Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Have some thing for sale, trade or looking to buy? No commercial ads allowed!
Post Reply
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 367
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by toxicsox »

Manne ek wil hier graag iets aan die lede bied omrede ek al soveel goeie inligting hier bekom het en al met so baie lede besigheid gedoen het.
As admin voel dit is onvanpas laat weet my asb.
Ek het altyd my kinders Sondela toegevat net buite Bela-bela toe hullle kinders was en so maar op die plek verlief geraak. Een van ons gunsteling speletjies was om rond te ry en wild te soek - Ons almal het dan geraai wat die afstand is na die Kudu of Kameelperd of Wildebees of watter wild ons ookal gesien het. Ons het dan met die Rangefinder die afstand bepaal en die afwykings neergeskryf. Aan die einde van die rit was die kind met die totale kleinste afwyking die wenner van R100-00, as dit ek was moes die kinders die vuur maak, maar het ek hulle inelkgeval R100-00 elk gegee omdat hulle saamgespeel het.

Intussen het ek 'n Chalet (ACACIA 208) gekoop by Sondela waar ek so elke 3 weke toe gaan net om bietjie wegtekom. Net so onder 'n uur uit Pretoria uit.
My chalet word deur Sondela uitbespreek maar natuurlik neem ek die datums en dae wat ek wil.
Dit is 'n 3 slaapkamer chalet wat 6 mense slaap, tenvolle toegrus, word daagliks gediens en het ook vol DSTV en Inverter vir Loadshedding.

Ek wil graag my chalet aanbied vir lede teen R500-00 goedkoper per week-aand en R1000-00 goedkoper vir 'n naweek-aand as wat Sondela dit aanbied op hulle webwerf. EK sal dit graag nog goedkoper wou doen maar ek het onkostes soos skoonmakers, levies, elektrisiteit etc. Ek wil net graag my plek met julle deel.

Hier is so een of twee fotos - As enige lede wil gebruik maak van my plek laat my weet en ek bespreek dit vir jou en ons sort die admin dan privaat uit.

Kort video wat ek gemaak het in Oktober toe dit nog droog was - https://www.youtube.com/watch?v=xjt_TAwjhQY
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by toxicsox on Mon Jan 22, 2024 1:31 pm, edited 2 times in total.
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by Wildjagter »

Baie mooi gebaar om dit te deel met lede teen afslag
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 367
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by toxicsox »

Hier kan julle kyk na die spesifieke dae en die kostes.
Pryse wissel oor skoolvakansies en 'n minimum van 3 dae word vereis oor skoolvakansies en langnaweke.
Ons kan partykeer 'n uitsondering maak hang maar net af hoe lyk die week aan my kant.

https://book.nightsbridge.com/30715?bbrtid=22
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13664
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by Geno »

toxicsox wrote: Mon Jan 22, 2024 11:52 am
Ek het altyd my kinders Sondela toegevat net buite Brits toe hullle kinders was en so maar op die plek verlief geraak.
Is Sondela nie teen die N1 by Warmbad nie?
Goed, beter, 6millimeter!
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 367
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by toxicsox »

Ai tog ek het Bela-bela bedoel..... Sal gou regmaak dankie.
tdb
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Wed Oct 03, 2018 11:53 am

Re: Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by tdb »

Sjoe, ek sou graag daarvan wil gebruik maak. Dis inderdaad 'n baie goeie gebaar. Die geld wat die manne spaar, gaan net so terug in die skietbegroting in :) ++>:
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 367
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende

Post by toxicsox »

As iemand dalk die Landcruiser Festival wil bywoon die naweek kontak my.
My 6 slaapkamer chalet is beskikbaar en vir Jaracal lede gee ek R2200.00 afslag vir die nawwek.
R5000-00 vir die naweek dan vir Vrydag tot Sondag.



On the weekend of 7-9 June we welcome back Hankook Landcruiser Festival!
This is what is in store for you:
🚜 Outdoor exhibitors and food stalls from Friday, 14h00
🚜 Kids entertainment
🚜 Bar facilities
🚜 Live performances
🚜 Arts & Crafts market
🚜 Warm Water Swimming Pools
🚜 The LA Sport Pretoria Cruiser Action Arena
🚜 Sunset game drive – In convoy
🚜 Sunday buffet breakfast
Cruise over to our website at sondela.com/event/hancook-landcruiser-festival/ and book your record-breaking spot today!
Post Reply