Stoor van vuurwapens

Post Reply
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Stoor van vuurwapens

Post by Jaco vdW »

Goeie middag

Ek soek bietjie raad, en verwysings na wetgewing asb.

Volgens die wapenwet, sê artikel 83 wapens moet op die voorgeskrewe wyse gestoor word. (stored in the prescribed manner)
Het iemand dalk n addendum of soortgelyk waarin "die voorgeskrewe wyse" gestipuleer word?

Rede vir die vraag - hulle wil fasiliteit by die werk skep sodat gaste hulle wapens veilig kan stoor en nie op die perseel neem nie. Ons wil 'n risiko bepaling doen, en ook kyk na wat alles nodig is.

So vinnig kan ek aan die volgende dink:
- Kluise, heel moontlik met twee sleutels elk
- Veilige plek om wapen te ontlaai voor dit gestoor word
- Is daar spesifieke opleiding wat die sekuriteits beampte moet hê? Hy gaan nie die wapen hanteer nie, maar beman die kantoor

Indien enige van julle al die pad gestap het, help asb met idees en raad
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Stoor van vuurwapens

Post by saswart »

Hi Jaco,

Ek is deur so proses 'n ruk gelede.

Regulasie n 86 (11) - Moet ongelaai gestoor wees (grys area, want A13 mag gelaai gestoor word) - nou moet jy 'n "safe Room" skep, tensy jou werkplek happy is dat iemand sommer so in ontvangs sy geweer ontlaai...

Regulasie n 86 (12) - wat vereis word vir jou kluis

Regulasie 86 (5) - as iemand anders beheer gaan he oor die kluis, waarin mense hul gewere sit, moet sodanige persoon toestemming kry. Dus, ja, kry kluis met 2 sleutels, wat beide benodig om oop te maak, of net 1 sleutel en net die persoon met geweer mag die sleutel he.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Stoor van vuurwapens

Post by OosKaapJagter »

Hoop hierdie help: https://natshoot.co.za/firearm-licence/ ... %20licence

Iemand wat met 'n wapen by die werk opdaag sal heel waarskynlik 'n artikel 13 lisensie vir selfverdediging hê. So 'n wapen hoef nie ontlaai te word vir stoordoeleindes nie. Berg dit net so. Die meeste wapenhandelaars sit met 'n gat of twee iewers van idiote wat "ongelaaide" wapens hanteer. Hoe minder hantering, hoe beter.

Diegene wat met 'n sportstatus wapen opdaag, is gewoonlik meer vertroud met wapens en sal dit veilig kan ontlaai. Laat die sekuriteitsbeampte dus net leer om te kyk watter tipe lisensie dit is. Artikel 13; bêre dit net so. Artikel 16; ontlaai dit. Sit ook 'n kopie van die regulasie teen die muur op, sodat beterweterige wapeneienaars nie slim probeer wees met die sekuriteitswag nie. 'n Veilige ontlaaipunt sal dus nuttig wees.

Dit mag dalk simpel klink, maar in die onwaarskynlike geval dat die SAPS dalk 'n inspeksie kom doen, wil 'n mens nie aan die verkeerde kant van die gereg wees nie. Enige wapen anders as 'n artikel 13 wapen moet dus kragtens wetgewing ontlaai gestoor word. Dit is gewoonlik nie 'n roetine inspeksie nie, maar na enige insident of dalk 'n aspris eks se verklaring kan hulle dalk net daar opdaag.

Die tipe kluise met twee sleutels werk die beste. Die sekuriteitsbeampte kan nie op sy eie die kluis oopmaak nie. Enige byvoorbeeld afgelegde werknemer of ontevrede kliënt kan ook nie self die wapen gaan uithaal tydens 'n woede uitbarsting nie.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 698
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Stoor van vuurwapens

Post by Jaco vdW »

Baie dankie vir die inligting manne, dit antwoord al 'n groot klomp vrae.

Ek gee dit so deur.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Stoor van vuurwapens

Post by Zuku »

Wat van daardie eletronise kluise soos by gaste huise. Kan by hoofhek gemonteer word in 'n kamertjie of iewers in gang met 'n "Privacy " skerm. Wapen eienaar hanteer en plaas self sy wapen in kluis met sy eie kombinasie. Niemand anders hanteer sy wapen en niemand anders het toegang tot die kluis behalwe die wapen eienaar nie.

Al wat die sekuriteit wag moet maak is om seker te maak te maak niemand neem 'n wapen op perseel nie.
Post Reply