Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
projagter wrote: Fri Nov 17, 2023 4:10 pm
7mm08 se lisensie is goedgekeur. So nou moet dinge begin gedoen word.
Watter dryfmiddel het julle beproef.
Ek sou sê met Sonchem seker 355 maar het die gevoel dat oorsese kruit miskien beter sal werk.

RL17
Met n vleisie...
Ditto
Sent from my iPhone using Tapatalk
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
dankie vir almal se insette.
Darem net verslag doen:
Finale lading op besluit :
139 SST punte
Lapua doppe
CCI BR primers
Finale Keuse: 43.5 grein varget 2925 v p s gemiddeld. In sterk wind met mirage 2 duim groepering op 270 meter met Burris Eliminator 5 met kruishaar wat hom nou nie juis leen tot klein groepe skiet nie.
Ook 44gr 2960 gem vps -- maar begin effens tekens toon van druk maar steeds veilig -- eintlik beter groepering as 43.5gr.
Wil voorkom asof geweer van spoed hou.
Na 20 skote was loop skoon na 3 lappies -- nog nie geweer gehad wat so min skoonmaak benodig nie. Na 3 skoot groepering was loop steeds gemaklik koud.
projagter wrote: Sun Feb 25, 2024 9:53 pm

Mirrag PJ.
Bly jou combo loop mooi.
Net `n vraag, is daai lading nie in die rooi met Varget agter `n 139gr @ 2925 nie? Die tikka se pyp is mos naby aan 24"?
Ek is sommer nuuskierig omdat ek al redelik met poeiers en punte gespeel het in die 7-08.

Baie dankie.
Met `n vleisie...
Wou nie uit my beurt praat nie ma daai het vir my ook so bq hastig geklink
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Mellies wrote: Mon Feb 26, 2024 4:50 pm
Mirrag PJ.
Bly jou combo loop mooi.
Net `n vraag, is daai lading nie in die rooi met Varget agter `n 139gr @ 2925 nie? Die tikka se pyp is mos naby aan 24"?
Ek is sommer nuuskierig omdat ek al redelik met poeiers en punte gespeel het in die 7-08.
Baie dankie.
Met `n vleisie...
Mielies
Varget gee 43.5 as maksimum. Ek hou maar my dop en my geweer mooi dop. Kan verseker sê dat dit veilige lading vir hierdie geweer met hierdie samestelling is.
Asgevolg van die feit dat die Tikka se magasyn die lengte van patroon beperk en jy dus 'n redelik sprong tot landings het het jy ook laer drukking. Ons het die produksie magasyn vervang met 'n M+. om die sprong kleiner te kry.
Ek het bloot die verstekwaardes aanvaar en slegs die looplengte en spoed aangepas om by jou syfers te kom. Die dop en geweer is sterk genoeg om daardie berekende druk te weerstaan. Dit beteken nie dat daar nie skade oor die langer duur aangerig kan word nie. Die sluitnokke moet meer slotdruk hanteer en kan vervorm asook afbreek. Die vervorming lei tot kopspasie probleme. Onder is Hodgdon se aanbevelings vir 'n 24 duim loop. 50K CUP = 60K psi. My berekening is aangeheg. Jou keuse oor hoe jy wil laai.
Hodgdon Varget
2.800" 40.5 2,721 44,700 CUP 43.5 2,877 50,000 CUP
Projagter 708.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dankie TRi P
Ek is maar dom met die HIGHTEC .
Maar gee graag aandag aan kommentaar veral as dit voorkom asof dit meerdere kennis kan wees.
Ek as leek let op die volgende :
Dat die kruit skynbaar nie volledig verbrand het nie --- dws kruit ontbranding vind in loop plaas -- negatief.
Volgens tabel wat is die korrekte maksimum lading.??
Let wel ons soek nie ten alle koste maksimum lading nie maar wel akkuraatste lading. -- wat in hierdie geval 44 gr was.
Gee my die volgende gemete waardes en dan kan ek 'n veilige lading voorstel.
1. Looplengte van kroon tot by gespande slot ( gebruik skoonmaakstok)
2. Dopvolume van 'n doppie wat geensins verander is na hy geskiet is nie. Doen dit met so 3 doppe. Weeg leeg, vul met water gelyk aan bek en weeg weer. Dit gee watervolume in grein.
3. TPL van basis van dop tot by punt van koeël. Dus nie ogiefmetings nie.
Daarmee kan ons dan beter bereken en antwoorde kry.
Tri P
TPL = 74mm
Dop inhoud = 55.1 gr , 55.2 gr en 55.1 gr water
resultate toetsladings: 42.5 gr gem 2853 vps ( 2859, 2862, 2837 )
43 gr gem 2888 vps ( 2888, 2880, 2895 )
43.5 gr gem 2925 vps ( 2927, 2925, 2941, 2930, 2906)
44 gr gem 2956 vps ( 2958, 2967, 2944 )
Daar is doppe wat 3gr+ gewig verskil toon teen oor die gemiddelde gewig van die doppe. Ek skryf die hier en daar ernstige spoed afwyking daaraan toe.
Ek het solank begin bereken. Ek moes eintlik ook gevra het waarmee jy die spoed gemeet het en as dit 'n chrony was, hoe vêr dit van die loop se punt was. Ek het die lading van 41,7gr gebruik om by die halfnode uit te kom. Spoed nou by 2807vps by die tromp en druk by 56K psi wat goeie ontbranding verseker.
Projagter 708_2.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Sal nuwe lengte gebruik. Om die meet van die hoë spoed gas te vermy word 5m aanbeveel as afstand vir 'n chrony.
Jy vra oor nodes. Dit gaan oor looplengte en daarom looptyd en kom voor aan die linkerkant van die berekeninge wat ek geplaas het. Lees die berig hieronder en jy sal beter verstaan.
Nuwe waardes. 41,5gr vir 2793vps op chrony 5m weg. Jy kan nou speel met 0,2gr inkremente na bo en en onder. Die nodeband waar jy akkuraatheid kry kan in die orde van 1 gr wees. Jy kan dan prakties sien watter ladings gee die beste resultate.