Biltong boffins - hoe maak mens

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Viking »

Kom by my seun en ek moet hom help biltong maak!

Dis nie te moeilik nie - het mos al BAIE dit gedoen. Sny die vleis regte dikte en lengte en plaas in houer en sprinkel met asyn en Worcester sous. Nou vir die speserye....en dis waar my koppie klein raak!

Seun het nie na die vorige gebruik nie die pakkie dig toegemaak nie. Crown biltong speserye het KLAM getrek en wil nie strooi nie.

Vraag: " Het enige van julle al die probleem aangespreek deur die speserye effens in 'n lou oond te probeer DROOG?"

Sal die speserye na droging steeds die regte smaak en tekstuur gee?

Ek luister by die radio......
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Capt. Yoda »

Ek reken jy gaan met baie sout spiserye sit
Last edited by Capt. Yoda on Wed Jul 03, 2024 2:55 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Lategan1 »

Of jy goed toemaak of nie, innie Kaap klam hy aan, een harde klont!

Ek kap myne stukkend, strooi oor en gooi liggies vars sout by. Aanklam = verslaan. (Jy kan ook liggies peper bygooi.)

Ek maak 5kg hoeveelhede, iets fout gaan sal ek darem nie te lank soutbiltong eet nie!

My ervaring, indien geen vars sout/peper bygooi nie, kort dit juis smaak. Ek strooi ook nie meer daarvan oor omrede dit aangeklam het nie, die duiwel kan dan dalk net vir jou inwag. [] As jou mengsel baie koljander in het, jy daarvan hou, kan liggies gestrooide vars (geskroei) koljander werk. Aangeklamde koljander spreek vanself.

Beste wanneer aangeklam, oorweeg nuwe vars mengsel.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Capt. Yoda »

My raad is laat die knaap winkel toe ry en nuwes gaan koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Ratel »

Ek sal nie sommer 'n kans vat en die ou speserye gebruik op duur vleis nie. Ek sou eerder vars speserye koop en weet ek hoef nie vleis dalk weg te gooi oor speserye wat af is nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Predator
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Predator »

Ek hou hom eenvoudig. Sout en bietjie peper, as jy wil, en koljander - my vrou rooster dit in die oond en dan maal ons hom met n koffiemeul - nie poeier nie, met nog so n effe growigheidjie in hom.

Jy skrik jou dood as jy op die pakkie winkel spice kyk na al die dosyne bestandele met snaakse name - glo nie daardie goed is goed vir n mens nie!
BERKELEY GEER
083-6423225

"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by ZKK »

Ratel wrote: Wed Jul 03, 2024 3:56 pm Ek sal nie sommer 'n kans vat en die ou speserye gebruik op duur vleis nie. Ek sou eerder vars speserye koop en weet ek hoef nie vleis dalk weg te gooi oor speserye wat af is nie.
Ek deel hierdie sentiment.
Ek het een jaar per ongeluk niertjie vet gekoop en 60kg wors en 30kg patties gemaak.
Soos julle weet is niertjie vet die een wat soos kerswas aan jou palet vasklou.
Ons het vir seker 2 jaar baie lang tand aan daai wors geeet.

Moenie goeie vleis opvoeter met speserye wat onder verdenking is nie.
Koop nuwes.
Dink ook nie daai spesery pakke kos n arm en n been nie
User avatar
Predator
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm

Re: Biltong boffins - hoe maak mens

Post by Predator »

Jy kan nog wors maak sonder vleis, maar nooit sonder Persie nie!
BERKELEY GEER
083-6423225

"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
Post Reply