Nog nooit my eiendom verhuur nie, Maar sal wel die stipulasies inbring.
1. Alle eiendom wat na twaalf middarnag op laaste datum van verstryking van kontrak op perseel gevind word, sal beskou word as verlate deur die huurder en die eienaar het die reg op beslaglegging en wegdoening van die eiendom na eie diskresie en goeddunke van eienaar.
2. Die huurder sal verantwoordelik wees vir alle hof onkostes, regsonkostes, regsgedinge en skuld invordering wat voorspruit uit die verbreking en nie nakoming en skade aan eiendom van die kontrak.
As hy nie wil teken nie, gaan soek maar 'n ander byplek. Gehoor van n geval wat eienaar huurder hof to vat en saak gewen het. Huurder het net sy eie prokereur betaal omdat hy nooit oorengekom het om eienaar se regskostes te dek nie. (urban legend?)
Huurder probleem.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Huurder probleem.
'n Verhuurder wat sulke voorwaardes in 'n huurkontrak sit, maak 'n uitsettingsbevel net moeiliker om te kry. Al wat die huurder se advokaat gaan argumenteer is dat so n voorwaarde nie billik is nie, of selfs teen die wet is. Terwyl die huurder in die eiendom bly, wettig of onwettig, dan het hy steeds okkupasie van die eiendom en nie die verhuurder nie. So die verhuurder kan nie daar aankom en slotte verander of mense daar laat intrek nie. Ongelukkig is dit hoe die wet geskryf is. Dit beskerm die arm man.En as jy in die huur kontrak insit, dat jy die reg voorbehou om sy slotte te verander as hy ophou betaal?
Die howe is baie streng hieroor. Moenie spolieer (of reg in eie hande neem nie). Die howe se uitgangspunt is dat die verhuurder altyd 'n hof kan nader om die huurder uit te sit, maar die verhuurder mag dit nie self doen nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Huurder probleem.
Ja nee as dit so maklik was sou almal dit net doen
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Huurder probleem.
Baie dankie vir die terugvoer Dawie.
Dink ons almal leer baie
Dink ons almal leer baie
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Huurder probleem.
Op die selfde trand : Watter verhuuringsagentskap kan ek in die Kaap gebruik wat alle redelike voorsorg gaan tref dan ek my huur geld kry en my eiendom nie beskadig word nie ?
