.21 Sharp rimfire

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

.21 Sharp rimfire

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Wie van julle het al opgelees en video's gekyk van die bekendstelling van die .21 Sharp? Wat is julle gedagtes/menings oor hierdie nuwe rimfire? Dit skiet 25gr-koeëls teen meer as 1700vps maar daar sal ook patrone met koeëlgewigte van tot oor die 40gr beskikbaar wees. Wat windskuif betref wen die 40gr van die .22LR steeds die 25gr van die .21 Sharp. Daar is 'n paar redes hoekom .21 Sharp ontwikkel is (die gebruik van loodvrye-koeëls is een) maar ek wonder of dit enigsins buite Amerika sal posvat. Wat dink julle?
Mooi loop
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .21 Sharp rimfire

Post by tripodmvr »

Die pryse van .22 ammunisie is reeds belaglik hoog en nou moet jy nog 'n geweer ook aankoop aleer jy die .21 kan gebruik. Maak nie hier by ons baie sin nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: .21 Sharp rimfire

Post by Lapua »

Persoonlik dink ek hy gaan net so vinnig soos die .17HMR verdwyn. Goeie ou .22 is hier om te bly.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .21 Sharp rimfire

Post by tripodmvr »

Hier by ons moontlik, maar in Australië word die .17HMR baie gebruik om hase en selfs jakkalse te skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .21 Sharp rimfire

Post by Giepie »

Ek kan die lood ding verstaan, want daar is mense wat paranoïes is oor lood. In die VSA kan hulle maklik nuwe gewere aankoop, maar dit is steeds 'n groot uitgawe. Maar ons liewe R-van-SA sal dit moeilik gaan. Ek dink die ammunisie vervaardigers sal beter doen om loodvrye koeëls vir die .22 te ontwikkel as om die .21 Sharp te vestig. Ek weet dit gaan moeilik wees omdat hulle daardie gewig moeilik met 'n ander metaal in daardie vorm gaan kry. Maar wie weet?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: .21 Sharp rimfire

Post by Koos Barnard »

Soos ek verstaan bevraagteken baie mense in Amerika ook die lewensvatbaarheid van hierdie kaliber. Daar is egter state wat die gebruik van loodkoeëls verbied, so die normale .22 mag dus nie daar gebruik word nie (aldus Ron Spomer - julle ken seker sy naam). Die einste Ron het redelike goeie akkuraatheid gekry uit die toetsgeweer maar iemand anders (kan nou nie die man se naam onthou nie maar hy maak ook gereeld Youtube video's) het baie swak akkuraatheid gekry uit die Savage-geweer. Wil ook voorkom asof Winchester (die skepper van die .21 Sharp) baie swak bemarking doen vir die kaliber. Hulle maak blykbaar nie eens gewere in hierdie kaliber nie.
Mooi loop
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: .21 Sharp rimfire

Post by heywillie »

Koos Barnard wrote: Tue Oct 29, 2024 11:26 am Soos ek verstaan bevraagteken baie mense in Amerika ook die lewensvatbaarheid van hierdie kaliber. Daar is egter state wat die gebruik van loodkoeëls verbied, so die normale .22 mag dus nie daar gebruik word nie (aldus Ron Spomer - julle ken seker sy naam). Die einste Ron het redelike goeie akkuraatheid gekry uit die toetsgeweer maar iemand anders (kan nou nie die man se naam onthou nie maar hy maak ook gereeld Youtube video's) het baie swak akkuraatheid gekry uit die Savage-geweer. Wil ook voorkom asof Winchester (die skepper van die .21 Sharp) baie swak bemarking doen vir die kaliber. Hulle maak blykbaar nie eens gewere in hierdie kaliber nie.
Mooi loop
Hier is 'n Youtube video van Backfire wat staaf wat oom Koos sê

https://www.youtube.com/watch?v=h57DsMzGoUE
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .21 Sharp rimfire

Post by tripodmvr »

Ron Spomer se mening

https://youtu.be/RpbyP7K5jHA
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: .21 Sharp rimfire

Post by B Five »

Dink nie dit gaan hier posvat.
Mens kan CCI Stinger kry wat 32gr loods teen 1640fps.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .21 Sharp rimfire

Post by tripodmvr »

Ron se groepe is op 25m geskiet. Nie juis 'n toets vir 'n .22 nie. Kyk wat maak Josh van Pursuit of Accuracy met sy .22's.

https://www.youtube.com/watch?v=2_GeNM4VVe0
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply