Dagsê
Ek deel die volgende met julle want dalk is daar iemand wat ook koeëls soek vir 'n Hornet.
My voorraad 35gr V-Max'e raak nou min en in my soeke na koeëltjies vir die Hornet kom ek toe af op Rhino Bullets se website. Hulle maak 40 en 45gr-koeëls wat lekker kort is en lyk of dit in die Hornet kan werk. Die prys is R825 vir 100. Ek het 'n paar 40gr-koeëltjies bestel en 'n lading van 10.5gr Lil'Gun probeer. Die snelheid was 2 497vps en akkuraatheid heel goed - op 50m was drie, drieskootgroepe se gemiddelde grootte 22mm. Dis geskiet met 'n Aimpoint dot-sight op die geweer.
Ek het ook een koeëltjie vanaf 50m in 'n wetpack geskiet (tydskrifte wat oornag in water geweek is). Die Rhino het 7.5cm gepenetreer, mooi omgeklink tot 'n deursnee van 11.44mm en al sy gewig behou. Ek het die volgende dag 'n kolgans daarmee geskiet op kortafstand. Die gans is verras by 'n pannetjie water en op 39m geskiet. Die Rhino het ten volle gepenetreer en die voël in sy spore laat val.
Rhino Bullets is seker so twee jaar gelede (nie seker presies wanneer nie) oorgekoop deur Gert Booyse van die oorspronklike eienaar. Dit lyk of Gert ernstig is om Rhino te laat herleef tot sy volle eertydse glorie.
Hierdie lyk vir my na 'n goeie bron van koeëls vir die Hornet wat altyd maklik verkrygbaar sal wees. Die van julle wat Hornets het, kan gerus die Rhinos probeer, moontlik hou julle gewere daarvan.
Ek sluit twee foto's in; een met die Rhino-koeëltjie uit die wetpack, 'n ongevuurde koeël en 'n gelaaide patroon en dan ook 'n V-Max en gelaaide patroon. Die tweede foto is van die kolgans wat ek geskiet het.
Mooi loop
Rhino-koeëls vir .22 Hornet
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Rhino-koeëls vir .22 Hornet
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Naand oom Koos.
Lyk of die koeëltjies bitter lekker werk in die Hornet.
Ek het vir my 223 ook gekoop- 60gr. Die koeltjies was maar swak afgwerk- baie verskil op die punt. Ek het die ignoreer en hulle geskiet- beste groepe wat en kon kry was 50mm op 100m en dit na baie karring met tpl en lading. Ek het Gert laat weet en gevra of hulle al so iets ervaar het- ongelukkig gaan antwoord ontvang nie. Ek dit toe vir n vriend van my gegee- hy ook baie wisselvallige groepe gekry- selfde lading gee een groep net oor n duim en volgende groep 3 duim.
Aangeheg is twee groepe- links is die tipiese groep met die rhinos- en regs n groep met vmaxe geskiet net na dit.
Ek was opgewonde toe ek hoor rhino onder nuwe bestuur is- maar blyk hulle diens en kwaliteit is maar nog so swak soos dit was.

.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Nico, dis baie teleurstellend om te hoor. Ek sal nog 'n bietjie met die koeëltjies speel en sien of ek net gelukkig was en of hulle regtig akkuraat genoeg is. Mag ek jou reply vir Rhino aanstuur?
Mooi loop
Mooi loop
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Baie dankie vir die skrywe Koos.
Ek en Armand het ook Hornets soos jy en ons gesels ook dikwels oor koeëls. Het jy al Impala se 35gr probeer? Ek is op soek na 'n veilige beginlading met Lillgun / S265... Dalk kan jy help.. Ek sien Impala het 'n 30gr Hornet koeël ook. Wil van dit ook bestel.
Groetnis!
Ek en Armand het ook Hornets soos jy en ons gesels ook dikwels oor koeëls. Het jy al Impala se 35gr probeer? Ek is op soek na 'n veilige beginlading met Lillgun / S265... Dalk kan jy help.. Ek sien Impala het 'n 30gr Hornet koeël ook. Wil van dit ook bestel.
Groetnis!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Dag Hein
Ek het die Impalas probeer maar in my geweer wou hulle glad nie groepeer nie. Jy kan maar met 10.5gr begin met hulle.
Mooi loop
Ek het die Impalas probeer maar in my geweer wou hulle glad nie groepeer nie. Jy kan maar met 10.5gr begin met hulle.
Mooi loop
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Hi oom.Koos Barnard wrote: Fri Oct 11, 2024 9:10 pm Nico, dis baie teleurstellend om te hoor. Ek sal nog 'n bietjie met die koeëltjies speel en sien of ek net gelukkig was en of hulle regtig akkuraat genoeg is. Mag ek jou reply vir Rhino aanstuur?
Mooi loop
Ja ek was baie teleurgesteld- ek het gedink ek kan hulle vir my seun gebruik in plek van barnes.
Oom is welkom om aan te stuur. Alles wat ek hier geskryf het- het ek wel vir hulle aangestuur.
Groete.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Naand Hein hoop dit gaan goed, jong net soos in oom Koos se Brno wou die impalas niks weet van groepeer in my my hornet nie. Ek her 30 en 35gr probeerHeinM wrote: Sat Oct 12, 2024 2:11 pm Baie dankie vir die skrywe Koos.
Ek en Armand het ook Hornets soos jy en ons gesels ook dikwels oor koeëls. Het jy al Impala se 35gr probeer? Ek is op soek na 'n veilige beginlading met Lillgun / S265... Dalk kan jy help.. Ek sien Impala het 'n 30gr Hornet koeël ook. Wil van dit ook bestel.
Groetnis!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Armand Steenkamp wrote: Sun Oct 13, 2024 7:30 pmNaand Hein hoop dit gaan goed, jong net soos in oom Koos se Brno wou die impalas niks weet van groepeer in my my hornet nie. Ek het 30 en 35gr probeerHeinM wrote: Sat Oct 12, 2024 2:11 pm Baie dankie vir die skrywe Koos.
Ek en Armand het ook Hornets soos jy en ons gesels ook dikwels oor koeëls. Het jy al Impala se 35gr probeer? Ek is op soek na 'n veilige beginlading met Lillgun / S265... Dalk kan jy help.. Ek sien Impala het 'n 30gr Hornet koeël ook. Wil van dit ook bestel.
Groetnis!
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Rhino-koeëls vir .22 Hornet
Hallo pel. Ek het so 'n 100 van die 35gr Impalas. Het nog nie van hulle gelaai nie en ek wou meer net hoor was julle ondervinding is. Punte raak nou so skaars dat ek hulle oorweeg. Sal ook maar 'n paar laai en kyk.Armand Steenkamp wrote: Sun Oct 13, 2024 7:30 pmNaand Hein hoop dit gaan goed, jong net soos in oom Koos se Brno wou die impalas niks weet van groepeer in my my hornet nie. Ek her 30 en 35gr probeerHeinM wrote: Sat Oct 12, 2024 2:11 pm Baie dankie vir die skrywe Koos.