.25 Dubula
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
.25 Dubula
Na my ontmoeting met die .25 Koevoet het ek by myself gedink dit kan nogal pret wees om so iets te ontwerp
Sal meer besonderehede deursteur sodra ek uitgevind het hoe om foto hier te plaas ?
Sal meer besonderehede deursteur sodra ek uitgevind het hoe om foto hier te plaas ?
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
OK dink ek het dit nou uitgewerk
Eerste poging om nuwe .25 kaliber patroon te ontwerp / ontwikkel
.
. .
Gebaseer op 25 Remington en 35 Remington
Eerste poging om nuwe .25 kaliber patroon te ontwerp / ontwikkel
.
. .
Gebaseer op 25 Remington en 35 Remington
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Paar voormalige toetse / simulasies met QL
.
.
.
. .
. .
.
.
.
.
. .
. .
.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .25 Dubula
Wat is die voog dop? 308/243?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .25 Dubula
Manton
Hoekom los jy soveel potensiaal daar buite met die ontwerp? Verder hoekom 52mm doplengte en nie 51mm wat die standaard is vir 308 familie doppe?
Groetnis
Wouter
Hoekom los jy soveel potensiaal daar buite met die ontwerp? Verder hoekom 52mm doplengte en nie 51mm wat die standaard is vir 308 familie doppe?
Groetnis
Wouter
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Ek verstaan dat daar baie patrone is wat op die .308 WInchester gebaseer is ( short-action )
Eintlik die 30-06 wat die oupa van hulle almal is ( long-action )
Hierdie is iets heeltemal anders
35 Remington
https://en.wikipedia.org/wiki/.35_Remington
https://thebiggamehuntingblog.com/35-remington/
.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Verduidelik asb .. die potensiaal wat agtergebly het ?Wouter Roets wrote: Wed May 15, 2024 8:49 am Manton
Hoekom los jy soveel potensiaal daar buite met die ontwerp? Verder hoekom 52mm doplengte en nie 51mm wat die standaard is vir 308 familie doppe?
Groetnis
Wouter
Wil nie .. eargesplittenloudenboomer maak nie
Omdat dit 'n wildcat is hoof 'n mens nie by SAAMI se reelings beperk te wees nie
Nie veel verskil tussen 51mm en 52 mm ( hou van egalige nommers )
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .25 Dubula
Ek verstaan nie wat jy vir my probeer verduielik nie, wat het die 30.06 en die 308 en jou 25 met mekaar uit te waai?Manton wrote: Wed May 15, 2024 1:55 pmEk verstaan dat daar baie patrone is wat op die .308 WInchester gebaseer is ( short-action )
Eintlik die 30-06 wat die oupa van hulle almal is ( long-action )
Hierdie is iets heeltemal anders
35 Remington
https://en.wikipedia.org/wiki/.35_Remington
https://thebiggamehuntingblog.com/35-remington/
.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .25 Dubula
MantonManton wrote: Wed May 15, 2024 2:04 pmVerduidelik asb .. die potensiaal wat agtergebly het ?Wouter Roets wrote: Wed May 15, 2024 8:49 am Manton
Hoekom los jy soveel potensiaal daar buite met die ontwerp? Verder hoekom 52mm doplengte en nie 51mm wat die standaard is vir 308 familie doppe?
Groetnis
Wouter
Wil nie .. eargesplittenloudenboomer maak nie
Omdat dit 'n wildcat is hoof 'n mens nie by SAAMI se reelings beperk te wees nie
Nie veel verskil tussen 51mm en 52 mm ( hou van egalige nommers )
Raak ontslae van die meeste bodytaper en gee hom n skerper skouer. Jy wen heelwat in beskikbare volume asook minder braasvloei vir langer doplewe. Drukhantering verbeter ook aansienlik.
As jy 52mm kies as doplengte gooi jy n magdom donor brass weg en is jy aanwesig op die 63mm familie doppe wat baie werk veg om korter te sny asook die feit dat hulle duurder is.
Groetnis
Wouter
-
phyllox
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Sun Mar 04, 2018 5:05 pm
Re: .25 Dubula
MBT die doplengte wat Wouter uitwys. Wil net beaam dat my ondervinding is dat hoe meer van jou dop se skouer in jou nek van die nuwe /wildcat dop opeindig hoe meer sukkel jy met konstante nek wand dikte met al die issues wat weer daarmee saamgaan.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
U het gevra .. wat is die voog dop ? 308/243?Capt. Yoda wrote: Wed May 15, 2024 2:17 pm Ek verstaan nie wat jy vir my probeer verduielik nie, wat het die 30.06 en die 308 en jou 25 met mekaar uit te waai?
Die 308 se pa is die 30-06 - 308 is net 30-06 wat korter gesny is
My.25 se voog is iets heeltemal anders -dus het dit nie veel te doen met die 30-06 familie van patrone nie
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Dankie vir die raadWouter Roets wrote: Wed May 15, 2024 2:27 pm Manton
Raak ontslae van die meeste bodytaper en gee hom n skerper skouer. Jy wen heelwat in beskikbare volume asook minder braasvloei vir langer doplewe. Drukhantering verbeter ook aansienlik.
As jy 52mm kies as doplengte gooi jy n magdom donor brass weg en is jy aanwesig op die 63mm familie doppe wat baie werk veg om korter te sny asook die feit dat hulle duurder is.
Groetnis
Wouter
Skerpe skouer is seker die beste manier om meer beskikbare volume aanteskaf - probleem is dat 'n patroon met so uitwerking vind ek nie - op die oog af as mooi nie
Ek ontwerp volgens my smaak - nie volgens - uiterste trompsnelheid of ander faktore nie
Ek het nou ander plan uitgewerk
Die voog patroon wat ek eers gekies het is blybaar moelik bekombaar - ou patroon wat nou aan stadige dood ly
Het nou op die 6.5 x 55 Swede as voog patroon besluit
Baie maklike bekombaar en kan maklik tot op 52mm gekort word - ek plaas alles nou op nuwe post
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Ja is seker sophyllox wrote: Wed May 15, 2024 6:45 pm MBT die doplengte wat Wouter uitwys. Wil net beaam dat my ondervinding is dat hoe meer van jou dop se skouer in jou nek van die nuwe /wildcat dop opeindig hoe meer sukkel jy met konstante nek wand dikte met al die issues wat weer daarmee saamgaan.
Dalk sal mens die nek moet "trim"
Ek dink dit is maar 'n eenkeer ding wat mens moet doen
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Nou ja .. probeer slag TWEE ( If at first you don't succeed )
Dalk is hierdie poging bietjie beter ?
.
. .
Skouer bietjie skerper op 54deg
6.5 x 55mm Swede doppe redelik maklik bekombaar
Maklik om dop klein entjie te verkort
Kan alle doppe gebruik
Miskien net een "body die" matrys nodig
Bly weg van al die ander ontwerpe wat op 30-06 / 308 tipe patrone gebaseer is
Steeds - "short-action"
Sal aangaande QL simulasie met nuwe pos oplaai
Dalk is hierdie poging bietjie beter ?
.
. .
Skouer bietjie skerper op 54deg
6.5 x 55mm Swede doppe redelik maklik bekombaar
Maklik om dop klein entjie te verkort
Kan alle doppe gebruik
Miskien net een "body die" matrys nodig
Bly weg van al die ander ontwerpe wat op 30-06 / 308 tipe patrone gebaseer is
Steeds - "short-action"
Sal aangaande QL simulasie met nuwe pos oplaai
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
QL gee 'n idee van van hoe die "Wildcat"sy ding sal doen
.
. .
Die een met SOMCHEM S365 is nogal bemoedigent
. .
. .
Reload Swiss gee altyd die bester resulate - maar ek weet nie waar 'n mens dit in die hande kan kry nie ?
.
.
. .
Die een met SOMCHEM S365 is nogal bemoedigent
. .
. .
Reload Swiss gee altyd die bester resulate - maar ek weet nie waar 'n mens dit in die hande kan kry nie ?
.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: .25 Dubula
Manton,
Ek dink nie ons as lesers hier verstaan die rede agter jou nuwe dop ontwerp nie. Dit is moontlik die rede vir almal se vrae en moontlik ook die rede hoekom dit lyk of van die manne die ontwerp probeer verander vir jou.
Niemand gaan jou kan stop as jy net n dop ontwerp oor jy iets uniek soek en hom self n naam wil gee nie, maar om iets te ontwerp wat reeds bestaan of iets te ontwerp wat jou net gaan grys hare gee is sinneloos.
Jou 2de ontwerp hier bo is 98% by n 25 super of sy ander naam is 25-08. Dan hoekom nie net daardie kaliber bou nie.
Stel jou idee agter die kaliber deur die volgende inligting te gee:
1. Xxxgr. 25kal koele teen xxxfps
2. Xxxmm TPL
3. Xxxmm verlangde loop lengte
4. Boltface mm
5. Xxx grade skouer en rede daarvoor
6. Voog dop opsies en rede daarvoor
7. Jou beoogde gebruik vir die geweer (jag, kompitisie,...)
Wouter (aka PO Ackley se kleinkind) sal jou altyd aanraai om 40 grade skouer ontwerp te gaan, want daar is meriete daar agter. Skouer hoek by wild cats is belangrik oor die ure wat in die maak van die doppe ingaan. n Slap skouer soos n 300H&H of 22Hornet het al baie manne se moed gebreek oor hulle doppe na 5 skote moet weg gooi weens case head seperation.
Ackley tipe ontwerpe voorkom daardie probleem, maar vra nou weer wie almal al gesukkel het om n Ackley of Dasher te laat voer het uit n mag en jy sal n paar hande sien. Dit presies die redes hoekom ons deesdae so baie 30grade skouer ontwerpe sien.
Voog dop is ook n baie belangrike keuse. Jy soek n hoe kwaliteit voog dop soos Norma, Lapua, ADG ens wat beskikbaar is. Om iets te doen en jy sukkel met Remington, S&B of PPU doppe gaan baie meer tyd neem en dan gooi jy nog 25 uit elke 100 nuwe doppe weg oor hulle net nie op standaard is nie.
Gee die lede hier meer inligting en jy kan goeie raad kry. Dit is beter om iets te ontwerp wat n probleem op los (wat nognie deur vorige ontwerpe opgelos is nie), as om net n nuwe naam te skep vir die snaaks daarvan. Miskien doen jy so n goeie job nou en dit raak n gewilde sukses... Of jy kan maar net staan oor 2/3jaar en kyk hoe jy n klomp blou buffels agter n projek aangegooi het wat jy nie eers meer oor wil praat nie, want dit was net n gesukkel.
Groete
Andre

Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: .25 Dubula
Ek dink as jy die boot wil roei
Hoekom nie ‘n 7mm 08 AI afnek na .25 toe nie.
Dan het jy maklike ‘donor’ brass
40grade skouer met min taper.
Maks dop volume op daai lengte dop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hoekom nie ‘n 7mm 08 AI afnek na .25 toe nie.
Dan het jy maklike ‘donor’ brass
40grade skouer met min taper.
Maks dop volume op daai lengte dop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
GroetenisAndre308 wrote: Wed May 15, 2024 11:57 pm Manton,
Ek dink nie ons as lesers hier verstaan die rede agter jou nuwe dop ontwerp nie. Dit is moontlik die rede vir almal se vrae en moontlik ook die rede hoekom dit lyk of van die manne die ontwerp probeer verander vir jou.
Niemand gaan jou kan stop as jy net n dop ontwerp oor jy iets uniek soek en hom self n naam wil gee nie, maar om iets te ontwerp wat reeds bestaan of iets te ontwerp wat jou net gaan grys hare gee is sinneloos.
Dankie vir die lang beredineering en advies
Seker meeste kare het vier wiele - maar daar is 'n verskeidenhied fabrikate - want mens soek opsies / keuse
Net so met patrone - as mens op die PT&G webwerf kyk is daar honderde verskillende patrone
Seker maar die drang om te ontwerp en iets nuuts te probeer maak
My doel is om in die proses van iets nuuts ontwerp en die daarmee sukkel proses iets te leer
Ja daar is seker baie maklike maniere - maklike patrone om te wysig
Ek het nie 'n spesifike eintdoel in gedagte nie. Wil net sien hoe op die einde die uiteindelike verwysigte dop lyk
Maar deurentyd hou ek die ander faktore in gedagte - wat U hieronder van melding gemaak het
Mense meet die hoek op verskillends manier 30 grade is maar half die volle hoekAndre308 wrote: Wed May 15, 2024 11:57 pm Jou 2de ontwerp hier bo is 98% by n 25 super of sy ander naam is 25-08. Dan hoekom nie net daardie kaliber bou nie.
Stel jou idee agter die kaliber deur die volgende inligting te gee:
1. Xxxgr. 25kal koele teen xxxfps
2. Xxxmm TPL
3. Xxxmm verlangde loop lengte
4. Boltface mm
5. Xxx grade skouer en rede daarvoor
6. Voog dop opsies en rede daarvoor
7. Jou beoogde gebruik vir die geweer (jag, kompitisie,...)
Dit presies die redes hoekom ons deesdae so baie 30grade skouer ontwerpe sien.
In ander woorde die 300PRC het 'n skouer hoek van 60grade maar dit word gegee as 30 gemeet vanaf die middellyn
Ek sal in 'n hieropvolgende pos jou vrae antwordAndre308 wrote: Wed May 15, 2024 11:57 pm Gee die lede hier meer inligting en jy kan goeie raad kry. Dit is beter om iets te ontwerp wat n probleem op los (wat nognie deur vorige ontwerpe opgelos is nie), as om net n nuwe naam te skep vir die snaaks daarvan. Miskien doen jy so n goeie job nou en dit raak n gewilde sukses... Of jy kan maar net staan oor 2/3jaar en kyk hoe jy n klomp blou buffels agter n projek aangegooi het wat jy nie eers meer oor wil praat nie, want dit was net n gesukkel.
Groete
Andre
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: .25 Dubula
Om n nuwe kaliber te ontwerp is een ding, maar die basies ontwerp soos hierbo gedoen is net die begin. Om die reamer sketse te doen is n heel ander saak. Daar is verskeie kritiese dimensies wat baie meer belanrik is. Die radii van jou hoeke, die lengte van jou nek, die hoek van jou dop oor sy lengte ( selfs n Akley het n "taper".), die base to ogive lengte van jou koeel wat jy wil skiet, die ontwerp van jou keel ( freebore en vorentoe). Diew dimensies van jou freebore gedeelte is baie belangrib beide in lengte en deursnee.Dit gaan bepaal watter koeel jy gaan kan skiet en hoe jou druk kurwe lyk eerder as jou dop se onwerp (binne perke natuurlik).
Oom Chris is seker een van die mense mnet die meeste kennis daaroor. Daar is egter ander onwerpe ook.
Een van die Namibiers het op die Bisley Kampioenskapp in Bloemfontein baie goed gedoen met n 25 Koevoet. Met die nuwe generasie swaar 25 kaliber punte doen die ontwerp verbasend goed. Dit het weer belangstelling opgewakker in die kaliber.
Hierna het ek met 'n persoon ( wil nie nou se wie nie) gaan sit en gekyk na die ontwerp en die moontlikheid om n verbetering daarop te maak. Die persoon het al verskeie baie suksesvolle dopontwerpe gedoen en het baie nou met Oom Chris saamgewerk in vroee 2000 om dopontwerpe te doen. Dit was ook tot 'n groot mate gedoen om my te leer hoe om n dop te ontwerp. ( Ek het reeds n 6mm gedoen as leerproses en die reamer laat maak. Dit is egter nog n lang proses voor ek gemaklik sal voel om my eie ontwerp alleen te doen.) Die eerste tekeninge is reeds gedoen. Ons stry net nog met mekaar oor die skouerhoek. 35grade, 40 grade of 45 grade. Elk het eie voor en nadele. Die mates is almal interverwant aan mekaar. As jy eending verander (veral van die skouer af vorentoe) verander jou mates amper almal.
Ek stel voor begin by die HOEKOM vraag? Jou ontwerp maak jy dan om by jou behoefte te pas. Kyk na volgende as riglyn:
Langer loop lewe
Meer spoed
swaarder of ligter koeel te skiet
makliker voer (magasyn enkelskoot)
Moet nie n ontwerp doen as jy nie weet presies wat jou beplande koeel se BTO lengte is nie (gelukkig maklik beskikbaar) en wat jou koeel se presiese diameter tot die 4de desimaal is nie.
Moet nie onmoedig word nie, maar deurdink dit goed. My raad is moet nie die wiel oor ontwerp nie! As jy n 25 Kaliber koel wil skiet en daar is rteeds n ontwerp wat alles doen wat jy wil doen, bly by die ontwerp. As jy iets spesiaal vir jou self wil doen, welcome to the dark side!!!!
(PS gaan op Pacific tool and Gauge se website en laai hull ontwerp folio af. Sal jou baie help!!
So bv pas n Peregrine koeel nie in alle gewere se freebore in nie. Dis n dikker koeel ( op die 6.5 gemeet ) as bv n Berger.

Jou TPL is belangrik maar werk eerder op jou BTO lengte in die beplanning van jopu ontwerp
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: .25 Dubula
Terloops. die 7mm waarmee ek Bisley skiet is n wildcat basseer op die RSAUM. Toe ek daardie roete gegaan het was die 7 SS nie beskikbaar nie. Die ontwerp en die 7SS ia baie naby aan mekaar. Sou ekl bewus gewees het van die &SS op daardie tystip sou ek die 7SS gedoen het en die nie wildcat nie.
Die ontwerp gee selfde spoed met die 184 Berger met 7tot 10 grein minder kruit en looplewe is amper dubbel.
Die ontwerp gee selfde spoed met die 184 Berger met 7tot 10 grein minder kruit en looplewe is amper dubbel.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Die idee is om nog 'n .25 te ontwerp - wat NIE op die gewone gebruik van die 308 familie patrone gebaseer is nieStel jou idee agter die kaliber deur die volgende inligting te gee:
1. Xxxgr. 25kal koele teen xxxfps
2. Xxxmm TPL
3. Xxxmm verlangde loop lengte
4. Boltface mm
5. Xxx grade skouer en rede daarvoor
6. Voog dop opsies en rede daarvoor
7. Jou beoogde gebruik vir die geweer (jag, kompitisie,..
Dus gebruil ek as voog dop die 6.5x55mm
DIe dop is vir my doeleindes heel gepas
Soos ek al van melding gemaak het - is baie van die punte hier bo nie vir my belangrik nie - net solank die nuwe patroon ordentlik skiet en is veilig
Max TPL is 'n funksie van die aksie - moet volgenms daardie gegewe mate werk
Loop lengte is nie eitnlik te sprake met net die ontwerp van die dop nie - maar ek verkies 26 dium
Boltface - volgens wat alreeds gebruik word in die HOWA 6.5 Swede geweer
My derde hersiening grade skouer sit op 30 / 60 .. al die nuwe PRC patrone
Voog dop .. 6.5 x 55 Swede - kan maklik verkort word en sal kan verander word sonder baie moeite
Gebruik .. jag en nie formele teiken skiet
.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Sal nou anderste om antwoordApie wrote: Thu May 16, 2024 8:41 am Ek dink as jy die boot wil roei
Hoekom nie ‘n 7mm 08 AI afnek na .25 toe nie.
Dan het jy maklike ‘donor’ brass
40grade skouer met min taper.
Maks dop volume op daai lengte dop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
My 25 Dubula kan ek die nek groter maak om by 7mm te kom
7mm Dubula ...
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Dankie baie goeie raadFrikkie Coetzee wrote: Thu May 16, 2024 10:47 am Om n nuwe kaliber te ontwerp is een ding, maar die basies ontwerp soos hierbo gedoen is net die begin. Om die reamer sketse te doen is n heel ander saak. Daar is verskeie kritiese dimensies wat baie meer belanrik is. Die radii van jou hoeke, die lengte van jou nek, die hoek van jou dop oor sy lengte ( selfs n Akley het n "taper".), die base to ogive lengte van jou koeel wat jy wil skiet, die ontwerp van jou keel ( freebore en vorentoe). Diew dimensies van jou freebore gedeelte is baie belangrib beide in lengte en deursnee.Dit gaan bepaal watter koeel jy gaan kan skiet en hoe jou druk kurwe lyk eerder as jou dop se onwerp (binne perke natuurlik).
Die ontwerp van die keel is 'n heel ander towery
Chamber print word vir my deur die reamer maker gedoen -( Dave Manson Reamers ) hulle is die kenners met al die vaardigheid
JupFrikkie Coetzee wrote: Thu May 16, 2024 10:47 am Ek stel voor begin by die HOEKOM vraag? Jou ontwerp maak jy dan om by jou behoefte te pas. Kyk na volgende as riglyn:
Langer loop lewe
Meer spoed
swaarder of ligter koeel te skiet
makliker voer (magasyn enkelskoot)
Moet nie n ontwerp doen as jy nie weet presies wat jou beplande koeel se BTO lengte is nie (gelukkig maklik beskikbaar) en wat jou koeel se presiese diameter tot die 4de desimaal is nie.
As mens versigitg kies en jy jou TPL kan reg werk en die keel reg gesny is , dan kan jy verskillende koels op nastenby die selfde BTO laat laai
Mens moet eers kruip voor jy kampion geweer kan laat maak
Moet iewers begin
Frikkie Coetzee wrote: Thu May 16, 2024 10:47 am Moet nie onmoedig word nie, maar deurdink dit goed. My raad is moet nie die wiel oor ontwerp nie! As jy n 25 Kaliber koel wil skiet en daar is rteeds n ontwerp wat alles doen wat jy wil doen, bly by die ontwerp. As jy iets spesiaal vir jou self wil doen, welcome to the dark side!!!!
(PS gaan op Pacific tool and Gauge se website en laai hull ontwerp folio af. Sal jou baie help!!
So bv pas n Peregrine koeel nie in alle gewere se freebore in nie. Dis n dikker koeel ( op die 6.5 gemeet ) as bv n Berger.
-
Manton
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Sun May 05, 2024 11:35 am
Re: .25 Dubula
Derde wysiging
Hierdie een ontwerp bietjie meer snelheid as die vorige een
Dop kapasitiet 48gr - presies op die merk
.
. .
.
Dis ontwerp deur gebruik van QuickDESIGN
Die dimensies is nie - duimsuig nie - dis akkuraat
Reamer vervaardiger kan van die besonderhede reamer laat sny
.
Die - keel towery moet nog bygesit word