Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by win270 »

Goeiemore vriende,

Hoop daar is paar van julle wat goeie advies kan gee asb. Ons beplan om vanaf Johannesburg na Tulbagh (Wes-Kaap) toe te ry gedurende Junie. Om stuk van N1 uit te sny en ander omgewing te sien, wil ons vanaf Richmond (Noord-Kaap) afdraai vanaf N1 en via Victoria-Wes verder Tulbagh toe ry - sien roete via die link hieronder.

Vraag: Het iemand kennis van daardie hele roete se padoppervlakte? Is dit die moeite werd om dit te ry met gewone ligte SUV motor, Corolla Cross? Is die padoppervlakte goed en heelpad teerpad? Is daar dalk ander probleme op daardie pad waarvan mens bewus moet wees?

Hier is die roete:

https://www.google.co.za/maps/dir/Richm ... ?entry=ttu
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Lamtjop »

Heelpad teerpad geen probleme daar nie
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by win270 »

Dankie, Lamtjop. Ry jy gereeld daardie pad? Dra dit heelwat verkeer of is dit stillerig?
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Lamtjop »

Jy gaan min verkeer kry op daardie stuk pad.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by win270 »

Lamtjop, ek’t ook navraag gedoen by Tulbagh se toerisme-kantoor. Hulle praat van grondpad ook. Is hulle dus deurmekaar? Lees hul antwoord hieronder:

Vanaf Victoria –Wes is dit teerpad ( R 63 ) tot by Loxton ( 81,9 km ) . Net buite Loxton draai regs af op R356 ). Daarvandaan is dit grondpad tot by Fraserburg ( R356 ) .
Vanaf Fraserburg ( R356 ) na Sutherland ( 108,6 km ) . Hierdie is ook grondpad. In Sutherland draai links by Piet Retiefstraat ( R 354 ).Vanaf Sutherland ry aan tot by R356 , draai links . Hiervandaan is dit 146,9 km tot by Karoopoort. By T – aansluiting draai links ( R355 ).Vanaf hierdie punt is dit klompie kilometers grondpad. Sluit aan by teerpad na Ceres R 46 )
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Hercules Louw »

Ek het pas n deel van die roete gery. Vanaf Loxton tot Sutherland is dit grondpad. Die grondpad was goed, maar dit was n dag voor die reënstorms. Jy sal gemiddeld so 70-80kmpu met die Cross op met die grondpad kan ry. Die Dorpies Victoria-Wes, Loxton en Sutherland is pragtig en skoon. Die teerpad tot Victoria Wes was ook perfek en doodstil.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Hercules Louw »

Die foto hieronder is iewers tussen Frazerburg en Sutherland geneem.
IMG-20240408-WA0026.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Lategan1 »

Win, gebruik jou google tussen die onderskeie dorpe, van dorp tot dorp, op jou roete, kry jy beter en goeie antwoorde.

Slegs 1 teerpad na Sutherland, dit is vanaf N1.
Vanaf Sutherland via Tankwa- Ceres Karoo tot by Karoopoort voor Ceres is grondpad. Hierdie pad is ‘n buiteband versamelaar!

Jou beplande roete is wel mooi, maar groot dele se risiko hoog. Ekstra spaar band is ‘n vereiste.

Indien roete onlangs geteer, sal dit nuus wees!

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sun Apr 14, 2024 7:12 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Lategan1 »

Hercules Louw wrote: Sun Apr 14, 2024 5:41 pm Ek het pas n deel van die roete gery. Vanaf Loxton tot Sutherland is dit grondpad. Die grondpad was goed, maar dit was n dag voor die reënstorms. Jy sal gemiddeld so 70-80kmpu met die Cross op met die grondpad kan ry. Die Dorpies Victoria-Wes, Loxton en Sutherland is pragtig en skoon. Die teerpad tot Victoria Wes was ook perfek en doodstil.
Heel belangrikste!

“Jy sal gemiddeld so 70-80kmpu met die Cross op met die grondpad kan ry.”

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Lamtjop »

270 as ek op jou link klik in jou openings rede wys dit jy draai by Skietkuil af van N1 rigting Vic Wes en van Vic Wes op N12 totdat jy weer by N1 aansluit by Drie Susters. Dit is als teerpad. Die pad soos julle nou praat is grondpad van Loxton tot Sutherland en dan sal n papwiel altyd n moontlikheid wees. Dit is google link wat misverstand veroorsaak het.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by win270 »

Baie dankie vir jul advies. Lyk my die papwiel-risiko gaan my maar weer laat dink.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Jassie »

Win ek sien jy's in Randburg. Hoekom ry jy nie oor Kimberley, Britstown, Vosburg, Carnarvon en Williston na Calvinia toe nie. Dan deur die Olifantsriviervallei tot in Tulbagh. Dis 'n entjie verder, maar alles is geteer.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by win270 »

Dankie, Jassie. Ek sal dit ook oorweeg. Met ligte SUV soos Corolla Cross wil mens maar op die beter padoppervlaktes probeer hou.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Lategan1 »

Jassie wrote: Mon Apr 15, 2024 6:03 am Win ek sien jy's in Randburg. Hoekom ry jy nie oor Kimberley, Britstown, Vosburg, Carnarvon en Williston na Calvinia toe nie. Dan deur die Olifantsriviervallei tot in Tulbagh. Dis 'n entjie verder, maar alles is geteer.
Dit is wat ek ook sou doen. Mooi en nuwe teerpad vanaf Britstown in Westelike rigting. Mooi oorslaapdorpe. Nieuwoudville baie te sien.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Willie »

As jy wel die grond paaie aan durf na Sutherland moet jy net nie die Williston na Sutherland pad probeer nie. Daai pad was bitter sleg einde verlede jaar. En soos reeds genoem. Maak maar seker dat jy tens minste 2 noodwiele het as jy die Tangwa na Ceres oorweeg. Jy gaan dit baie waarskynlik nodig he.
Ek sekondeer Jassie se voorstel
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by Ockert1992 »

win270 wrote: Mon Apr 15, 2024 7:04 am Dankie, Jassie. Ek sal dit ook oorweeg. Met ligte SUV soos Corolla Cross wil mens maar op die beter padoppervlaktes probeer hou.
Môre julle,

Met die laat somer reën wat Sutherland/Williston areas die laaste maand gehad het moet mens maar goed seker maak. oor die paaie.

Ek het 2 weke terug die Sutherland/Williston en Tankwa karoo pad gery. Al twee was toe in "orite" toestande, maar mens moet maar heeltyd die driffies dop hou. Hulle het beide die week na dit ook weer reen gekry.

Beste roep vir grondpad/ompad sal wees soos op jou google link Loxton, Fraserburg, Sutherland, maar dis nogsteeds 200km grondpad.

Calvinia om kan jy teerpad ry, maar dis amper 200km verder en hulle werk tans aan Van Rhyns pas, so daar is Ry/Stop van tot 90min wag.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Roete vanaf Victoria-Wes na Tulbagh

Post by win270 »

Baie dankie vir almal se insette. Ek dink Jassie en Lategan1 se voorstelle dra groot gewig, veral siende dat ek met ligte SUV ry en liewer nie die grondpaaie wil aandurf en papwiele kry nie.

Eendag as ek groot is en 'n behoorlike voertuig het, sal ek wel daardie lang ente grondpad kan ry. ;D
Post Reply