Sal laaik die die groot kanone bietjie help.
Zeiss victory diavaria 6=22=56
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Zeiss victory diavaria 6=22=56
Graag sal ek nou wil weet is dit tans die beste op ons plaaslike mark.
Sal laaik die die groot kanone bietjie help.
Sal laaik die die groot kanone bietjie help.
Knou die gediertes AF.
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Chris101
Solank dit neti n conqeust is ni
Solank dit neti n conqeust is ni
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
ChrisChris101 wrote: Graag sal ek nou wil weet is dit tans die beste op ons plaaslike mark.
Sal laaik die die groot kanone bietjie help.![]()
Ek het die 6-24 x 56. Ek het nog nie beter gehad of gesien nie - Hy is so goed dat jy 'n tyd gaan vat om hom gewoond te raak! Passop vir paralaks op die groter vergrotings en vir mirage as jy lope warm skiet. Jy gaan goed met hom sien wat jy nie deur sommer enige scope sal sien nie. My beskeie opinie, maar moet bys? dat daar 'n hele paar scopes is wat ek nog nie probeer het nie. Ek het ook nie die behoefte om enige iets anders op die stadium te probeer nie, behalwe miskien daai oukie met die ingeboude range finder. Nou gaan jy hoor hoe verskil die manne.
As jy meer redes/verskonings wil h? om hom te koop, vra maar, ek sal jou genoegsaam voorsien.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Dankie Louise
Gee die redes dat ek myself kan oortuig.
Op watter vergroting gebruik jy hom in die nag op jakkies.
Is sy field of view groot genoeg
Gee die redes dat ek myself kan oortuig.
Op watter vergroting gebruik jy hom in die nag op jakkies.
Is sy field of view groot genoeg
Knou die gediertes AF.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
ChrisChris101 wrote: ...Dankie Louise...
Die eerste ding wat jy mooi moet verstaan is dat hierdie 'n scope vir die manne is! (My naam word sonder die E op die einde gespel.)
Die tweede ding wat jy moet weet is dat jakkalsjag nie vir my 'n stokperdjie of slegs 'n afleiding is nie. Dit is 'n onmisbare deel van my boerdery - as ek hier waar ek boer, wil oorleef.
Die vraag oor vergroting is 'n uitstekende en belangrike een. Ek het so tyd gelede 'n meningspeiling hieroor op die forum oopgemaak, juis omdat ek gewonder het. Jy kan daar sien wat s? die manne wat weet. Vir jakkalsroep dink ek 'n 8/9 vergroting is meer as genoeg met hierdie scope. Ek wil amper s? dit is gelykstaande aan 'n groter vergroting by sommige van die scopes waarmee die manne op die forum so spog. Ek kan my nie indink dat daar beter optics beskikbaar is nie. Jy sal verstaan as jy in die nag deur hom kyk. Ek hoef ook nog nooit rond te gesoek het na die oog wat ek opgetel het nie, so die field of view is meer as genoeg. Ek het dit egter nog nie probeer meet nie.
So, my gevoel is dat ek meer akkuraat op die kleiner verstellings is as op die groteres. Ek het 'n hele paar springbokke in die nag geoes en tydens die proses so bietjie rondgespeel met vergrotings. Die twaalf vergroting is so ongelooflik helder en bring die bok so naby dat ek dink 'n man konsentrasie verlooren glad nie afstand kan skat nie.
Jy het daarvoor gevra, so hier kom dit:
In Mei/Junie maand sit ek een van daai nagte wat alles nat raak en alles toewasem op my skietstoel in die veld. Gewoonlik gaan ek sulke tyd huis toe, maar die opgewondenheid oor die nuwe scope het my daardie nag buite gehou. Alles was later nat en toegewasem, behalwe die Diavari. Ek kon dit nie glo nie! Ek het met die lensdoek gevee net om seker te maak - nie 'n teken van vogtigheid nie. Ongelooflik. Hoeveel scopes is daar wat sulke opwasem kan hanteer weet ek nie.
So klompie aande terug is dit ook nogal koud. Nou ek begin seker nou oud raak, alhoewel ek dit nie sommer wil erken nie, en het sulke dun handskoentjies wat die drawwers gebruik om hulle hande warm te hou. Dis amper die selfde materiaal as sykouse, 'n bietjie dikker sou ek reken. Die dun hanskoentjies is nou sodat ek nog steeds die roeper se remote-knoppies behoorlik kan voel en druk sonder om nou eers handskoen uit te trek. Die moeilikheid van die handskoentjies is dat hulle bitter glad is as 'n man wil vasvat. Toe ek by die huis kom en die geweer optel aan die loop, glip daai loop en Diavari val 'n ma se hou, seker 'n meter en 'n half van die bakkie af. Daar sit nou nog 'n nerfaf merk op sy paralaks verstelling knop. Ek kon die nag nie slaap nie - siek van bekommernis. Die volgende oggend, eerste ding is ek na my skietbaan toe. Na twintig skote om seker te maak verstel ek toe nie 'n enkele kliek nie. Ek het met 'n hele paar scopes in my lewe te doen gehad, maar een wat so 'n val kan hanteer, nog nie.
Nou die dag oppad om te roep besluit ek dat ek 'n sprinbok pens nodig het vir my plan. Ek doen dit soms waar ons vroe?r geoes het. Ek hang dan die springbok aan die bakkie en die pens / of 'n gedeelte daarvan aan die hak sodat dit plek plek die grassies in die middelmannetjie raak sodra ek die kamp waar ek roep, binne ry. Menige dom jakkals het al so sy agterw?reld gesien. In elk geval ek is toe haastig want ek wou op my staanplek kom voor ek hoef ligte aan te sit - sien ek 'n bok - bykans 350m op die gps gemeet. Ek besluit toe om die kolletjies op die recticle te toets soos voorheen op die skietbaan beproef. Skiet toe die ooi en na so 'n draaitjie wat sy gehardloop het slaan sy dood neer. Daar gekom sien ek dat daai dots waarmee jy afstand skat en kan afmik uitstekend werk. Dit kos egter 'n paar uur se oefening en 'n hele klomp oefenrondtes om dit mooi uit te figure op die skietbaan. En ja, ek het daardie nag 'n jakkalsteef geskiet wat reg op my bakkie spoor ingekom het - kon seker die klankie nie weerstaan nie.
Nou die aand tel ek 'n oog baie ver op en vermoed onraad. Die oog hou hom skelm en ek stel op na 24 vergroting. Toe ek die paralaks so bietjie draai sien ek dis 'n maanhaar jakkals en die afstand op my paralaks verstelling staan op 500m. Ek het dit nie loop afmeet nie, maar ek is seker die afstand sou nie v?r uit gewees het nie. Met 'n ander scope sou my aandag vir 'n lang tyd afgelei gewees het en sou ek moontlik 'n jakkalsteef wat uit 'n ander rigting gekom het gemis het.
In my boek kan ek net een jakkals skiet wat ek andersins sou gemis het en die Diavari het hom self betaal. Maar dan is dit maar net hoe ek daaroor dink en is dit sekerlik nie die gewildste van menings nie. Ek lees hier op die forum van 'n ander maak wat baie gewild is en goeie waarde vir geld is, maar volgens my is goeie waarde vir geld 'n relatiewe begrip. Wat ek beskou as goeie waarde vir geld het ek nie in daardie maak gevind nie. Laat elkeen egter maak soos hy goeddink.
Hoop dit help met jou besluit.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Baas Louis
Baie dankie vir die informasie oor die teleskoop. Ek beloer ook so model, en nou stel oom my alweer in die versoeking.
Wat is die presiese model op die teleskoop. Het hy die Rapid Z7 reticle op? Daar's 'n klomp modelle beskikbaar oorsee sien ek.
Baie Groete
Ja3
ps. hoop nie oom is vir my kwaad oor my ligsinnige uitlatings op ander posts nie...
Baie dankie vir die informasie oor die teleskoop. Ek beloer ook so model, en nou stel oom my alweer in die versoeking.
Wat is die presiese model op die teleskoop. Het hy die Rapid Z7 reticle op? Daar's 'n klomp modelle beskikbaar oorsee sien ek.
Baie Groete
Ja3
ps. hoop nie oom is vir my kwaad oor my ligsinnige uitlatings op ander posts nie...
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Nee wat Ja3, Oom Takoeza s? altyd dat jy bereid moet wees om die houe te vat, meer as wat jy bereid is om uit te deel. Vir manne so jy wat kan skiet is skoot plasing mos 'n belangrike ding. G'n wonder jy wonder oor die plasing van 'n sekere hand nie! (as dit is wat jy bedoel?)Ja3 wrote: ...ps. hoop nie oom is vir my kwaad oor my ligsinnige uitlatings op ander posts nie...
T.o.v. die teleskoop: Goeie kwaliteit was vir my nog altyd die moeite werd. As ek egter groeperings skiet soos jy, sou ek twee keer dink. Beter kan 'n man mos beswaarlik? Waarvoor wil jy die Diavari aanwend?
Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
if you can't see it you can't shoor it.......bottom line..
koop eers vir jou n scope en kry dan die geweer wat daarby pas.....en moet nie suinig wees as dit by optics kom nie,,,,,dis die deel van jou geweer wat jy die meeste gebruik....behalwe die kolf natuurlik...

Shoot straight and tell the truth!
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Oom Louis
Ek is darem bly ek is nie iemand wat sulke e's bylas nie. Oom vat hoeka sulke laaang skote met daai victory..
Het al 'n geruime tyd my linkeroog op ene. Kyk al uit vir iets op die 308NM.
Miskien gradeer ek die Leupold 6.5-20x56vx-L af na die Norma, en sit so een op die 243. Of is dit alweer die jukkery?
Die vx-L is mooi in die nag, maar ek dink nie so goed soos die victory nie.
Nou lok my bietjie verder uit met daai modelnommer asb?... en vra vir oom takoeza om daai dolosse te gooi..

Last edited by Ja3 on Wed Aug 05, 2009 10:22 pm, edited 1 time in total.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Ja3Ja3 wrote: ... en vra vir oom takoeza om daai dolosse te gooi...
Oom Takoeza reken jy het baie goedkoop weg gekom met die nuwe bakkie, jy kan jou net sowel trakteer met 'n ordentelike scope. Watter een, bly jou keuse, maar hy sal voorstel dat jy hierdie keer by die bekende staatmaker handelsmerke bly. Aan die ander kant reken hy dat iemand wat soos jy kan skiet, sommer met 'n oop visier ook suksesvol sal wees.
Wat moet ek meer s? oor die Zeiss Diavari Victory 6-24 x 56 (Made in Germany) ? Ek kan aan 'n paar swakker keuses dink, maar weet nie van beter nommers nie. Miskien daai een met die ingeboude range finder?
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Ek wil nou nie n spanner in speek gooi nie maar eeeeendag as ek daai tipe geld op n teleskoop sou spandeer sou ek die Nightforce 5.5-22x56NXS koop met die nuwe Velocity of die NP-R reticle.
Jadri,
ek het n kontak vir lekker growwe staalborsels
Maar ja, daai 308NM sal nie lekker skiet met n Yskor teleskoop nie.
Jadri,
ek het n kontak vir lekker growwe staalborsels
Maar ja, daai 308NM sal nie lekker skiet met n Yskor teleskoop nie.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
[align=center]Hier gaat ons alweer![/align]
Waar is Mnre Swarofski, Leupoldt en Scmidt & Bender dan?
Waar is Mnre Swarofski, Leupoldt en Scmidt & Bender dan?
Last edited by Louis102 on Wed Aug 05, 2009 5:51 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Oom Takoeza en maatjies
Ek het so 2 weke terug uiteindelik my lisensie gekry vir my FN (R1) en baie opgewonde met hom 'n (hele) paar skote gaan skiet. Eers op papier en toe na gonge, wat 'n "disaster"
. Wanneer laas het iemand wat gewoond is aan 'n scope met oop visiere ( army style ) geskiet.
Ons is lekkerrrrrr bederf met die scope skietery.
Christo
Ek het so 2 weke terug uiteindelik my lisensie gekry vir my FN (R1) en baie opgewonde met hom 'n (hele) paar skote gaan skiet. Eers op papier en toe na gonge, wat 'n "disaster"
Ons is lekkerrrrrr bederf met die scope skietery.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Louis,
Groete,
Graham
Ongelukkig in my boek sal ek n' ekstra 60 - 70 jakkalse moet skiet wat ek andersins nie sou geskiet het nie om daai scope te koop.In my boek kan ek net een jakkals skiet wat ek andersins sou gemis het en die Diavari het hom self betaal.
Groete,
Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Sal graag so oukie onder o? wil kry. Het iemand al met hom so bietjie gespeel in die nag?
Skerpioen
Skerpioen
Louis102 wrote:
Wat moet ek meer s? oor die Zeiss Diavari Victory 6-24 x 56 (Made in Germany) ? Ek kan aan 'n paar swakker keuses dink, maar weet nie van beter nommers nie. Miskien daai een met die ingeboude range finder?
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Wat moet ek meer s? oor die Zeiss Diavari Victory 6-24 x 56 (Made in Germany) ? Ek kan aan 'n paar swakker keuses dink, maar weet nie van beter nommers nie. Miskien daai een met die ingeboude range finder?
MOOI LEES WAT OOM LEE HIER SE, HY SE "MAAR WEET NIE VAN BETER NOMMERS NIE" HY SE NIE DAAR IS NIE BETER NIE, HY SE HY WEET NIE VAN BETER NOMMERS NIE....

DIE MET DIE INGEBOUDE RANGEFINDERS IS GREAT MAAR HULLE RAAK BIKI GROOT.
EK DINK ONS MOET WEER BIKI KYK NA DIE BURRIS TELESKOOP....HET OG NIKS SLEGS VAN HOM GEHOOR NIE EN EK HOOR HY KYK N KOEK HOU JY SIEN DIE KLEUR VAN DIE BOSLUIS SE OOG WAT OP N JAKKALS SIT OP 300 METER IN DIE NAG, "AS DIE BOSLUIS NIE SLAAP NIE"
NEE MANNE EK VERNEEM HY IS NOGAL DEEGLIK EN DUIDELIK....
WIE HET ONDERVINDING VAN HOM IN DIE NAG , EK HET AL IN DIE DAG MET HULLE GESKIET MAAR NIE IN DIE NAG NIE...
MOOI LEES WAT OOM LEE HIER SE, HY SE "MAAR WEET NIE VAN BETER NOMMERS NIE" HY SE NIE DAAR IS NIE BETER NIE, HY SE HY WEET NIE VAN BETER NOMMERS NIE....
DIE MET DIE INGEBOUDE RANGEFINDERS IS GREAT MAAR HULLE RAAK BIKI GROOT.
EK DINK ONS MOET WEER BIKI KYK NA DIE BURRIS TELESKOOP....HET OG NIKS SLEGS VAN HOM GEHOOR NIE EN EK HOOR HY KYK N KOEK HOU JY SIEN DIE KLEUR VAN DIE BOSLUIS SE OOG WAT OP N JAKKALS SIT OP 300 METER IN DIE NAG, "AS DIE BOSLUIS NIE SLAAP NIE"
NEE MANNE EK VERNEEM HY IS NOGAL DEEGLIK EN DUIDELIK....
WIE HET ONDERVINDING VAN HOM IN DIE NAG , EK HET AL IN DIE DAG MET HULLE GESKIET MAAR NIE IN DIE NAG NIE...
Shoot straight and tell the truth!
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
'n Ou se opset moet natuurlik verander tov die lig op geweer. Lig sal dan seker stoel toe moet skuif.., of na die loop 
Ek het eers gedink die beligting binne in die teleskoop gaan 'n ou pla, maar mens identifiseer mos maar eerste, en dan range jy.
Ek wonder of daai boetie nie maar eerder bedoel is vir 'n dagskiet nie (sonder die voorvereiste van 'n lig).
Die manipulering van jou lig as hy op die geweer sit is so maklik..
Ek het eers gedink die beligting binne in die teleskoop gaan 'n ou pla, maar mens identifiseer mos maar eerste, en dan range jy.
Ek wonder of daai boetie nie maar eerder bedoel is vir 'n dagskiet nie (sonder die voorvereiste van 'n lig).
Die manipulering van jou lig as hy op die geweer sit is so maklik..
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Jacques,
Burris se 4-14x42 Fullfield II met Balistic Plex reticle is n baie lekker teleskoop. Ek het een op my 243 gebruik vir n paar jaar met dag en nag jag. Baie helder en goeie waarde vir jou geld. Ek het hom vervang met n Lynx 6-24x42 en ek mis hom gladnie. Die Lynx werk vir my net so goed en beter omdat ek daai ekstra vergroting het. Die duurder handersname het heel waarskynlik beter glas en en en...
Die prys was nog altyd my probleem op die Zeiss, Swarofski, Leupoldt en Scmidt & Bender's.
Mens koop mos maar soos dit jou sak pas.

JANJAK:
JYS REG . JY ONYHOU TOE EK VIR DR JACKAL GEVRA HET HOEKOM HY NIE MEER N_FORCE SKIET NIE, TOE ANTWOORD HY AS N DING JOU EENKEER GEDROP HET , VERLOOR HY VERTOUE IN DIE NAAM.
MY PROBLEEM IS NET HOE LANK GAAN DIE LYNX HOU, ONTHOU LYNX HET NIE N FABRIEK NIE, IS SLEGS N HANDELSNAAM, SO DIT IS OF N NAMAAKSEL VAN NANDER SCOPE OF N ANDER SCOPE WAT VERSTEEK WORD ONDER DIE LYNX NAAM OF IS EK WEER VERKEERD. TWEEDE PROBLEEM LYNX VERANDER SO GEREELD SY REEKSE..OK EK GEE TOE DIE ANDER GROOT NAME OOK, MAAR EK HET MY BEDENKINGE OOR VERAL DIE OUER LYNX SCOPES...DIE NUWE LX2 REEKS ENS IS GREAT BAIE GREAT ,MAAR VAN DIE OU LYNX SCOPES HOU GOED VIR DIE WAT NIE BAIE SKIET NIE....MAAR DAAI TWILIGHT ENS REEKSE BEHALWE NATUURLIK DIE 8x56 EK KAN NIE GLO DAAI IS DIESELFDE SCOPE AS SY BOETIES GEWEES NIE..AS MENS DEUR DIEKYK WAT BAIE GESKIET HET, LYK DIT SOOS PADKAARTE OP DIE LENSE MAAR HULLE SKIET NOG OP DIESELFDE PLEK..
DALK IS EK NET DIE BADLUCK OU WAT MET 3 LYNX SCOPES GESUKKEL HET EN NOU SKEPTIES IS....MAAR EK IS BEEINDRUK MET DIE LX2 GROOT OOMPIE WAT EK TANS OP MY 308 HET...EK IS NOU OP DIE STADIUM EK WORRIE NIE MEER OOR BRANDNAME NIE, AS DIE DING NET WERK , SY ZERO HOU EN EK DUIDELIK AKN SIEN IS HY N WENNER...\
Dlk moet iemand n paar scope neersit sonder name op en dan n klompie proffesionele manne kry en die goed beoordeel , dalk in boksies sit sodat jy net deur die lense kyk na n teiken en nie naam of karakteristieke sien nie, ek dink ons sal verbaas wees oor heo naby scopes aan mekaar is deesdae.....ek dink tegologie het so ontwikkel dat die scopes self baie nader aan mekaar is as wat die prys weerspieel......

Grahammac21 wrote: Ongelukkig in my boek sal ek n' ekstra 60 - 70 jakkalse moet skiet wat ek andersins nie sou geskiet het nie om daai scope te koop.
Ek verstaan 100% wat jy s?. Daarom het ek duidelik aan die begin ges? hoe my opset werk - ons situasies verskil. Jy is heeltemal reg, 'n jagter (wat kan) kan met 'n hele klomp ander scopes goed genoeg regkom. Daai Zeiss is bitterlik lekker en ek sal hom moeilik verruil, maar dis doodseker nie die alfa en die omega nie.
(Sal graag Janjak se Nightforce wil probeer - klink my hy dink dis 'n beter koop.
Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Ja3
Daai Leupold vxl wat jy op jou 243 het,is jy nog vrede met hom en hoe loop hy in di nag
Boeta
Daai Leupold vxl wat jy op jou 243 het,is jy nog vrede met hom en hoe loop hy in di nag
Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
OOM LEEU
Die een en grootste probleem met nightforce is sy field of view ---klein......
Ek het al 3 gehad en skiet nog met een en is tevrede baie tevrede , maar afhangend van jou recticle (myne het te veel goed binne---ek noem dit te besig aan die binnekant)
HULLE IS BETROUBAAR EN BAIE DUIDELIK. maar ook nie die ultimate nie... die ultimate moet nog kom.....volgens my...

Die een en grootste probleem met nightforce is sy field of view ---klein......
Ek het al 3 gehad en skiet nog met een en is tevrede baie tevrede , maar afhangend van jou recticle (myne het te veel goed binne---ek noem dit te besig aan die binnekant)
HULLE IS BETROUBAAR EN BAIE DUIDELIK. maar ook nie die ultimate nie... die ultimate moet nog kom.....volgens my...
Shoot straight and tell the truth!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
JakesJACQUES wrote: ... JY ONYHOU TOE EK VIR DR JACKAL GEVRA HET HOEKOM HY NIE MEER N_FORCE SKIET NIE, TOE ANTWOORD HY AS N DING JOU EENKEER GEDROP HET , VERLOOR HY VERTOUE IN DIE NAAM...
Presies die rede hoekom ek glad nie na Nightforce gekyk het nie. My enigste ondervinding van Nightforce was om deur een te kyk wat 'n jagter hier by my aangebring het. Dit het my egter nie genoeg beindruk, dat ek hom bo my Schmidt & Bender sou verkies nie.
Hierdie is slegs my eerlike subjektiewe eie opinie: Ek het drie verskillende Lynx Teleskope en sal nie een van hulle in die selfde asem noem as my S&B en my Zeiss nie. Volgens my beskeie opinie val hulle nie in die selfde klas nie. Ek het 'n Lynx al aan iemand aanbeveel wat so af en toe 'n koedoe skiet, maar dit was net oor prys - niks anders nie.
Groete
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Boetaboeta wrote: Daai Leupold vxl wat jy op jou 243 het,is jy nog vrede met hom en hoe loop hy in di nag![]()
Jy hoor mos Ja3 oorweeg nou om bietjie kwaliteit op daai 243 te kry! Hoekom sou hy dit oorweeg as die Leupoldt goed genoeg was?
Groete
Louis
(Ek weet darem dat Jakkie735 by sy Leupoldt staan en val)
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
boeta
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm
Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56
Louis
Wil ma hoor wat hy se,want,ek het nou ook vi my so een gekoop,is nog oppad.
Wat kos daai Zeiss ???Het al voorheen met die Zeiss gesukel maar dit was ni n Diavari nie.
Myne het 8400 Nam Dollars gekos,in Windhoek le hy vi 22 000 en in safari and outdoor vi 15 000