30-06 AI vs 338 WM
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
30-06 AI vs 338 WM
Middag almal, ek wil kom raad vra.
Ek is in die mark vir n 30-06 wat ek wil Ackley as ek die wapen koop, oor die naweek gesels ek en n vriend wat toe reken vir wat ek wil doen hoekom nie eerder n 338 Win Mag koop, dan hoef ek niks te verander in terme van Ackley ens nie.
Nou my vraag, vir jag afstande met n maksimum 300m verkieslik nader, maar soms is nader nie moontlik nie op spesies soos Blouwildebees, Koedoe en grootste Eland.
Asook n backup jag geweer vir wanneer iemand by my jag en probleme met sy geweer het.
Met 30-06AI dink ek gaan ek seker beperk wees tot 168gr klas punte om balans tussen punt gewig en spoed te kry.
338 WM dink ek sal ek darm nog 200gr punte kan laai met redelike spoed.
Wat sal die beter kaliber wees, wil beide kort en lig hou, rondom 20” loop met die kortste silencer wat ek kan kry?
Groete

Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
338 win mag met 185gr Barnes ttsx teen so 2950fps. Hy loop soos stroop en slaan baie hard!
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: 30-06 AI vs 338 WM
N 30-06 met 20" loop gan jou standaard so 2700 fps gee met 165 gr rak ammo. Jy kan daai spoed dalk so bietjie druk na 2800 fps se kant toe, met regte kruit keuses, as jy self laai.....maar hy sal nooit in n 338wm se kamp speel nie.
Ek weet nie wat gan die AI ekstra gee nie. (Ns. dit lyk my hy kan dalk 300fps ekstra gee wat amper naby die 300wm is
)
Aan die ander kant is dit nie elke ou wat dadelik n 338wm kan tem en akuraat met hom kan skiet nie, so vir n uitleen geweer gan n vreemde ou dalk bietjie stoei met hom. Ook om n 338wm te sny op 20" gan jy baie van sy potensiaal verloor.
My 1/2c is dat 338wm & 375 H&H omtrent om die selde vuur kuier.
Wat dan eerder van n 300wm ?....hy sit dalk so effe tussen die boom en die bas, en jy sal maklik 180 gr koeëls kan hardloop, met nog redelike spoed, veral indien jy monos wil skiet, soos die van Rudi hier op die forum.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek weet nie wat gan die AI ekstra gee nie. (Ns. dit lyk my hy kan dalk 300fps ekstra gee wat amper naby die 300wm is
)Aan die ander kant is dit nie elke ou wat dadelik n 338wm kan tem en akuraat met hom kan skiet nie, so vir n uitleen geweer gan n vreemde ou dalk bietjie stoei met hom. Ook om n 338wm te sny op 20" gan jy baie van sy potensiaal verloor.
My 1/2c is dat 338wm & 375 H&H omtrent om die selde vuur kuier.
Wat dan eerder van n 300wm ?....hy sit dalk so effe tussen die boom en die bas, en jy sal maklik 180 gr koeëls kan hardloop, met nog redelike spoed, veral indien jy monos wil skiet, soos die van Rudi hier op die forum.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Last edited by jdpretorius on Mon Oct 21, 2024 6:46 am, edited 3 times in total.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Klink my jy kort’n 300 WSM!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Vleisie, ek ken nou nie die 30-06AI nie, maar jy kan gerus maar 338WM koop. Hy slinger selfs 225gr koeëls maklik oor 2900fps en al die goeitjies wat jy wil doodmaak, tot selfs 350-400m, gaan verseker nie bly staan nadat jy die skoot afgetrek het nie.
Al die komponente wat jy nodig het is beskikbaar.
Groete
Jas

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Stem heelhartig saam met JD oor die 338. Gaan mens eerlik hou veral n vrou of kind
Ek het die gewone 30-06 Howa met n 22 duim loop met n knaldemper.
Hierdie jaar vir die eerste keer 30-06 bene gerek na 300m.
Gelaai met 180gr SST teen so 2560 voete het 2 blesbokke en n mooi swb bul bakkie gery.
Bokke is geskiet deur die slipper regering, 14 jarige meisie en 16 jarige lat.
Al 3 was gemaklik met die terug skop

Skiet bly maar lekker
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 30-06 AI vs 338 WM
viewtopic.php?t=91775Vleisie wrote: Sun Oct 20, 2024 5:21 pm Middag almal, ek wil kom raad vra.
Ek is in die mark vir n 30-06 wat ek wil Ackley as ek die wapen koop, oor die naweek gesels ek en n vriend wat toe reken vir wat ek wil doen hoekom nie eerder n 338 Win Mag koop, dan hoef ek niks te verander in terme van Ackley ens nie.
Nou my vraag, vir jag afstande met n maksimum 300m verkieslik nader, maar soms is nader nie moontlik nie op spesies soos Blouwildebees, Koedoe en grootste Eland.
Asook n backup jag geweer vir wanneer iemand by my jag en probleme met sy geweer het.
Met 30-06AI dink ek gaan ek seker beperk wees tot 168gr klas punte om balans tussen punt gewig en spoed te kry.
338 WM dink ek sal ek darm nog 200gr punte kan laai met redelike spoed.
Wat sal die beter kaliber wees, wil beide kort en lig hou, rondom 20” loop met die kortste silencer wat ek kan kry?
Groete
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Dankie vir almal se insette sover, ek sal maar nog bietjie soek en navorsing moet doen.
Ek hoor wat julle sê oor die terugskop van die 338, ek het gelukkig my 6.5 wat ek daardie probleem me kan teenwerk vir vrou en kinders, asook kleiner kalibers vir wanneer die kinders begin skiet en jag.
Ek het ook al vanoggend met Armand gepraat oor sy 30-06AI wat hy adverteer, baie lekker pakkie daardie.
Ek hoor wat julle sê oor die terugskop van die 338, ek het gelukkig my 6.5 wat ek daardie probleem me kan teenwerk vir vrou en kinders, asook kleiner kalibers vir wanneer die kinders begin skiet en jag.
Ek het ook al vanoggend met Armand gepraat oor sy 30-06AI wat hy adverteer, baie lekker pakkie daardie.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
More Vleisie
Ek het beide die kalibers waarna jy kyk en hulle is heel bo aan my lys van my gunsteling all-rounder's. Die Ackley gee so tussen 100-150 ft/sek meer spoed as die standaard , so dit sit hom baie naby aan die 300 WSM se verrigting. Beide van hulle is n droom om voor te laai en het werklik nie geite nie. My 338 is toevallig my akkuraadste geweer in my arsenaal en dit se baie.
Ek sal nie aanbeveel om een van die twee rondtes onder 22 duim te hardloop nie, in my geval is my 30-06 Ackley 23 3/4 en my 338 23 duim. Met silencers is hulle nog steeds goed geballenseerd sowel as hanteerbaar in die bos. n Reflex silencer sal hierdie nog meer van toepassing maak.
As n mens die twee in balistiese terme vergelyk is hulle bitter na aan mekaar so die een het nie n noemenswaardige voordeel bo die ander nie. Jy sal vinnig sien dat jou 300m merk met gemak deur beide oorteek sal word. Persoonlik het ek al baie verder as dit gaan kuier met hulle. In terme van terminale gedrag het die 338 n redelike voorsprong bo die 30-06 Ackley. Hy boks verseker in n hoer klas en is hy werklik baie naby aan die 375 klas kalibers. Maar soos reeds gese is daar n prys om te betaal en dit is recoil. Hy is heelwat harder op die skouer as die 30-06 Ackley. Wel nie van so aard dat dit nie getem of aangeleer kan word nie, maar dit at oefening.
Ek dink jy moet net besluit wat se groote diere jy die meeste van die tyd gaan skiet en daarvolgens jou keuse maak. As jy meer en deels groter diere op langer afstande gaan jag is die 338 die beter keuse en andersom. Jy kan eintlik nie verkeerd gaan met een van die twee nie, so meskien gaan dit meer gaan oor die deal en roer wat jy in die hande kan kry.
Groetnis
Wouter

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1871
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
My 338 WM is verseker een van my gunsteling gewere.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Vir 2 jaar lank kon ek nie vat kry aan my 338 WM nie en wou net van hom ontslae raak, en eintlik het die roer niks verkeerds gedoen nie.
Nou is dit die eerste roer wat uit die kluis spring as daar geskiet word en laaste een met wie ek paaie sal skei....

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Wat is fout met 'n gewone .30-06? Jy gaan nie sukkel om alles tot op Eland met hom te jag tot op 300m nie, en alles is aansienlik goedkoper (doppe, kruit, punte, dies, alles).
Myne skiet 'n 180gr bonded punt teen so amper-amper 2750FPS en hy dial lekker akkuraat tot op 500m sonder enige moeite. Ek kan 168gr langskiet koele kry wat BAIE platter skiet as ek wil. Ek skiet maar net die Federal Fusions want die lading het skielik gewerk en toe bly ek maar daarby.
Myne skiet 'n 180gr bonded punt teen so amper-amper 2750FPS en hy dial lekker akkuraat tot op 500m sonder enige moeite. Ek kan 168gr langskiet koele kry wat BAIE platter skiet as ek wil. Ek skiet maar net die Federal Fusions want die lading het skielik gewerk en toe bly ek maar daarby.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Stem saam.
@Wouter mooi verduidelik, uit ervaring en kennis. Nie die 30.06AI of 338WM korter as 22” nie.
Dit bring jou by die 30.06 standaard vir ‘n 20/21” bakkie ruk uit en skiet geweer. Sit hom ‘n goeie knaldemper op, loutere sagte plesier.
Beste.
@Wouter mooi verduidelik, uit ervaring en kennis. Nie die 30.06AI of 338WM korter as 22” nie.
Dit bring jou by die 30.06 standaard vir ‘n 20/21” bakkie ruk uit en skiet geweer. Sit hom ‘n goeie knaldemper op, loutere sagte plesier.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Met 'n 20" 30-06 AI behoort jy steeds so 2750fps met 'n 180gr te kry.
Met 'n 21" 338 WM sal jy 'n 225gr teen so 2730fps kan stoot
Met 'n 21" 338 WM sal jy 'n 225gr teen so 2730fps kan stoot
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Dankie vir almal se insette.
Ek sien baie van die yanks praat ook van 21/22” op die 338 en 20” op die 30-06AI.
Wil vir my voorkom of beide n redelike groot navolging het hier.
Ek sien baie van die yanks praat ook van 21/22” op die 338 en 20” op die 30-06AI.
Wil vir my voorkom of beide n redelike groot navolging het hier.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 30-06 AI vs 338 WM
Ek het 'n gewone 30-06 met 20" loop en hou baie van hom.
Skiet 'n 165gr Huntac teen so 2800fps as ek reg onthou.