Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Jacques.308 »

Hi Manne, het enige van julle al die Rogue RH1 duster probeer?

Groetnis

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by win270 »

Dit lyk nogal na 'n lekker stewel . . . nog glad nie dit aangeskaf nie.

https://www.google.co.za/search?sca_esv ... 72&dpr=1.5
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2960
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Lategan1 »

Ek nou al op my 3de paar laaste 15jaar of wat. My nuwe paar hierdie een en sy voorlopers, die sjokelade bruin leer. Nooit gebreek, ek loop hulle gaar.

Gebruik myne slegs vir jag en veldskiet. Die handelsmerk is goed genoeg vir my, die stewel en veral binnekant, uitstekend.

Beste.

IMG_2114.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Wouter Roets »

Lategan

Maak daai skoene nie baie lawaai in die veld nie? My ondervinding is dat skoene met redelike groot knobs en n duidelike hak baie meer lawaai as n skoen met n plat profiel. Maar julle Kapies is seker nie baie gepla oor dit nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Capt. Yoda »

Daai boot met die growe sool werk lekker vir op en af van n bakkie af klim
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2960
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Lategan1 »

Wouter en Yoda, as volg. Volledig :)

Die duurder Hitec’s het baie dieselfde tipe kwaliteit sagter growwe loop soos bv. die CAT’s. Party growwe sool skoene het harder sool, hy raas! Moet wel ook nie te sag wees nie, doring maak seer, dit is ook rede waarom hulle werk vir my.

Veiligheid vir gly, soos jy noem - bakkie opklim en rotse klim, droogvoet wees en ‘n goeie binnesool is my belangrikste oorweging. Sagter growwe sool raas meer as die stippel/gladde sool in die Bosveld, maar steeds sag genoeg in my opinie. My jag is so 80/20, waar 20 bosveld. Ek hou van stap, ongeag watter tipe veld. Het 2 Brits bosveldjagte laaste 2 jaar gedoen, eenjaar baie droog, was goed gewees.

Ek vind die Hitec sag genoeg daarvoor, baie lê ook opgesluit in mens se staptegniek(binnekant van been knyp soos in fietsry) en eenvoudig kyk waar jy jou voet plaas! Hoor maar net in die Karoo hoe ver hoor jy die jagter aankom wat klippe skop ipv hulle voete optel!!

Ek het al meer as eenkeer in my lewe gegly met ‘n geweer, eenmaal net toe ek wou skiet op skuinste. So ja, vir my altyd growwe loop, maar effe sagte tipe sool.

Duideliksheidshalwe foto’s, ou en nuwe paar.

Beste.
IMG_2117.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Fri Apr 12, 2024 10:46 am, edited 3 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Wouter Roets »

So hulle lawaai net so baie soos hulle eienaars. ;D
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2960
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Lategan1 »

Wouter Roets wrote: Fri Apr 12, 2024 10:30 am So hulle lawaai net so baie soos hulle eienaars. ;D
Ek nog getik!! :)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Klein Karoo »

Het iemand al die trappers van Wildbees probeer?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Capt. Yoda »

Klein Karoo wrote: Fri Apr 12, 2024 11:55 am Het iemand al die trappers van Wildbees probeer?
Apie wrote: Fri Aug 18, 2023 3:27 pm https://www.instagram.com/reel/CwDZRzxt ... _copy_link


Sent from my iPhone using Tapatalk


Ek het die so rukkie terug gekoop en in die dorp loop hul baie lekker, sal sien hoe maklik hulle op en af van n cruiser klim
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Klein Karoo »

Capt. Yoda wrote: Fri Apr 12, 2024 12:02 pm
Klein Karoo wrote: Fri Apr 12, 2024 11:55 am Het iemand al die trappers van Wildbees probeer?
Apie wrote: Fri Aug 18, 2023 3:27 pm https://www.instagram.com/reel/CwDZRzxt ... _copy_link


Sent from my iPhone using Tapatalk


Ek het die so rukkie terug gekoop en in die dorp loop hul baie lekker, sal sien hoe maklik hulle op en af van n cruiser klim
Het jy jou normale skoen grootte gekoop of moes jy op/af koop?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Capt. Yoda »

Ek was by hul winkel in Woodmead en het daar my normale nommer aan gepas en gekoop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by ruaanb »

Ek het die enkel hoogte weergawe van daai Wildebees. Sy tier is n nat teël vloer en daai spelde kop grootte klippers andersins n masjien
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Apie »

ruaanb wrote:Ek het die enkel hoogte weergawe van daai Wildebees. Sy tier is n nat teël vloer en daai spelde kop grootte klippers andersins n masjien
Stem

Daai Wildebees reeks loop sag en stil

Soos ek al voorheen gepos nie, ‘veral NIE GESKIK vir rotshengel NIE’

Nat oppervlaktes is hulle seepglad


Sent from my iPhone using Tapatalk
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Klein Chris »

Dra die wildebeest vellies as my dorp stap skoen. Heel gelukkig met die skoene
Lekker breë skoen vir my plat en wye voete
Skiet bly maar lekker
JacquesSAKO.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by JacquesSAKO.308 »

Louisdewet wrote:Ek het ook ‘n paar RB2 Trail van Rogue. Dis ‘n lekker geharde stewel en ek gebruik hulle gereeld daar waar dit erg klipperig en steil is in plaas van my Courtney Safaris. Die Rogue’s het my aan die begin bietjie bo my hakskeen gepla waar hulle gedruk het maar nou is hulle lekker ingeloop. Die RB9 Ranger lyk na ‘n lekker stewel maar was nog nooit seker oor so hoë stewel nie.

My Courtney’s loop na 15 jaar nog mooi. Ek dink hulle is wel binnekort gereed vir ‘n revamp.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi Louis, hoe het jy gemaak met die grote op die boot?was hulle naby aan jou normale size?

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

User avatar
Ding
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Ding »

Ek kan gladnie onthou nie en kan nie meer op die skoen sien wat sy grootte is nie. Ek het hulle destyds in Grahamstad gekoop en maar gevoel watter grootte die beste bas.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Wielie Waps »

Ek wil sommer hoor hoe behandel julle die leer.
Ek het vir baie jare sommer net Dubbin of Kiwi se dark brown polish op my skoene gesit.
Vanoggend koop ek paar Willebees slip on's en die verkoopspersoon vertel my ek moet gladnie Dubbin opsit nie omdat dit die nate verswak.
Sy verkoop toe Plush Hide Food aan my.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Capt. Yoda »

Praat met Geno oor sy dop lube en leer skoene
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by tau »

Wielie Waps wrote: Mon Dec 30, 2024 12:57 pm Ek wil sommer hoor hoe behandel julle die leer.
Ek het vir baie jare sommer net Dubbin of Kiwi se dark brown polish op my skoene gesit.
Vanoggend koop ek paar Willebees slip on's en die verkoopspersoon vertel my ek moet gladnie Dubbin opsit nie omdat dit die nate verswak.
Sy verkoop toe Plush Hide Food aan my.
Dubbin reageer/vreet/hou vog in om die garing os so iets met sommige skoene. Ek gebruik dit minder en gebruik deesdae tarzan se leather food.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Wouter Roets »

More more

Die afgelope naweek se jag het beide my wildebees sole losgetrek aan die voorkant. Ek het net sulke lekker leer slippers met skaapwol liner saamgevat as so was mooi geskroef. Genadiglik het die plaasbestuurder n buisie shoe glue gehad waarmee ek die skoene suksesvol kon plak. Imagine hierdie het nou op n buffeljag gebeur? Baie teleurgesteld want die skoene is nie oud nie. So onthou maar om n backup paar in te pak.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Capt. Yoda »

Loop maar nou en dan met die backup paar rond ook laat jy nie soos Tau met n splinter nuwe backup stel agter buffels aan loop nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
HeinSavage
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Thu Jul 10, 2014 4:13 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by HeinSavage »

Wouter Roets wrote: Thu May 08, 2025 8:01 am More more

Die afgelope naweek se jag het beide my wildebees sole losgetrek aan die voorkant. Ek het net sulke lekker leer slippers met skaapwol liner saamgevat as so was mooi geskroef. Genadiglik het die plaasbestuurder n buisie shoe glue gehad waarmee ek die skoene suksesvol kon plak. Imagine hierdie het nou op n buffeljag gebeur? Baie teleurgesteld want die skoene is nie oud nie. So onthou maar om n backup paar in te pak.

Groetnis
Wouter
More!
Ek het laas naweek my stewels by die huis vergeet! Ons was ver van die beskawing af in Botswana en my back paar was 'n stel Crocs! Hulle jag nie te sleg nie, behalwe dat daar so nou en dan 'n doring deur vluit.... en as dit reen, sqeak hulle....

Groete,
Hein
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1881
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Rudi Fischer »

Ek jag nou n jaar met my Jim Green African Ranger, en vir my plat pote is hulle n doom.

Ek gaan wel vir my n paar van die African Ranger Bare foot aanskaf.

As mens agter andermanne se kwes bokke aan stap word die normale African Ranger n bietjie swaar.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Post by Stephan86 »

Rudi Fischer wrote: Thu May 08, 2025 10:57 am Ek jag nou n jaar met my Jim Green African Ranger, en vir my plat pote is hulle n doom.

Ek gaan wel vir my n paar van die African Ranger Bare foot aanskaf.

As mens agter andermanne se kwes bokke aan stap word die normale African Ranger n bietjie swaar.
Ek self is 'n groot voorstaander van die African Rangers en die mannne wat die Bare foot het wat ek ken geniet hul baie.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Post Reply