy vir my gekoop het vir die franse potjiekos kompetisie wat ons terloops gewen het. Trek aan en laai jag goed in die kar.
Kom toe by die jag klub aan en president is nie daar. Hy het nie vir hulle laat weet dat ek kom nie maar dis ok want hulle gee my toe 'n spot om te sit.
Word uiteindelik daar afgelaai en dis op die rand van 'n olyfboord. Daar is groot koppie 240m van my af aan my noordekant en berg in my rug. Toe ek op die pos aankom vra ek of ek 50m hoër kan skuif sodat ek verder kan sien. Dis ok.
Sit toe in die skaduwee en kry lekker koud. Op 'n stadium kom die son agter die berge uit en ek skuif nog 20m links om bietjie minder te vries.
Die eerste uur gaan daar niks aan nie. Die honde blaf maar het nog geen spore gevang nie. Niks skote klap en ek het min hoop want my pos is nie die beste. Na 'n uur sien ek 'n vark wat op die kruin van die koppie voor my hardloop. Met die afstand meter het ek klaar gemeet dat dit 240m is. Wag dat hy afkom na ons kant maar hy gaan anderkant toe. Die skote klap en my vriend laat my weet dat hy dink jy het hom.
Rukkie later kom daar weer vark op die kruin. Hy kom na ons kant. Ek skat hom so 60kg. Ek sit die geweer op die driepoot en stel scope op na 6. Hy kom af en gaan staan stil. Ek laat kruis op sy blad gaan en begin kompenseer vir wind en afstand. Nes ek wil skiet begin die knopkop langs my losbrand op 'n goeie 350m, hy wou apparently die vark aanjaag.
Nou staan ek daar en soek die vark naarstigtelik orals. Die olyfboord is baie dig en ek het 'n 6m pad waarin ek kan skiet. Na paar minute is daar nog niks. Ek haal foon uit om die ou langs my te bel om te hoor of hy iets sien en ek hoor geluid van my linkerkant. Kyk en sien daar kom klein troppie varke uitgehardloop. Hulle almal so by die 30kg en val in die skiet criterea. Die skoop is nog steeds op 6 want ek het vergeet om him af te stel. Hulle is so 40m van my af. Ek lê aan op die eerste een en hy val waar die koeël hom tref. Perfek op die blad. Ek haal oor en die 2de is reeds deur die draad. Die 3de een is by die draad en ek skiet hom klein bietjie agter toe net voor die pens. Drop ook onmiddelik. Skiet nog 2 skote op 2 ander varke wat ek rush en die laaste een kom deur en ek skiet hom laag deur die blad. Hy hou aan met hardloop.
Dis als verby en ek is moerse happy. Gaan kyk en daar lê 2 varke. Ek het die 5 skote in minder as 7 sekondes geskiet. Daar kom hond aan gehardloop en hy vat die spoor vêrder. Hy jaag die gekweste een op en ek probeer skiet maar kan nie want die son skyn solid in die skoop.
Die tracker kom daar aan en ek sê hom dat die vark reg voor ons is. Hy gaan haal die hond uit en sleep vark ook uit en ek steek hom dood met mes.
Dis my eerste trippel van varke. Ek was moerse happy. Mens kyk altyd die videos van Franz Albrecht etc en dink, bloody hell kan dit met my gebeur, en gister het dit.
Die laaste een sien ons later het moerse sweer op sy poot gehad en ons moes hom toe begrawe want sy vleis is oneetbaar.
Ek dink van nou af dra ek elke jag my nuwe hemp



Sent from my 21091116UG using Tapatalk












