Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post Reply
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post by Glocked »

Naand manne

Ek het raad nodig van die slim manne asb. Die fyner herlaai is iets nuut vir my nou met die 6.5, ek het nog nooit nodig gehad om so fyn te werk nie, en ek geniet dit, want die geweer skiet mooi, maar daar is nog vir my grieks tussen in.

Vir die aanvanklike inbreek ens, het ek die 139gr Scenars geskiet, omdat hulle goedkoop is, en ek graag by die 200 skote wou verby kom, voor ek rerig begin moeite doen, sodat die loop nou kon settle en al die dinge. Vir die ontwikkeling van die Scenar lading, het ek die OCW metode gebruik, en dit het baie goed gewerk, en baie maklik ook. Kamer gemeet, deur 'n punt lank te seat, rondte te kamer, 0.5mm korter te laai en toe die lading ladder toets geskiet. Het op 'n lading node gekom, en met daai selfde tpl baie mooi geskiet, en toe bly dit net daar.

So dis nou gedoen, en ek het toe so bietjie gekrap met jag punte, die 143gr Eldx eers, maar het besluit om eerder met die Berger 156gr EOL te gaan as jag/skiet punt.

Ek het die kamer gemeet met die Berger, deur die eerste punt baie lank te seat, hom te kamer, en toe weer gemeet, wat op 'n TPL van 79.7mm gegee het. Ek het toe die eerste ladder ladings gelaai teen 79.2mm om 'n 0.5mm jump te gee. Ek het die ladder gelaai in 0.5gr inkremente, vanaf 54.0gr af op. Op 56.5 was daar reeds tekens van hoë druk en ek het toe daar gestop, en die ladder het 'n sweetspot gewys tussen 55.5 en 56.0gr.

Ek laai toe weer 5x, TPL op 79.2mm, met 55.6gr N565. 1ste skoot breek ek so bietjie hoog, en skiet toe 4x in 1 gat. 100m 5 skoot groep meet 16mm, en die 4x alleen meet 6mm. Ongelukkig het die Labradar al 5x skote gemis, so ek kon nie spoed kry nie. Die druk tekens is weg, maar dit bly my toe pla dat die druk tekens so prominent was op 56.5gr, in vergelyking met ander data wat ek al gesien het.

Ek meet toe weer die kamer met 'n punt en 'n skoonmaak stok metode, en kry toe 79.2mm vir die kamer, wat nie lekker sin maak nie, maar dit verduidelik moontlik die hoë druk tekens.

My volgende toets ladings het ek nou gelaai op 55.4gr, en 79.0mm, en sal probeer om op hulle spoed gemeet te kry.

Is 0.2mm jump genoeg ? Moet ek verder weg beweeg en die lading ladder oor skiet ?

As ek die ladder geskiet het dan met die punte wat basies die lands raak, en so 'n lading node/sweetspot gekry het, sal die lading sweetspot baie verander as ek die tpl korter maak ? Dalk die tpl toets in 0.2mm inkremente korter maak tot op 78mm ?
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post by tripodmvr »

Ek het op heelwat youtube videos afgekom waar die manne baie beter groepe weg van die lande gekry het as daarteen. Vir jagdoeleindes wil jy nie sukkel met patrone wat nie in die kamer ingaan nie. Sorg dan dat jy weg is van die lande. My aanbeveling was nog altyd - gebruik minimum 1mm sprong vir lood/koper en 2mm vir mono koper koeëls. Nader as 1mm kry mens drukpieke weens klein verskille in die ogief. Ek het tot dusvêr nie aan my TPL verstel om beter groepe te kry nie. Ladingverstelling het my nog sovêr die 1MOA laat verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post by Capt. Yoda »

Daai Bergers kan jump. Begin so 2mil of van die lands af en skiet jou ladder, as jy nou jou “node spoed” het laai jy 3 van elke met korter TPLe en skiet hul op die afstand wat jy wil gebruik. Hoe verder hoe beter, moet net nie langer gaan nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post by Glocked »

tripodmvr wrote: Mon May 20, 2024 2:23 pm Ek het op heelwat youtube videos afgekom waar die manne baie beter groepe weg van die lande gekry het as daarteen. Vir jagdoeleindes wil jy nie sukkel met patrone wat nie in die kamer ingaan nie. Sorg dan dat jy weg is van die lande. My aanbeveling was nog altyd - gebruik minimum 1mm sprong vir lood/koper en 2mm vir mono koper koeëls. Nader as 1mm kry mens drukpieke weens klein verskille in die ogief. Ek het tot dusvêr nie aan my TPL verstel om beter groepe te kry nie. Ladingverstelling het my nog sovêr die 1MOA laat verkry.
Oom Marius ek kon nie baie data kry lokaal vir die Berger's nie, maar baie op die Amerikaanse forums, en almal daar begin die goed met 'n 0.010" jump, en werk hom dan so bietjie korter as nodig, so toe probeer ek ook maar, omdat ek gemik het vir iets nader aan 0.3MOA eerder as die gewone 1MOA wat vir die ander roere goed genoeg was. Op die 79.2mm TPL was daar nie merke op die punte van 'n rondte wat gekamer was nie, en elke rondte het maklik gevoer, so sal nie 'n probleem wees vir jag nie. Die Howa se lang aksie het ook meer as genoeg plek vir die lang TPL.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post by Glocked »

Capt. Yoda wrote: Mon May 20, 2024 3:42 pm Daai Bergers kan jump. Begin so 2mil of van die lands af en skiet jou ladder, as jy nou jou “node spoed” het laai jy 3 van elke met korter TPLe en skiet hul op die afstand wat jy wil gebruik. Hoe verder hoe beter, moet net nie langer gaan nie
Dankie Captain. Ek het 'n paar gelaai op die 55.4gr 79.0mm TPL, om 'n 10x skoot groep te skiet en kyk hoe dit lyk, en hopelik spoed te kan meer om druk te vergelyk. Ek sal 'n nuwe ladder ook laai met so 2mm jump dan, en die "node" vir die kruit ladings vergelyk.

So as ek 2mm jump, en dan korter werk, behoort ek oraait te wees met druk, tot 'n mate. Maar as ek 2mm jump laai, en dan langer gaan, maw korter jump, kan dit skielike pressure spikes maak ?
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Help - OCW Ladder toetse, bullet jump & druk

Post by Capt. Yoda »

Ja, wanner jy lading ontwikkeling doen begin jy so naby aan die lands en werk dan weg van die lands af as jy klaar jou spoed het en met jou TPL werk.

Hoe ver jy van die lands af begin is up to you
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply