SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Oom Koos het op 'n ander draad genoem dat ons deesdae (ek ingesluit) min gesels en meer koop en verkoop. Hierdie is my poging om ons aan't geselse te kry. Ek wil iets aanroer waarmee ek sukkel. Hopenlik kan hier antwoorde uitkom wat ons almal kan help.
Gestel die volgende is konstant :
- Kruitmassa is perfek afgeweeg en dopvulling is ongeveer 95%
- Lading is in die omgewing van 'n "node" en druk in die omgewing van 58-60 000 psi
- TPL is dieselfde
- Primers is dieselfde
- Doppe is identies voorberei
- Loop het 100 skote deur na laaste skoonmaak.
Ek berei 100 doppe identies voor. Die 100 doppe kort net kruit en koeëls. Ek laai 10 van hierdie doppe, gaan skiet en kry 'n gemiddelde spoed van 3000fps met 'n ES van 10fps en 'n groepering wat my tevrede maak. Opgewonde ry ek terug huis toe en laai identies weer 10 rondtes (van die oorblywende 90 doppe wat voorbereid staan en wag). Die volgende dag op die skietbaan skiet ek die identiese lading en kry 'n gemiddelde spoed van 2980fps en die ES is nou sommer 30 fps. Die groepering is egter soort van OK, maar beslis swakker as gister s'n.
Wat sal julle sê is die rede/s hoekom ek dit ervaar? As ek alles identies doen, wat kon oornag verander het dat ek op tweede dag nie dieselfde resultate kry nie? Kan mens die redes opdeel in 2 kategorieë nl. a.) Herlaaiproses en b.) Atmosferiese verskille?
a.) Herlaaiproses : (Goed wat in my kop maal en dalk verregaande kan klink)
- Kon die kruit dit dalk oornag vog opgetel/verloor het in 'n geseelde bottel? Ek maak die bottel styf toe na elke herlaaisessie.
- Kon die 90 doppe wat staan en wag dalk vog opgetel/verloor het?
- Ditto, maar vir die primers?
- Kon dag 1 se 10 skote die loop (en kamer) dalk vuiler gemaak het sodat dit 'n effek het op skote 11-20?
- Kon my duur skaal se kalibrasie op 'n manier foutief geraak het (ek kalibreer skaal voor elke herlaaisessie)
- Kon 'n verskil in atmosferiese items (temperatuur, lugdruk, humiditeit), 'n verskil gemaak het tydens my kruit afweeg?
- Is daar dus moontlik 'n verskil as mens vir dag EEN 05h00 en vir dag TWEE 20h00 gelaai het?
- Kon die 90 doppe se nekspanning oornag verander het?
- (*) Neem asb kennins van hoe ek die dopnekke smeer. Hierdie pla my want ek weet nie hoe konstant die applikasie is nie.
b.) Atmosferiese verskille :
Persoonlik is ek nie op die punt wat ek aandag gee aan temperatuur, atmosferiese druk, humiditeit, "cloud cover" en daai goed nie. Vir die doel van die gesprek, kom ons aanvaar dis ook identies tussen die twee dae. As hierdie gesprek dalk vlam vat, sal ek dit waardeer as ons in 'n aparte draad die atmosferiese items kan bespreek.
Dalk moet ek my herlaaisiklus net neerpen. Ek deprime, anneal, wet tumble, droog met compressed air, droog met vrou se haardroeër teen hoogste temperatuur, body die, bushing neck die, expander mandrel, prime, lube nekke (*), weeg en seat.
*Omdat ek elke keer wet tumble met stainless steel media, druk ek die doppe se nekke 2 keer in Imperial se "dry neck lube with application media".

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1116
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
My gevoel is metode en kondisies wat met die meet van
die spoed te doen het ondersoek moet word.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13636
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Daar is baie goed wat n 20fps spoed verskil kan veroorsaak en ongelukkig speel atmosfereiese verskille n deel daar in ook, nie so seer wanner jy laai nie maar meer waar jy skiet. Was die weer op dag 2 die selfde as op dag 1?
Persoonlik en dis net ek size ek nie doppe en laat staan hulle todat ek hul eendag laai nie maar as dit die volgende dag was wat jy hulle gaan skiet het sal die nie n probleem wees nie.
Ek sou weer gaan skiet en kyk wat gebeur, dalk was jou loop op daai punt waar hy net op daai 100 skote die keel bq weg gebrand het en nou kort jy dalk net n TPL verstelling om weer mooi in die sweetspot te kom. Ek twyfel of die probleem by jou helaai metode is
Iets wat ek sou porbeer is om nie die doppe skoon te tumble nie, daai carbon binne in jou dop se nek doen baie meer vir konstantheid as n blink dop.

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Ek het dit ook al gesien en wonder ook wat die rede is. Ek het een keer twee chronies agter mekaar gesit en ook redelike verskille gekry wat my laat wonder of mens altyd die spoed kan glo.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1520
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Statistikuste sal beweer jou sample grootte is te klein.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
PhilManders
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Tue Jan 30, 2024 4:09 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Hans
Sal graag jou data wil sien met meer toetse om te leer.
My logika en wat ek met my geweer sien (ladings ens konstant) is dat my spoed toeneem met my loop wat vuiler word, my logika sê meer carbon, meer druk, meer spoed.
Kon lugdruk dalk drasties verskil het tussen die twee dae?
Sent from my iPhone using Tapatalk

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Ek het maar altyd spoedverskille opgetel as daar temperatuurverskille van dag tot dag was. Ek glo nie 20vps gaan 'n groot verskil maak op normale jagafstande nie - dit het nie met my .30-06 toe ek op 300m op verskillende dae met verskillende koeëlspoed geskiet het nie. Ek het eendag op 'n taamlike koue dag 80vps stadiger lesings gekry as die vorige dag uit my .30-06.
Mooi loop
Mooi loop
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Ek weet definitief nie wat die antwoord is nie maar wonder maar altyd hoe belangrik die tipe kruit is. Ek verwys nou veral na die sogenaamde temperatuur stabiliteit van die kruit. Ek weet nie of dit net bemarking of waarheid in hierdie konteks is nie.
Dit val dan eintlik onder beide hoofde.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Dit val dan eintlik onder beide hoofde.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Hoeveel ‘thou’ nekspanning laai jy?
Expand jy voor jy punte ‘seat’
Ek het al gesien met 2 thou nekspanning sonder om te expand
As ek laai en binne ‘n uur skiet is my groepe, voorspelde spoed en ES maar so so.
Laai en skiet so dag of wat later dan werk dit beter.
As ek die expander deur draf is my vars partrone en verouderde partrone definitief nader aan mekaar!

- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Ek hou van Capie se bladsy
Met Somchem kruit het ek 60fps spoed verskil gemeet by 15° temp verskil, op die selfde dag.....so ek gebruik dit nie meer nie.
Die humiditeit, wanneer jy kruit laai kan sekerlik ook dalk n verskil maak, so ook kruit wat meer 'uitgedroog' het.
Op n stadium het ek tot primers geweeg om te probeer uitvind wat grooter ES veroorsaak.
N paar goet het toe vir my uit gestaan.....eerstens werk 1 thou nek spanning vir my beter (as jy nou nie n kanon skiet nie). Ek druk my dop nekke in bietjie graphite poeier net voor ek poeier gooi (soos wat die carbon in die dop nek doen). Ek anneal ook na elke skoot.
My ketties se lope word na elke sessie mooi skoon gemaak.
Donuts in doppe gan jou mal maak.
Wanneer ek de-prime gebruik ek n Lee Collet Die en druk sommer klaar die dop, vir die eerste keer, terug na 1thou, dan anneal ek en die res van die proses volg. Ek glo daar aan om die voorbereide doppe te laat lê vir n ruk voor ek hulle laai. Ammo wat al so 6maande gelê het gee my nogsteeds spoed verskille so daar is sekerlik ñ 'cold weld' nog tersprake.
......die is nou maar net my 1/4c en luister saam by die radio.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Mooi. Ons begin gesels.
JleRoux - Ek gebruik darem 'n 2024-model chrony wat ek vertrou.
Oom Koos - Ek stem saam dat 20fps min is vir Bosveldjag, maar dit pla op langbaan teikens.
Cobus Wessels - Ek laai S365 vir hierdie kettie.
Apie - Na expanding is my nekspanning 2thou. Ek laai altyd laat-aand en skiet vroeg-oggend.
Capt - Die voorbeeld genoem hierbo was toevallig onlangs tydens hoë hitte, 'n dag uitmekaar, geen wind, selfde tyd vd dag, selfde temperatuur, clear skies ens., maar ek meet nie goed soos lugdruk en humiditeit nie. Vir my was dit dieselfde toestande tussen dag 1 en dag 2.
Doppe was of nie, is dalk 'n lekker onderwerp vir 'n nuwe draad. Ek weet die ouens wat "goed" doen (bv. E.C) promote geen was. Ook Geno het al lank terug vir my gesê ek moet ophou was. Ek is nog nie 100% daarvan oortuig nie. Daar is sekerlik krediet in die carbon wat agterbly in die nekke wat kan dien as smering. Die carbon build-up aan binnekant vd nekke moet egter tog toeneem as mens nooit tussen herlaaie was nie. My logika sê vir my die "smering" gaan verskillend wees oor tyd. HELP my asb as ek verkeerd is met hierdie redenasie.
Ek voel egter as mens ALLES, ELKE KEER dieselfde doen, moet mens tog konstantheid bereik. Maak nie saak of jy was of nie, solank jy dit net ELKE keer dieselfde doen. Ek weet daar is iets soos "cold weld" as die gelaaide rondtes lank in die kluis gestaan het, maar ek't die teendeel ook al ervaar. Net my jagrondtes staan in die kluis. Papierskietrondtes word binne 24 uur geskiet na dit gelaai is.
Mens wil tog darem "skoon" rondtes hê. So wat doen mens as jy nie wet tumble nie? Terug na dry tumble toe? Ek weet die ou van Primal Rights tumble droog, met rys ('n spesifieke rys blykbaar) en sy redes daarvoor maak nogals sin vir my. Met dit kry hy blykbaar konstante "smering" en voorkom "cold weld".
Ek wet tumble nog steeds na elke skiet, maar "smeer" die nekke met Imperial se dry neck lube. Hoe konstant dit in die proses aangewend word, pla my...
Kom ek gaan gou so 3 maande terug. Hoekom ek dit gedoen het, kan ek nie presies onthou nie, maar ek het met een herlaai besluit om nà wet tumble, die nekke se binnekante te borsel met 'n koperborsel voor aan 'n batteryboor. Die resultaat was 'n groot sprong in spoed en druktekens. Dit moes dus 'n definitiewe stywer greep tussen die dop en die koeël veroorsaak het. Sal dit nie weer doen nie. Grootendeels omdat die een nek nie presies dieselfde as die ander nek skoongeskuur sal word nie.
Al weer 'n mondvol. Wees maar geduldig met my asb.

365 se brandsoed verskil ongelukkig maar soos jou blik leer raak, my beste advies aan jou sal wees om n ander kruit te gebruik sou jy so klein ES konstant wil jaag. Jy kan so konstant laai en voorbery soos jy wil jy gaan nie die oefening wen nie.
Ons het dit oor n baie lang tyd getoets met n klomp gewere en jy kan maak wat jy wil jy kry nie 365 om elke keer konstant te brand nie, Cassie se Potassium Carbonate poeier het taamlik gehelp maar dit was nooit so konstat soos VV se kruit nie maak nie saak wat ons gedoen het nie
Ons het dit oor n baie lang tyd getoets met n klomp gewere en jy kan maak wat jy wil jy kry nie 365 om elke keer konstant te brand nie, Cassie se Potassium Carbonate poeier het taamlik gehelp maar dit was nooit so konstat soos VV se kruit nie maak nie saak wat ons gedoen het nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13636
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Vat bq 2 stukke glas wat jy gepolish het en vryf hulle teen mekaar en kyk hoe glad hulle is, gooi dan bq sand tussen die 2 stukke en vryf hulle weer en kyk wat se een minder weerstand bied. 2 stukke gepolishde glas het te veel surface area om glad te beweeg en dit is die selfde met n dop se nek en n koel se bearing surfaceHansieslim wrote: Tue Mar 19, 2024 9:35 am
Kom ek gaan gou so 3 maande terug. Hoekom ek dit gedoen het, kan ek nie presies onthou nie, maar ek het met een herlaai besluit om nà wet tumble, die nekke se binnekante te borsel met 'n koperborsel voor aan 'n batteryboor. Die resultaat was 'n groot sprong in spoed en druktekens. Dit moes dus 'n definitiewe stywer greep tussen die dop en die koeël veroorsaak het. Sal dit nie weer doen nie. Grootendeels omdat die een nek nie presies dieselfde as die ander nek skoongeskuur sal word nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Capt.
Dankie. Wat jy sê oor S365 (soos wat die blik leëer raak), mag dalk die rede wees van my frustrasie. Dit is ongelukkig iets waarvan ek nog nooit rekord gehou het nie.
Dankie. Wat jy sê oor S365 (soos wat die blik leëer raak), mag dalk die rede wees van my frustrasie. Dit is ongelukkig iets waarvan ek nog nooit rekord gehou het nie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Capt. Yoda wrote: Tue Mar 19, 2024 9:39 am 365 se brandsoed verskil ongelukkig maar soos jou blik leer raak, my beste advies aan jou sal wees om n ander kruit te gebruik sou jy so klein ES konstant wil jaag. Jy kan so konstant laai en voorbery soos jy wil jy gaan nie die oefening wen nie.
Ons het dit oor n baie lang tyd getoets met n klomp gewere en jy kan maak wat jy wil jy kry nie 365 om elke keer konstant te brand nie, Cassie se Potassium Carbonate poeier het taamlik gehelp maar dit was nooit so konstat soos VV se kruit nie maak nie saak wat ons gedoen het nie
+1. Hierdie is jou probleem. ...
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Is H4350 dalk my oplossing?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Herlaai jy vir jag of presisie skiet? S365 het al vir baie jare my biltong huis toe gebring.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Dit is hoekom ek oor die kruit gevra het. Ek het nou maar die knie gebuig en begin om voorraad van verskillende "stabiele" kruite te koop. Nog nie regtig getoets nie maar ek het gedink dit verwys na net na temperatuur stabiliteit. Dalk help dit met "vog stabiliteit " ook???
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Daar is net te veel variante ter sprake byvoorbeeld as jy Aneal met gas hoe weet jy dat die vlam dieselfde hitte afgee soos die vorige keer.
Daarna die doppe laat rus voor jy herlaai het was dit dieselfde tyd.
Maar ek dink persoonlik is die Kruit self die grootse sondebok gaan toets dit met internasionale poeier laai stel koele met S365 vs die internasionale poeier.
Kyk die nuwe prys van S365 gaan in lek geval nou oor R1000 per blik wees so om meer te betaal vir beter kruit en minder geld mors om heeltyd lading te ontwikkel Lot to Lot verskil maar dit meer sin om internasionale kruit te gebruik.
Maar soos oom Tripod noem as dit vir jag is sal dit meer as voldoende wees.
Daarna die doppe laat rus voor jy herlaai het was dit dieselfde tyd.
Maar ek dink persoonlik is die Kruit self die grootse sondebok gaan toets dit met internasionale poeier laai stel koele met S365 vs die internasionale poeier.
Kyk die nuwe prys van S365 gaan in lek geval nou oor R1000 per blik wees so om meer te betaal vir beter kruit en minder geld mors om heeltyd lading te ontwikkel Lot to Lot verskil maar dit meer sin om internasionale kruit te gebruik.
Maar soos oom Tripod noem as dit vir jag is sal dit meer as voldoende wees.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
1. Die dopvolume speel 'n groot rol. Konstante volume is wat ons soek. So ook sekerlik uniforme elastisiteit van die geelkoper waarvan die doppe gemaak is.
2. Uniforme wanddikte sal nekspanning beinvloed
3. Temperatuur het wel invloed op brandtempo. Konstante brandtempo is egter Somchem se groot nadeel.
4. Voginhoud van dryfmiddel is weglaatbaar as jy vinnig herlaai in koel omgewings en nie die dryfmiddel laat uitdroog nie. Die chemiese beheer van vog gee konstantheid.
2. Uniforme wanddikte sal nekspanning beinvloed
3. Temperatuur het wel invloed op brandtempo. Konstante brandtempo is egter Somchem se groot nadeel.
4. Voginhoud van dryfmiddel is weglaatbaar as jy vinnig herlaai in koel omgewings en nie die dryfmiddel laat uitdroog nie. Die chemiese beheer van vog gee konstantheid.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
@ Hansieslim
“die nekke se binnekante te borsel met 'n koperborsel voor aan 'n batteryboor. Die resultaat was 'n groot sprong in spoed en druktekens. Dit moes dus 'n definitiewe stywer greep tussen die dop en die koeël veroorsaak het.“
Die stywer greep wat jy noem is nie weens hoër nekspanning nie, maar weens die feit dat dit moeiliker “release”. Dus meer weerstand tussen die dopnek en koeël.
Stem saam @Yoda. Daar is duidelike toetse wat die verskille aandui deur nie dopnekke onnodig skoon te maak nie. @Apie het my ook voorheen daarop gewys. Dus is ek oortuig dit is nie net opinie nie maar feit. Ek doen slegs “dry tumble”.
Ek dink @Tripod se opmerking is die eerste vraag om vir jouself te vra, 0-350m of 400m+ ?
My gewere skiet lekker met my laaste s365. Sal die blik dophou soos hy leeg raak…
Beste.

Last edited by Lategan1 on Thu Mar 21, 2024 7:03 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Dankie vir almal se insette so ver.
Oom tripod - My jagkaliber kry ook S365, maar ek skiet ook papier op afstande verder as Bosveldjag.
Cobus Wessels - Ek het al baaaie konstante spoed en klein ES gekry met Vihtavuori kruite.
Oom tripod - Eks nie so seker of ek konstante dopvolume het nie want ek meet dit nie, maar al my doppe is dieselfde kere gelaai en geskiet. Ek is wel seker oor konstante nekwanddikte van my doppe.
Lategan 1 - Ek het dit ook so vertolk. Die skuur met die bosel het eintlik die nekke se binnekante skurwer geskuur, 'n growwe greep veroorsaak en die gevolg was 'n moeiliker "release", hoër spoed en hoër druk. Ons SASJF tabelle is bokteikens tot op 500m.
Nou hoekom laai ek dan S365 ?:
1. Ek het S365
2. Ek kry die spoed, dopvulling ens wat ek soek teen veilige (lae) druk
3. Die resultate op die teiken lyk nie sleg nie, maar kan sekerlik verbeter.
Verseker kan die resultate verbeter as ek konstante spoed kry tussen herlaaie en dit was die rede vir my vraag hier.
Hoe weet mens jy het cholesterol? Jy laat jou toets. Ek moet dalk net ophou spoed meet.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
So 'n paar veranderlikes was alle herlaaiers wat fyn genoeg werk en meet die een of ander tyd gaan pla:
1. Kruit temperatuur sensitiwiteit. Alle kruite is sensitief vir temperatuur veranderings, party meer as ander. S335 is een van die beteres. S341 is een van die gevoeligstes. Gewoonlik gee 1 graad Celsius verskil, tussen 1 en 3 fps verandering in spoed.
2. Chronograaf akkuraatheid. Afhangende van die tipe gebruik, kan hy deur verskeie omgewingsfaktore be-invoed word.
Atmosferiese en ligtoestande is hoog op die lys. Posisionering ook. Ek het al bv. gesien hoe 'n vriend se Magnetospeed mal lesings gee. Na 10mm se posisieverskuiwing lees hy mooi reg.
3. Skaal-variasies. Hierdie is veral van toepassing op elektroniese skale. Hulle word erg geaffekteer deur allehande goeters, waarvan die meeste vir my onsigbaar is. Elektromagnetiese velde, opwarming van die elektronika ens. Vir kruit weeg glo ek vas in my meganiese balkie skaal. Ja, hy word ook deur allerhande goed ge-affekteer, maar dis meestal sigbare goed wat ek kan opspoor en uitsorteer. As jy hom nie rof hanteer nie, verander sy kalibrasie ook nie in 30 jaar nie.
4. "Shot start pressure" Wat is die Afrikaans vir die term? Dit hang af van baie dinge, o.a, ook nekspanning en skoonheid van die nekke se binnekant. As jy nie smering gebruik nie en jou nekke is mooi blinkskoon, kan jy maklik 'n elektro-chemiese reaksie kry tussen die nek se wand en die koeël se dravlak. Dit kan dan die koeël stywer laat vassit en die druk opjaag. Dit gebeur oor tyd, dus gaan elke dag 'n klein verandering veroorsaak. Die nek kan ook spanning verloor met tyd. Baie moeilik om dit te meet.
5. Vog in die kruit. Kruit kan atmosferiese vog absorbeer en ook weer vrystel. Dit kan die brandspoed of energiewaarde van die kruit affekteer, en ook die digtheid. M.a.w. as die kruit water absorbeer weeg dit meer en jy gooi dus 'n paar korreltjies minder in. Dis een van die redes hoekom baie "bench rest" skuts hulle kruit volumetries meet. Hier by my kan die lugvog ("humidity") maklik 90% haal vroegoggend en 20% net voor sononder. Groot verskille. Hoeveel daarvan en hoe vinnig dit in jou kruit kan beland weet ek nie.
6. Ek glo nie die vog kan in die doppe absorbeer nie.
7. Looptoestande. Jou loop se toestand verander met elke skoot. Veral as hy nou net behoorlik skoongemaak is, verander hy baie. As hy te lank laas skoongemaak is kan jy ook probleme kry. Die aanpaksel kan of ekstra smering gee of ekstra weerstand, afhangende van wat dit is, waar dit sit en hoe dik dit aangepak het.
8. Ek wonder soms of die stand van die son, maan en die see se getye nie ook 'n invloed het nie, of is dit dalk net op die skut en nie op die geweer en ammunisie nie?

Last edited by Alwin on Sat Mar 23, 2024 5:30 am, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SPOEDVERSKIL - Wat veroorsaak dit
Alwin, ek lees wat jy onder punt 8 geskryf het:
8. Ek wonder soms of die stand van die son, maan en die see se getye nie ook 'n invloed het nie, of is dit dalk net op die skut en nie op die geweer en ammunisie nie?
Goed, as ek na alles kyk wat julle noem wat negatiewe invloede veroorsaak as jy herlaai, dan moet ek iewers 'n beskermengel hê wat my koeëls by die bokke en teikens uitbring want ek is seker ek sal dit nie kon regkry met al die dinge wat ek nalaat om te doen as ek herlaai nie. Nou moet ek darem byvoeg dat ek nog nooit verder as 355m na 'n lewendige dier geskiet het nie. Een van my seuns het wel verlede jaar 'n volstruis op 400m met een van my slegte reloads geskiet (die engel het baie hard gewerk toe). Ja ek weet, 400m is nie ver nie, sommige ouens piepie verder as dit. En ja ek weet herlaai is vir baie nie net 'n stokperdjie nie maar 'n wetenskap wat hulle probeer vervolmaak... en dis reg so. Daar is niks lekkerder as jy 'n uitdaging aanpak en dit baasraak nie.
Op my ouderdom het ek klaar genoeg skete, dus is daar 'n klomp goed waaroor ek my nie meer bekommer nie. Trouens, ek het geen idee hoe vinnig my .270 Blaser die 140 greiners skiet waarmee ek jag nie. Al wat ek weet is waar my geweer skiet op 100, 200, 250, 300 en 350m. En ek het my beskermengel wat help, so ek bring darem nog vleis huis toe.
Nou het ek lekker gekarring... iewers gaan daar seker iemand wees wat my wil vertel ek moet net "shut up" en my vorms vir die ouetehuis klaar invul.
Moenie my te ernstig opneem nie, ek het nie veel te doen vandag nie, nou sit en tik ek nonsens.

Dink baie van ons het engele/E!
Hoe verder hoe meer wetenskap en presisie.