SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13636
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

Post by Capt. Yoda »

Hansie het al in post 2 or 3 genoem die is vir ver skiet nie vir jag nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

Post by Alwin »

Koos Barnard wrote: Fri Mar 22, 2024 9:28 am Alwin, ek lees wat jy onder punt 8 geskryf het:

8. Ek wonder soms of die stand van die son, maan en die see se getye nie ook 'n invloed het nie, of is dit dalk net op die skut en nie op die geweer en ammunisie nie?

Goed, as ek na alles kyk wat julle noem wat negatiewe invloede veroorsaak as jy herlaai, dan moet ek iewers 'n beskermengel hê wat my koeëls by die bokke en teikens uitbring want ek is seker ek sal dit nie kon regkry met al die dinge wat ek nalaat om te doen as ek herlaai nie. Nou moet ek darem byvoeg dat ek nog nooit verder as 355m na 'n lewendige dier geskiet het nie. Een van my seuns het wel verlede jaar 'n volstruis op 400m met een van my slegte reloads geskiet (die engel het baie hard gewerk toe). Ja ek weet, 400m is nie ver nie, sommige ouens piepie verder as dit. En ja ek weet herlaai is vir baie nie net 'n stokperdjie nie maar 'n wetenskap wat hulle probeer vervolmaak... en dis reg so. Daar is niks lekkerder as jy 'n uitdaging aanpak en dit baasraak nie.

Op my ouderdom het ek klaar genoeg skete, dus is daar 'n klomp goed waaroor ek my nie meer bekommer nie. Trouens, ek het geen idee hoe vinnig my .270 Blaser die 140 greiners skiet waarmee ek jag nie. Al wat ek weet is waar my geweer skiet op 100, 200, 250, 300 en 350m. En ek het my beskermengel wat help, so ek bring darem nog vleis huis toe.

Nou het ek lekker gekarring... iewers gaan daar seker iemand wees wat my wil vertel ek moet net "shut up" en my vorms vir die ouetehuis klaar invul.
Moenie my te ernstig opneem nie, ek het nie veel te doen vandag nie, nou sit en tik ek nonsens.
Mooi loop
Stem nogal saam met jou Koos.

Baie van ons het ladings wat die werk doen, sonder dat ons al die huiswerk gedoen het. Soms is mens net gelukkig met die eerste probeerslag. Dan is daar ook die geweer/ammu kombinasies wat net nie wil werk nie, ongeag die hoeveelheid moeite ingesit. Dit laat mens net weer besef dat alles nie altyd so eenvoudig is as wat ons dit graag wil sien nie, maar soms is dinge eenvoudig waar ons dit wil ingewikkeld maak. Dit hou die lewe interessant.

Ek geniet nogal soms die "nonsens" wat jy tik...
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

Post by Hansieslim »

Oom Koos...Ek glo ons almal op Jaracal RESPEKTEER Oom vir al die werk wat Oom oor die jare ingesit het. Soos die Amerikaners sê : "We thank you for your service!"

Dalk moet ek gou verduidelik wat die papiere is waarna ons skiet. Dalk kan julle sommer oortuig word om by Sportjag aan te sluit. Ek hoop nie die mods het 'n probleem hiermee nie.

Vir ons "Langbaan" (500m baan) skiet ons die volgende :
- 10 skote. Elke skoot tel 'n maksimum van 5 punte.
- Posisie : Lê met enige ruste van jou keuse
- 200m - 1 skoot - Kolteiken. Die "bull" is so 35mm in deursnee en tel 5 punte. Jy kan dus 'n 5,4,3,2,1,of NUL behaal.
- 300, 400 en 500m - Elk 3 skote - Bokteiken. Max 15 punte per afstand.
- Totaal dus = 5+15+15+15 = 50punte

Die bokteikens is blou wildebees, swart wildebees, koedoe, blesbok, rooibok, springbok en vlakvark. Elke teiken se "scoring zones" is omkring met n fyn lyntjie wat nie deur 'n teleskoop sigbaar is op 300m+ nie. Die hart-area tel 5 punte. Vir 'n longskoot kry jy 4 punte. Enigiets anders is ZERO. 'n Kopskoot tel ook 5 punte as jy binne die omkringing skiet. 'n Skrams kopskoot, neus of oor is 'n ZERO.

Die teikens word periodies hersien en vervang. Tans is die 2 wildebeeste, koedoe en springbok plankdwars. Die rooibok, blesbok en vark is "quartering to".

Die volgorde waarin die teikens opgesit word is ewekansig ("random"). As die koedoe op 300m is, is dit dus relatief moontlik om 3x5 punte (m.a.w. volpunte) te kry, maar...as die rooibok op 500m is, is die spel aan, want sy hartomkringing is 'n onewe sirkel wat dalk 60mm wyd en 50mm hoog is. Om hier 3x5 punte te kry is net beskore vir die ervare skuts (met stabiele ladings en windleeservaring). Die rooibok se longskoot-area is dalk effens kleiner as 'n 150mm diameter ghong. Waai die wind net effens, word jou moontlike 5 punte baie maklik 'n 4 en vrek maklik 'n ZERO. Ongelukkig het geen van die teikens die vermoë om 'n bloedspoor te gooi nie. Niks op Oom Koos gemik nie.

'n Beginskut se telling is gewoonlik iewers tussen ZERO en 20. As daardie seldfe beginskut bietjie gehelp word net met DOPE, kry hy dalk tussen 20 en 30. My eie vrou het na 8 maande se ervaring iewers tussen 26 en 36 behaal. As enigiemand (ervare skuts ingesluit) bo 40 behaal, is dit dus 'n goeie telling (in my oë).

Sportjag het elke jaar in Augustus sy Nasionale kampioenskappe. Elke jaar in 'n ander provinsie. Sportjag is nou nie ELR nie, maar om vir die 500m-baan onder die top 3 te eindig (provinsiaal en veral nasionaal), moet jou telling beslis groter as 45 wees (hang maar af hoe die wind gewaai het). Daarom die strewe om daai goeie, konstante lading konstant te herlaai.

Besoek gerus : https://sa-sportjag.co.za/ of skakel my vir meer inligting. Op die webtuiste is al die kategorieë (windbuks, PCP, .22LR, pistool, haelgeweer en vele ander in verskillende geslag en ouderdomsgroepe). Al die teikens wat ek hierbo oor gesels is ook daar.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13636
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

Post by Capt. Yoda »

Hansieslim wrote: Sun Mar 24, 2024 9:22 am Oom Koos...Ek glo ons almal op Jaracal RESPEKTEER Oom vir al die werk wat Oom oor die jare ingesit het. Soos die Amerikaners sê : "We thank you for your service!"

Dalk moet ek gou verduidelik wat die papiere is waarna ons skiet. Dalk kan julle sommer oortuig word om by Sportjag aan te sluit. Ek hoop nie die mods het 'n probleem hiermee nie.

Vir ons "Langbaan" (500m baan) skiet ons die volgende :
- 10 skote. Elke skoot tel 'n maksimum van 5 punte.
- Posisie : Lê met enige ruste van jou keuse
- 200m - 1 skoot - Kolteiken. Die "bull" is so 35mm in deursnee en tel 5 punte. Jy kan dus 'n 5,4,3,2,1,of NUL behaal.
- 300, 400 en 500m - Elk 3 skote - Bokteiken. Max 15 punte per afstand.
- Totaal dus = 5+15+15+15 = 50punte

Die bokteikens is blou wildebees, swart wildebees, koedoe, blesbok, rooibok, springbok en vlakvark. Elke teiken se "scoring zones" is omkring met n fyn lyntjie wat nie deur 'n teleskoop sigbaar is op 300m+ nie. Die hart-area tel 5 punte. Vir 'n longskoot kry jy 4 punte. Enigiets anders is ZERO. 'n Kopskoot tel ook 5 punte as jy binne die omkringing skiet. 'n Skrams kopskoot, neus of oor is 'n ZERO.

Die teikens word periodies hersien en vervang. Tans is die 2 wildebeeste, koedoe en springbok plankdwars. Die rooibok, blesbok en vark is "quartering to".

Die volgorde waarin die teikens opgesit word is ewekansig ("random"). As die koedoe op 300m is, is dit dus relatief moontlik om 3x5 punte (m.a.w. volpunte) te kry, maar...as die rooibok op 500m is, is die spel aan, want sy hartomkringing is 'n onewe sirkel wat dalk 60mm wyd en 50mm hoog is. Om hier 3x5 punte te kry is net beskore vir die ervare skuts (met stabiele ladings en windleeservaring). Die rooibok se longskoot-area is dalk effens kleiner as 'n 150mm diameter ghong. Waai die wind net effens, word jou moontlike 5 punte baie maklik 'n 4 en vrek maklik 'n ZERO. Ongelukkig het geen van die teikens die vermoë om 'n bloedspoor te gooi nie. Niks op Oom Koos gemik nie.

'n Beginskut se telling is gewoonlik iewers tussen ZERO en 20. As daardie seldfe beginskut bietjie gehelp word net met DOPE, kry hy dalk tussen 20 en 30. My eie vrou het na 8 maande se ervaring iewers tussen 26 en 36 behaal. As enigiemand (ervare skuts ingesluit) bo 40 behaal, is dit dus 'n goeie telling (in my oë).

Sportjag het elke jaar in Augustus sy Nasionale kampioenskappe. Elke jaar in 'n ander provinsie. Sportjag is nou nie ELR nie, maar om vir die 500m-baan onder die top 3 te eindig (provinsiaal en veral nasionaal), moet jou telling beslis groter as 45 wees (hang maar af hoe die wind gewaai het). Daarom die strewe om daai goeie, konstante lading konstant te herlaai.

Besoek gerus : https://sa-sportjag.co.za/ of skakel my vir meer inligting. Op die webtuiste is al die kategorieë (windbuks, PCP, .22LR, pistool, haelgeweer en vele ander in verskillende geslag en ouderdomsgroepe). Al die teikens wat ek hierbo oor gesels is ook daar.

Baie naby aan Superleague wat ons hier rond skiet, het julle enige kaliber beperkings?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

Post by Hansieslim »

Vir die 500m baan is daar geen beperkings waavan ek van weet nie. Ek het begin deur die baan met 'n 6.5x55 jaggeweer te skiet, daarna .204, daarna 6.5Cr en deesdae skiet ek, soos meeste ander ouens, die baan met 'n 6mm van soorte. Daar's heelwat .30 kalibers, 1 x .338 en onlangs 'n 7mm Shehane wat tekens toon. Dis in Limpopo, waarvan ek weet. Nogals snaaks dat so min ouens 7mm's gebruik...Ek dink self 'n 7mm gaan gat skop in wind wat pomp.

Ek wil graag noem dat ons met elke tweede skietdag die bokteikens met 200mm ghonge vervang. Die tellings is dan of heelwat hoër of heelwat laer.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit

Post by Koos Barnard »

Dag Hansie
Baie dankie vir die mooi uiteensetting van julle sport. Soos ek genoem het, ek karring sommer net omdat ek partykeer niks anders het om te doen nie. Dit was nie bedoel as 'n aanval op manne wat langafstandskiet doen nie. Ek besef terdeë dat jy met julle tipe skiet moet sorg dat jou toerusting en ammunisie meer as 100% reg is. Ek het maar net SA Jagters se Presidentskiet gedoen en daar is dit al klaar 'n uitdaging om die springbok op 300m in die hart of brein te skiet. Doen jy dit nie, is jou kanse skraal om onder die voorste manne te eindig. Geniet die herlaai en skiet en soeke na perfeksie.
Mooi loop
Post Reply