Sommer net my 2 cent vir die dag.
Iets wat ek vir almal altyd sê en gereeld vir myself sê, Is "Check your gear"
Nou ja toe gebeur dit met my. My geweer is na die geweersmid so ruk terug vir nuwe loop en toe sommer alles laat cerakote ook.
Ek het die loop laat settle soos hulle sê en toe ń lekker nuwe lading uitgewerk. In die jagveld kom ek agter dat die geweer hom nie meer dieselfde gedra as wat hy begin van die jag trippie het nie.
By die huis gekom ń week later het ek gedink dis die lading wat pla en weer van voor af begin. Elke keer as ek net dink die lading is reg, dan skiet hy weer anders.
Gister middag sit ek op die baan en begin met ń redelike greep aan my teleskoop rond druk en, daar is dit... my picatinny se voorste skroewe is effens los. Gisteraand Torque ek alles weer vas en blou locktite sommer die skroewe soos eintlik altyd doen.
Vandag op die baan skiet ons weer 0.4 MOA op 300 meter. My les net weer geleer. Skakel alle veranderlikes uit voor jy aan patrone begin rond peuter
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
"Check your gear"
-
JacquesSAKO.308
- Full Member

- Posts: 248
- Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am
"Check your gear"
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.