Ek verbeel my dit was al hier bespreek, maar kry dit nie.
Dit lyk of Hornady die meeste van die Interbond koeëls gestop het. Die Interlocks is nog vol aan die gang. Is daar 'n rede vir die staking van Interbonds, en hoekom is die ELD-X in "Interlock" en nie "Interbond" nie. Gaan dit oor die koeël prestasie op langer afstande?
Interbond en ELD-X
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Interbond en ELD-X
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Interbond en ELD-X
Soos jy daar se hulle wil he die koel moet op laer spoed/langer afstand nog mooi expand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Interbond en ELD-X
Was by praatjie tydjie terug, en was daar gesê dat dit te duur geword het om die Interbonds te maak.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Interbond en ELD-X
Ek dink Koper allooi mono CX en ECX het sy plek ingeneem, 95% retensie. Nuwe koeêl vir toekoms en tradisionele jagafstande. Ook waar die harde Interbond voor aangewend was. Lees die data info mooi deur.
Sagter ELDX/Interlock vir verder en steeds goeie oopmaak.
Beste.
Sagter ELDX/Interlock vir verder en steeds goeie oopmaak.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Interbond en ELD-X
Giepie
Soos ek verstaan is dit moeiliker om met n koeel wat deur n bonding proses moet gaan die konstandheid te kry as met een wat nie daardeur gaan nie. So in effek sal jy sukkel om die informheid en konstandheid te kry wat gewoonlik teenwoordig moet wees by n teikenkoeel of een wat ontwerp is vir langafstand jag. Jou koperwande is gewoonlik dikker by n bonded koeel sodat dit nie afskeer met die lood wat daaraan klou en dus meer weerstand en druk op daai koperwand lewer. Kyk maar die verskil tussen terminale gedrag tussen die normale Accubond en die langafstand Accubond wie se wande aansienlik dunner is. Gewigretensie is heelwat laer.
Hornady voel dalk die moeite plesier faktor is te hoog aangesien Nosler se poging tot hierdie marksigment nie heeltemal die weghol sukses reflekteer nie.
Groetnis
Wouter

- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Interbond en ELD-X
Maak sommer jou eie bonded koele met die Mossie-metode.

Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Interbond en ELD-X
hahahaha ek het gewag vir hom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2467
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Interbond en ELD-X
Aish jaGeno wrote:Maak sommer jou eie bonded koele met die Mossie-metode.
.....meer ys asseblief.Dalk gaan hy net so goed reg kom as hy die koeëls oor nag saam met ghost peppers laat lê.....daai goed is mos hond warm

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Interbond en ELD-X
Toe ek hierdie draad begin het, het ek vir Hornady ook 'n boodskap gestuur en uitgevra. Kudos vir Hornady, hulle het terug gekom met 'n antwoord!
The Interbond process is a very time consuming process. It most the time requires 2 presses and several operators. The bullet is first drawn then sent to the bonder where the core is bonded to the jacket. Then it comes back to a second press where the finish drawing out the bullet. At this high demand for bullets, we just don't have time for this process. Hopefully if we get back to a normal schedule we can continue this processing. Thanks
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.