Naand Almal
Graag wil ek juille vertel van my kalahari jag en hoek 'n weer begin glo het dat drome kan waarword.
Na 'n baie slegte jaar besigheid is sleg werk is nog slegter en my sussie is aan die begin van die jaar oorlede het ek defenitief iets nogdig gehad om my gemoed weer op te tel. Dit het gekom deur middel van 'n oproep van my vriend Gideon wat so 40km buite Oliphantshoek boer met die idee dat ons vir 'n naweek op die plaas moet kom kuier 'n bokkie of 2 skiet en bietjie lekker kuier. Nog nooit was n naweek so vinnig beplan nie en 'n oproep na ons ander maat Dave (Flash op die forum) en die naweek was aan.
Die 90 dae voor die naweek het vir ewig gevat om verby te gaan maar na 'n ewigheid kon ek die donderdag die Hilux tot die dak toe gepak aanstuur Katfonetein toe waar ons vir Dave sou optel en saam sy ma hulle kuier voor die groot jag begin.
Aangekom op die plaas se Dave maar hy moet nog laai vir my Liefling(sy/my 243 Ackley) en ek word in die werk gesit om vinnig 'n paar Vmaxe in hulle huisies te sit reg vir die springbok en gemsbok wat wag. Ek het wel my liefling die laaste 2 keer sleg in die steek gelaat en ek se dat ek net 'n skoot of 2 skiet op die skietbaan voor ons gaan. 2 skote en dit word bewys dat daar niks verkeerd is met my liefling nie maar wel met die man wat haar bestuur.
So gese so gedaan. Ons stap terug huistoe en Dave se kom ons stap na die die dam so 500m van die huis af waar die koedoes baie keer kom lek vreet in die aand. Ek sal nooit nee se vir 'n kans op 'n bok nie so ek is in. Net 1 klein probleem my ander groot jagter van net oor die 6 wil met alle mag en geweld saamgaan. Geen mate van oortuiging wil die man laat bly nie. So net na 5 vat ons 3 die pad na die windpomp met min hoop want van stilsit weet Michael nog nie veel nie.
Daar aangekom vat ons stelling agter die wae in en staan rustig en wag ivr 'n koedoe om sy verskyning te maak. Meeste van die tyd word spandeur om Michael die dood voor die oe te sweer as hy weer beweeg en my hoop raak al hoe minder en dit raak al hoe donkerder.
Tog teen skerp skemer se David maak reg hier kom die koedoes. Ek met die sig wat 'n mol sal skaam maak kan natuurlik niks sien nie tog wys my liefling se Zeiss vir my daar is wel 3 kudu bulle wat aan geloop kom om te vreet. Met 'n groot gebewe maak ek reg en probeer die grootste 1 uistoek Met geluk kry ek die zeiss stilgehou maar die koedoe wil nie saamwerk nie. Dan beweeg sy kop dan is daar 'n ander bul agter hom en dan bewe ek te veel. Met die stap die gekose bul weg en gaan staan agter 'n paal waar ek geen skoot het nie. Ek kyk die heeltyd vir hom deur Diavari maar daar is geen plek vir die kruis op stil te le nie. Volgende stap hy net weg en ek glo my kans is verlore. Dave se vir my in 'n rustige stem kyk terug na die krip en skiet die kudu wat daar staan.
Ek draai stadig terug na die krip en daar staan die bul van my drome rustig en lek vreet. Ek droom al 29 jaar oor so bul en daar staan en kyk hy vir my. Heel rustig se Marais skiet hom tussen die oe. Ek kry met genade liefling se kruishaar still tussen sy oe en stuur 'n Vmax op sy pad. Ek sien deur die scope hoe die bul se ligte uitgaan en hy kop eerste in die krip inval. En in daai oombliik word jare se drome bewaarheid. Volgende wat ek hoor is Dave wat se jy het nou net 'n moese bul geskiet en Mike wat skree daddy daddy you shot a kudu. Die 110m na die bul toe was die langste van my lewe maar met elke tree raak hy net groter en mooier. En ek moet erken toe ek lanks die grote staan toe rol 'n traan teen my wang af vir hom en vir myself in 'n kleimate.
Na vele fotos saam almal is hy gelaai en ons het die aand met 'n goeie braai en 'n paar koues afgesluit. Die volgende oggend vroeg gepak en die pad na Gideon toe aangepak waar die jag eintelik eers moet begin het.
Nadat ek baie mooi van 'n trok drywer se ma gepraat het 'n paar keer kan ons in Oliphantshoek stop. Vinnig vir Gideon by die huiskry en uitry plaas toe. Ek het al die voorreg gehad om slegte grond paaie te ry maar die 1 is die slegste nog ooit. N bobbejaan met 'n kierrie gan maar stadig loop op hom. Met die besluit 1 van die Hilux se wiele ook hy hou nie van die pad nie en gee die gees. Na 'n F1 tiepie pitstop(dankie Dave) kan ons uiteindelik afdraai na die plaas en die mooi sand wereld begin.
Vinnig gestop afgelaai en daar gan ons op Gideon se Ford( ek het maar 'n klein gebedjie gese dat hy hou) in die veld in opsoek na 'n paar springbokke. Die wil nie mooi saam speel nie al wat ons kry is die trek bokke wat nie hou van nader as 450m van die Ford wees nie. Nou die wat my skiet vernuf ken weet dat ek elke keer meer verbaas is as die bok as die skoot tref so ek net nee dankie manne julle kan skiet. Ek sal kyk en video neem.
Vinnig maak David hom le op die Ford se bonnet en liefling stuur 'n vmax na 'n springbok wat in die vlakte staan en staar vir ons. Bok kry so snaakse spring in hom en na 'n paar tree is hy grond toe. 'n Oorhaal en 'n 2de skoot en 2 bokkies is aan die hak. Met die is die 1ste middag se jag op 'n einde. Die aand braai ons en volgens my vrou gedra ons soos kinders maar dis lekker. Gideon wou net nie dat ek 'n skaap skiet met die thermal van die stoep af nie. Dalk volgende keer.
Volgende oggend vroeg is ons weer op die Ford wat verbasend nog hou die keer opsoek na gemsbok. Na 'n rukkie se rondry speel die bokke saam en kyk rustig vir ons. Dave se 2de van links maar ek het 'n bewe aan my soos 'n matriek seun wat sy 1ste bra losmaak. Die Zeiss se kruis dans oor 'n trop gemsbokke en wil nie op die gekose 1 se voorkop stil le nie. Nadat ek my self 'n paar woorde toegesnou het bedaar die ergste en ek kan 'n vmax op sy draf stappie sit. Gemsbok slaan neer soos 'n os maar die manier hoe hy val is nie reg nie. Dave se maak reg hy gan weer opstaan. En net soos hy se na 'n minuut staan hy op soos Laserus en kyk weer vir ons. Ek kan darem die keer my werk klaarmaak met 'n skoot onder sy oor nadat Dave hom 'n accubond gegee het uit die 30 06 net om seker te maak ons jaag nie heeldag agter 'n bok aan nie.
By die bok gekom is dit 'n mooi jong bul wat lekker vleis gaan gee. Die 1ste skoot vas so duim laag op sy voorkop en soos enige man weet jy sal wat wil gee vir daai extra duim lengte. Na mooi fotos saam almal word die bok gelaai en ons is eers weer huistoe. Na 'n vinnige middag ete besluit Charlene en baba hulle het genoeg gejag vir eers en gan 'n middag slapie vat. Ek is saam Dave, Gideon en Michael weer veld toe waar Dave ons weer impress met sy skiet vernuf deur 'n bok bo op die duin om te dop.
Bok vinnig gelaai en huistoe gevat is dit nog net ek wat 'n springbok moet skiet. Met die besluit Charlene en baba hulle het genoeg geslaap en wil saam. Ons almal op die Ford vir 'n laaste keer veld toe op soek na nog 'n laaste bokkie.
Na 'n bietjie rondry kry ons 'n baie mooi Kalahari ram en ek besluit om hom liewer 'n vmax agter die blad te gee as om te probeer afshow. Hy gee so hoppie hardloop so bietjie en slaan snoet 1ste die sand in. So is al ons bokke geskiet en ons jag is op 'n einde
Die aand bederf ons die Kalahari met musiek wat hulle nog nooit gehoor het nie 'n paar skaap tjops en bottel Hannepoot wyn.
Met seer harte maar 'n vol gemoed groed ons vir Gideon die volgende dag en pak die pak die pad huistoe aan met die nuwe droom om weer 1 dag Damplaas se sand onder ons voete te voel.
Aan my famielie julle maak my mal maar julle maak my ook kompleet. Dankie dat julle al die dom idees en planne wat ek het saam my beleef dit sal nie die selfde wees sonder julle nie.
Dave my broer dankie vir als maat. Dankie dat jy 'n droom laat waar word het sou dit nie sonder jou kon doen nie. PS jy moet net vir Gideon dophou hy het darem lelik ogies gemaak vir jou peetkind die naweek.
Gideon baie dankie dat jy jou huis oop gemaak het vir ons en ons so tuis laat voel het. Ek hoop om 1 dag weer Damplaas se sand onder my voete te voel. Jy moet net 'n beter bakkie koop. En ek wil graag 'n skaap skiet met the thermal van die stoep af.
En laaste maar nie minste nie aan my bul. Baie dankie ou grote jammer dat ek jou lewe moes eindig om my droom waar te maak. Maar jy sal vir ewig lewe in my gedagtes. Tot ons mekaar weer 1 keer raakloop onder die bome
Groete
n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Mooi bul en n mooi storie Jacques.
Baie geluk
Baie geluk
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Nog so paar fots
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Baie geluk en baie dankie vir die lekkerlees deel van so lekker jagtrip
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Lekker Jacques, baie mooi bul daai !
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Baie netjies Jacques. Bitter mooi bokke en lekker storie.
Hein
-
VictorG
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Fri May 04, 2018 10:38 am
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Jacques , wat het bul uitgeslag en het jy horings gemeet n?
Baie geluk met jou bokke !!
Baie geluk met jou bokke !!
BRNO 7X57 1983
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: n Bul van my Drome en Kalahari Sand onder my Voete
Alles wat mens, soos jy gemaak het, saam met jou gesin geniet is dubbel so lekker.