Aksie gebruik vir ander kaliber

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Aksie gebruik vir ander kaliber

Post by Giepie »

Wat is die huidige reëlings ivm verandering van kaliber op 'n aksie.

Ek het 'n gelisensieerde P14 303. Die loop is gedaan, so ek dink daaraan om dit te verander na 'n 375H&H. Maar aandie ander kant is daar iemand wat belangstel in die aksie. Indien ek die geweer sou verkoop en dit by 'n geweersmit ingee wat die verandering vir die koper gaan doen, gaan dit oor as handelaars voorraad en dan van my naam af? Doen die koper dan die lisensieëring vir 'n nuwe geweer? Of hoe moet dit gebeur?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Aksie gebruik vir ander kaliber

Post by Fanta300 »

Middag Giepie

Die maklikste is om hom oor te dra op geweersmid se voorraad en dan kan die koper verder met hom praat. Dan is hy van jou naam af en dan koop jy vir jou ‘n klaar 375.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Aksie gebruik vir ander kaliber

Post by Giepie »

Dankie Fanta. Ek dink die ander persoon het sy dinges vir my gewip. Hy wil die geweer nou al hê met 'n bergings permit, maar ek is nie seker of dit voor of na die aansoek ingedien is en of hy al darvoor betaal het nie.

Ek gaan nie die geweer uit my kluis laat gaan voor ek nie die bewys het dat hy aansoek gedoen het vir die geweer, en daarvoor betaal het nie. As hy wel daarvoor betaal het kan hy/ek dit gemaklik by geweersmid ingee. As iemand nie by hierdie reëlings wil hou nie, gaan ek nie saam speel nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply