Soos van julle weet,het ek blesbok jagte geadverteer. So gebeur dit dat ek begin jagte boek en dinge hardloop toe vinniger as wat ek verwag het.
Donderdag oggend bel Rickus my oudste seun my en vra...., ek het een van ons verskaffers in sa en ek wil hom iets laat doen om dit persoonlik te maak . Het pappa dalk n kans om hom die naweek uit te vat om n bok te skiet.. nou vir n jagter "i will kill a bul" ,maar vir my kinders "i will ride a porcupine kaalgat" ..
Vrydag oggend tussen n stroper met groeipyne en n trekker met n probleem op sy vooras moet ek tyd maak om die silwer trokkie te omskep in n jag trokkie. Dit gaan toe darm vinniger met die hulp van vragstraps.
Nadat ons vrydag aand ontmoet by die gastehuis en ek , rickus ,adam en collen lekker kuier en die kanadees die lekkerste steaks braai. Vind ek uit dis die tweede keer in sy lewe wat hy gaan jag..
Dit maak die jag vir my nogals intens want ek weet die jag kan maak dat daar nog een meer jagter is of andersins dat hy almal gaan ontmoedig om te jag.
Saterdag oggend vroeg is ek op sy case. Ons gaan mos eers skietbaan toe. Eerste skoot met adam se 6mm skiet die maat die teiken mis. Die 2de skoot gaan bietjie beter ,maar daar is nie n kans dat hy so sal kan gaan jag nie. Gee hom toe nog n skoot en hy haal darem weer die tyken.
Soos gewoonlik is baba swartvark in die trokkie en al het ek net 6 besige bytjies in die ammo kissie vra ek of hy my roer wil probeer. Die knaldemper en haarveer sneller hou hy toe van en soos hy sê,"letus give it a go"". Eerste skoot op die kol!! 2de skoot ook daar. Ek besluit om die kans te vat en veld toe te gaan.
Wat n pragtige windstil oggend om te jag. Die bokke is dik rustig en sommer vinnige het ek hulle ritme en so begin ons na n gepaste kandidaat soek.
Die man sot en kyk deur die teleskoop en sê hy sien n kruppel bok. Ek sê ek het gesien , hulle het seker maar baklei.
En net daar ruk n kanadees die mat onder my voete uit.hy dring daarop aan dat hy daardie ram wil skiet.ek sê daar is groter bokke. Maar hy hou voet by stuk en reken dis sy plig om daardie ram te skiet. Ek sê ek sal na die jag gaan kyk en hy wil niks weet nie. Hy wil daardie ram skiet. Die bokke is rustig en staan op so 150 m. Hy lê aan en na n ewigheig klap die skoot. Uit die hoek van my oog sien ek hou hy die roer ruk. Heel mis!!!
Ons gesels en ek verduidelik en die man luister ,ek twyfel oor my besluit en wens dat ek meet ammo gehad het vir nog tyd op die skietbaan. Ek wwet van beter maar sê vir rickus om die bokke te volg met die trokkie. Ek hoop die bokke het te groot geskrik sodat ek kans kan kry om iets op te dis om hierdie man te gaan gereed maak op die skietbaan. Maar jagtersgeluk wys my n toffie en die bokke staan rustig en kopskut. Die ran staan op so 100m plankdwars en kyk vir die res van die trop. Collin sê dat hy rustig voel en vra of hy maar kan skiet. Ek stem in en die man lê aan. Ek sien hy maak sy oë toe en die geweerloop raak stil. Dit lyk en voel of tyd gaan staan het.. niks of niemand beweeg nie. Hy maak sy oë oop en voor ek behoorlik vir die ram kyk klap die skoot. Daardie onmiskenbare "doep" hang in die lug. Die ram rek sy lyf op die wegspring maar na n tree of wat lyk dit of hy wil opstyg maar hy slaan reg agteroor.. een van die mooiste hart skote ooit.
Wow wat n seën. N jagter met baie groot respek vir die natuur. N jagter wat as mens groter is as wat hyself ooit sal weet. Iemand wat die skepping van ons Skepper eerste stel wow en wow. 40kg karkas nogals en daarby..
Dankie Vader,
Rickus ,adam en collin. Julle soort maak my n trotse jagter.
Sent from my itel L6006F using Tapatalk
Jagters refleksie #1
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Jagters refleksie #1
Dankie vir die deel.. dit is 'n lekkerlees en goedvoel jagstorie
-
partner
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Jagters refleksie #1
Dankies vir die Jagstorie. Bly alles het goed verloop.
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Jagters refleksie #1
Dis nou ware jagetiek!
Well done you Canadian Bugger!
Well done you Canadian Bugger!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Jagters refleksie #1
Ek hou van die man al het ek hom nog nooit gesien nie. Kruppel bokke vrek later, gewoonlik gepaardgaande met pyn en lyding. Ek het ook so ding in my wat een wil verlig as ek hom sien.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Jagters refleksie #1
Lekker!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

