Dagsê,
Ek het onlangs in besit gekom van 'n klompie 174gr FMJ PMP koele vir .303 (oranje boks). Ek het een van die punte getrek en bevestig hulle het nog kordiet (stokkies) in. Die dopwande en primers is lyk nog in baie goeie kondisie, niks roes of aanpaksel. Die kordiet stokkies is ook nog ligbruin van kleur - soos ek verstaan is ligter kleur beter, dus reg gestoor - en brand mooi as jy dit aansteek.
My vraag is, kan ek die goed skiet? Wat is die risiko's of beperkinge wat ek in ag moet neem? Of moet ek maar die punte uitslaan en ander kruit gooi?
Ek het 'n ou full stock Lee Enfield, wil sommer net paar gonge skiet of uit die vuis skote oefen.
Dankie byvoorbaat!
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
.303 PMP Oranje boks
- JarkVark
- Jr. Member

- Posts: 61
- Joined: Tue Jun 18, 2019 2:56 pm
.303 PMP Oranje boks
Sako .308
Sako .222
Beretta A300
Sako .222
Beretta A300
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .303 PMP Oranje boks
Kordiet brand warmer as bv. S335 en ek sou liefs dit vervang met 'n beginlading van 'n geskikte dryfmiddel. Jy sal dalk net die nekke moet krimp na jy die koeëls geset het. Lee se Collet crimping die sal hier help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
