Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by LoopSoosStroop »

Hallo almal, benodig bietjie hulp asb. My seun is by 'n rugbykamp (0/9) by Jubaweni (naby Beginplaas, entjie oos van Nylstroom) 25-27 Maart. Hy is 'n Tipe 1 diabeet, so ek wil nie te ver wees nie, so ek soek verblyf of kamp plek in die nabye omgewing.

Het iemand dalk 'n rondawel of buitekamer of grasperk waarop ek kan kamp? Ek kan in Nylstroom bly, maar dis omtrend 'n uur weg. Al die gewone verblyf plekke nader aan Jubaweni is reeds bespreek, reeds almal gebel.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by Hein22 »

My seuns het ook daar rugby gespeel. Daar is kamp plek op die perseel... behalwe as dit vol bespreek is, dan kan ek nie help nie..

Sent from my SM-A546E using Tapatalk

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by saswart »

Hein22 wrote: Wed Mar 06, 2024 3:36 pm My seuns het ook daar rugby gespeel. Daar is kamp plek op die perseel... behalwe as dit vol bespreek is, dan kan ek nie help nie..

Sent from my SM-A546E using Tapatalk
Ja jy kan daar kamp, dink die by ruimte kamp op grasperk

Andersins probeer Geluksvlei gasteplaas - so 10 km van Jubaweni, nylstroom se rigting
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by LoopSoosStroop »

Dankie julle, waardeer, maar beide opsies reeds vol.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by Toxxyc »

In Nylstroom kan ek 'n goeie gastehuis aanbeveel wat nie duur is nie. Skoonpa-hulle het daar geslaap so twee naweke terug, en hulle was tevrede.

Ek moet ook byvoeg Jubaweni is nie 'n uur weg nie, dis net meer as 'n halfuur se ry, eintlik presies 47km van my huis af in Nylstroom. My vrou ken die eienaars, hulle kinders is hier op skool.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by LoopSoosStroop »

Toxxyc wrote: Thu Mar 07, 2024 8:57 am In Nylstroom kan ek 'n goeie gastehuis aanbeveel wat nie duur is nie. Skoonpa-hulle het daar geslaap so twee naweke terug, en hulle was tevrede.

Ek moet ook byvoeg Jubaweni is nie 'n uur weg nie, dis net meer as 'n halfuur se ry, eintlik presies 47km van my huis af in Nylstroom. My vrou ken die eienaars, hulle kinders is hier op skool.
Dankie man, stuur maar asb details aan.

Hoe is daardie pad tussen Nylstroom en Jubaweni?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by saswart »

LoopSoosStroop wrote: Thu Mar 07, 2024 12:24 pm
Hoe is daardie pad tussen Nylstroom en Jubaweni?
Die pad is baie netjies
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by Toxxyc »

LoopSoosStroop wrote: Thu Mar 07, 2024 12:24 pm
Toxxyc wrote: Thu Mar 07, 2024 8:57 am In Nylstroom kan ek 'n goeie gastehuis aanbeveel wat nie duur is nie. Skoonpa-hulle het daar geslaap so twee naweke terug, en hulle was tevrede.

Ek moet ook byvoeg Jubaweni is nie 'n uur weg nie, dis net meer as 'n halfuur se ry, eintlik presies 47km van my huis af in Nylstroom. My vrou ken die eienaars, hulle kinders is hier op skool.
Dankie man, stuur maar asb details aan.

Hoe is daardie pad tussen Nylstroom en Jubaweni?
Kyk of die link werk: https://www.booking.com/hotel/za/the-op ... uest-suite

As jy besluit om hier te kom bly sal ek vir jou bietjie koffie bring een oggend, net om welkom te se. Ek het ook noodnommers van mense wat sal kan help sou dit nodig wees, so skree as jy hulp soek. Die een man is 'n paramedikus wat gebel word juis vir noodgevalle aangesien ons nie 'n hospitaal op die dorp het nie. Naaste groot hospitaal is seker Montana in Pretoria. Hier is ook 'n paar puik dokters wat kan help in 'n noodgeval.

EDIT: Kyk ook hierna: https://www.booking.com/hotel/za/sable-inn-b-amp-b

Ontbyt en die prys is beter. Hier is BAIE gastehuise op die dorp en die een is ook goed gereview. Ontbyt is ook lekker want hier is baie plekke waar jy goedkoop kan lunch en aandete aanskaf (soos Dorsland), dan hoef jy nie eers te kook nie.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by LoopSoosStroop »

saswart wrote: Thu Mar 07, 2024 12:40 pm Die pad is baie netjies
Baie dankie, waardeer
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by LoopSoosStroop »

Toxxyc wrote: Thu Mar 07, 2024 7:58 pm Kyk of die link werk: https://www.booking.com/hotel/za/the-op ... uest-suite

As jy besluit om hier te kom bly sal ek vir jou bietjie koffie bring een oggend, net om welkom te se. Ek het ook noodnommers van mense wat sal kan help sou dit nodig wees, so skree as jy hulp soek. Die een man is 'n paramedikus wat gebel word juis vir noodgevalle aangesien ons nie 'n hospitaal op die dorp het nie. Naaste groot hospitaal is seker Montana in Pretoria. Hier is ook 'n paar puik dokters wat kan help in 'n noodgeval.

EDIT: Kyk ook hierna: https://www.booking.com/hotel/za/sable-inn-b-amp-b

Ontbyt en die prys is beter. Hier is BAIE gastehuise op die dorp en die een is ook goed gereview. Ontbyt is ook lekker want hier is baie plekke waar jy goedkoop kan lunch en aandete aanskaf (soos Dorsland), dan hoef jy nie eers te kook nie.
Baie dankie man, ek waardeer baie! Ja ek dink Jubaweni het tydens die toere ook mediese personeel op hulle terrein, so dink nie dit gaan 'n probleem wees nie. Ek probeer vir die man 'n bietjie ruimte gee om "normaal" te wees, maar aandagspan is maar kort en besef nie altyd die gevaar nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Jubaweni - Beginplaas verblyf/kamp

Post by Toxxyc »

Ja dis waar. Ek het hulle pamflet hier en almal daar is opgelei.

Sterkte. Gelukkig is kinders taaier as wat mens dink.
Post Reply