Ou kluis - nuwe lewe

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8001
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Ou kluis - nuwe lewe

Post by Arnold »

Soos alles het kluise ook maar duur geword, so tweedehands kan mens goeie kopies optel.
Ek is stadig besig om my kluise te vervang en was die naweek besig met bietjie hande arbeid.

Dit het gelyk of seewater op die kluis geloop het en hy binne in dit gestaan het. Taamlik geroes buite en op sy vloer maar anders in 'n geoeie kondisie.
Image
Image

Ek het besluit die rakke moet uit om plek te maak vir gewere en veral ook die langer lope. 'n 4lbs hammer en grinder het die proses bespoedig. Kluis is toe afgeskuur en die roes behandel.
Image

Hierna is hy weer met Hammerite geverf.
Image

Hulle pas mooi, maar daar kort dalk ietsie pienk om die vaal te breek :)
Image

Ek krap toe in die kas en sien so paar blikkies spuitverf waarna ek besluit om iets anders te probeer met die deur nadat hy ook reeds ge-hammerite was. Roep toe my dogter dat sy vir pappa kom help verf ;D
Image

Basis laag khaki/sand, toe blare gepak en groen gespuit. Na dit droog was het ons die blare geskuif en 'n laag grys gespuit. Dit het toe baie mooi uitgekom en beter as waarvoor ek gehoop het.
Image

Ek sal nou dievolgende een ook hierdie spesiale behandeling moet gee.
Image
Last edited by Arnold on Tue Apr 30, 2024 8:05 am, edited 1 time in total.
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Ou kluis - nuwe lewe

Post by Jaco Bezuidenhout »

Baie netjies Arnold
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Ou kluis - nuwe lewe

Post by Hansieslim »

Wow. Ek hou baaaaie van daai verftegniek. Wel gedaan.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Ou kluis - nuwe lewe

Post by Kaalvoetthysie »

Spoggerig, slim idee


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply