Aanlyn Jagpakket veiling NG Kerk Britstown

Have some thing for sale, trade or looking to buy? No commercial ads allowed!
Post Reply
User avatar
Karoo-jagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri May 06, 2016 8:30 am

Aanlyn Jagpakket veiling NG Kerk Britstown

Post by Karoo-jagter »

Goeiedag mede lede

NG Kerk Britstown hou 'n aanlyn/ whats app veiling vir 'n baie lekker jagpakket in die mooie Karoo.

Die pakket sluit in : 3 Gemsbokke , 12 Springbokke, 3 Slaglammers, 3 nagte se verblyf asook die dagfooie vir die jag.

Die fondse gaan alles vir die kerk se restourasiefonds.

Ek sit die advertensie by waarop meer inligting en kontak nommers is vir navrae en registrasie van die veiling.

Julle kan my ook kontak indien julle vashaak.

Nul82 drie88 618vyf

Groete Image

Sent from my SM-S911B using Tapatalk

User avatar
Karoo-jagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri May 06, 2016 8:30 am

Re: Aanlyn Jagpakket veiling NG Kerk Britstown

Post by Karoo-jagter »

Hier is die link vir die veiling groep:

https://chat.whatsapp.com/Hb6ySS0vCLP2sXUFc0EWeP


Groete

Sent from my SM-S911B using Tapatalk

User avatar
Karoo-jagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri May 06, 2016 8:30 am

Re: Aanlyn Jagpakket veiling NG Kerk Britstown

Post by Karoo-jagter »

*_Die Prosedure van WhatsApp Veiling 26 April 2024:_*

*1. REGISTRASIE VAN NUWE KOPERS:*
Voornemende kopers moet registreer om 'n bie nommer te verkry.
Registrasie vereis 'n foto van die koper se ID en bewys van woonadres wat per WhatsApp-boodskap na nul agt4 290 7vyf76 gestuur kan word.

*2. OPENING:*
VEILING OPEN OM 14:00 (2 nm).

*3. SLUITING:*
Geen nuwe kopers sal toegelaat word om na 20:00 vir die eerste keer te bied nie.
Kopers wat wel na 20:00 mag bie, kry 20 minute ekstra.

Indien daar geen nuwe aanbiedinge ontvang word binne die gegewe 20 minute na 20:00 nie, sal die veiling om 20:20 sluit.
Indien daar wel aktiewe bieërs teen 20:20 is, kan die afslaer besluit om die veiling vir 'n verlengde tyd voort te sit.
Die tyd vir die verlenging sal in die groep aangedui word.
*DAAR IS NIE ‘N RIGIEDE STOP NIE. DIE VEILING LOOP TOT DIE LAASTE MAN/VROU STAAN.*
*_BAIE BELANGRIK DAT ELKE VOORNEMENDE KOPER DIE VEILING BYWOON EN SEKER MAAK ‘N ANDER KOPER OORVAL JOU NIE OP DIE NIPPERTJIE NIE._*

*4. HOE MAAK EK 'N AANBOD?*
Nadat die afslaer die groep geopen het, kan kopers begin bie met die openingsbedrag soos aangedui in die advertensie.
*Voorbeeld:*
"R5000 823".
'n Volgende persoon wat die bedrag wil verhoog, kan die verhoogde aanbod aan die groep stuur:
"R5500 224".

*Die Lot word toegestaan aan die laaste voornemende koper met die hoogste bedrag gebie.*

*5. BETALING:*
Die besonderhede vir die inbetaling sal na die veiling aan die koper bekend gemaak word.

*6. DONASIE:*
Lot 2 sal dien vir donasies.
Dit staan skenkers vry om tydens die veiling 'n bedrag as 'n donasie aan te bied en sodoende 'n uitdaging aan vriende te rig om die bedrag te verhoog. Elke bedrag word gesien as 'n donasie, van die eerste tot die laaste.
Anonieme donasies is ook welkom.

Sent from my SM-S911B using Tapatalk

Post Reply