Hoe spoor ek n foon op.

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Hoe spoor ek n foon op.

Post by sako 30-06 »

Dit wil vir my voorkom of my dogter se foon gister gesteel is by haar skool.
Hulle is besig om te kyk of hulle die foon kan opspoor maar ek het n idee dit gaan nie gebeur nie.

Is daar iemand wat kan help of wat weet hoe om n Iphone op te spoor?
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Hoe spoor ek n foon op.

Post by saswart »

het jy die "Find my" app gelink met jou foon? ek kon met die app my vrou se foon terug kry van 'n booswig wat dit gegaps het. Andersins, login op haar iCloud en soek deur die app haar foon - selfs as foon af is
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Hoe spoor ek n foon op.

Post by sako 30-06 »

saswart wrote: Thu Jul 18, 2024 9:14 am het jy die "Find my" app gelink met jou foon? ek kon met die app my vrou se foon terug kry van 'n booswig wat dit gegaps het. Andersins, login op haar iCloud en soek deur die app haar foon - selfs as foon af is
Ek het ongelukkig nie, die foon is basies splinternuut en vir een of ander stupid rede het ons nog nie die 'find my' app geaktiveer nie.
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Hoe spoor ek n foon op.

Post by Martiens Bekker »

As sy 'n Google profiel het waarop die foon in gelog is kan julle dit daar deur opspoor vanaf 'n ander foon of tablet. Kan selfs dit aktiveer dat die foon begin lui. Ons het eendag 'n foon so suksesvol terug gekry in die lokasie.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoe spoor ek n foon op.

Post by Toxxyc »

Dis nou te se as die foon aktief is. Hulle word gewoonlik dadelik afgesit, en dan heeltemal skoongemaak en 'n nuwe IMEI vir die foon gegee, sodat hy nogsteeds op ons netwerke kan werk. Indien die netwerk-ding nie werk nie, stuur hulle hom eenvoudig oor die grens, waar hy wel werk.

My vrou se foon is so paar jaar terug by die skool gesteel. Sy het my laat weet hy's gesteel binne 5 minute, en ek kon hom teen daardie tyd al klaar nie meer track nie. Hy was gelock, met al die "bells and whistles", al die security goed was aan en die Find My goed was alles aan. Laaste waar hy hom kon ping was in die sak, teen die heining waar sy netbal afgerig het.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Hoe spoor ek n foon op.

Post by sako 30-06 »

Dis presies my probleem, ek nou al alles probeer. Dit lyk of die foon klaar af is en geblok is.
Die hartseer ding is die foon is gesteel in n badkamer waar 12 en 13 jarige meisies aangetrek het vir hokkie.

Skokkend om die minste te se
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoe spoor ek n foon op.

Post by Toxxyc »

sako 30-06 wrote: Thu Jul 18, 2024 1:51 pm Dis presies my probleem, ek nou al alles probeer. Dit lyk of die foon klaar af is en geblok is.
Die hartseer ding is die foon is gesteel in n badkamer waar 12 en 13 jarige meisies aangetrek het vir hokkie.

Skokkend om die minste te se
Jy moet sien hoe mense hulle kinders oplei en inspan om te steel. Dit gebeur baie. Die kinders doen maar voort.
Post Reply