CZ Varminter in .308 weer te koop: Voorlopig verkoop

Have some thing for sale, trade or looking to buy? No commercial ads allowed!
Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

CZ Varminter in .308 weer te koop: Voorlopig verkoop

Post by Koos Barnard »

CZ 550 in .308 Win te koop: prys verlaag na R10 500.00. Voorlopig verkoop

Gelamineerde grys houtkolf
Kaliber .308 Win
Skote deur loop: 1362
Groefdraai 1 in 12”
Loop afgesny op 21.6”/55cm (gemeet van slotgesig tot tromp).

Geweer word SONDER teleskoop aangebied maar kom met die volgende:
1x 25mm-stel ringe
2x 30mm-stel ringe
1x Picatinny rail

Ek het die kolf se handgreep effens kleiner gemaak, die slothandvatsel het Danie Joubert meer reguit gebuig. Hy het ook die veiligheidsknip effens korter gemaak sodat dit nie so hoog bo die kolf uitstaan nie. Ek het hierdie geweer hoofsaaklik gebruik vir SA Jagters se skiettabelle. As ek reg onthou, het ek dit op twee jagte gebruik. Ek het hoofsaaklik 125gr Nosler BT en 110gr Hornady V-Max-koeëls gebruik. Beide teen so 2800vps.
Rede vir verkoop: Ek is besig om af te skaal omdat ek nie eintlik meer aan skietkompetisies deelneem nie.

Indien daar enige belangstelling is, kontak my asb by 072-281-6304.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Wed Mar 13, 2024 7:42 pm, edited 1 time in total.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: CZ Varminter in .308 weer te koop: Prys verlaag met R1500

Post by Koos Barnard »

Indien iemand sou belangstel: Ek stel die geweer beskikbaar met 'n Lynx 3.5-10x50 scope met die SA Jagterskruishaar. Die totale prys is dan R17 000. Die teleskoop is baie mooi opgepas en werk perfek. Ek het dit in 2022 gekoop. Nuut kos die teleskoop R8900.
Mooi loop
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: CZ Varminter in .308 weer te koop: Voorlopig verkoop

Post by Koos Barnard »

Die geweer is voorlopig verkoop
Post Reply