Ammion se Vudoo .22LR op George

Anything regarding Rimfire goes here/ Enige bespreking rakende randslag
Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Ammion se Vudoo .22LR op George

Post by Koos Barnard »

Naandsê
Vriende ek het vandag by Paul van Gass gekuier op George en die geleentheid gekry om 'n paar skote met sy Vudoo .22LR te skiet op 300m. Paul het my so 'n bietjie touwys gemaak oor skiet op langer afstande met die .22LR. Ek het om 6.30vm by die skietbaan opgedaag waar Paul toe reeds ghongs opgesit het op 200, 300 en 400m. Hy het toe gou die geweer se zero getoets op 200m. Die eerste skoot uit 'n skoon loop (fouler) het baie effens links op die ghong getref. Sy volgende vier skote kan ek die beste beskryf as snyers op 200m... en dit met 'n .22LR. Dit het my absoluut verstom. Paul het natuurlik nasionale kleure in skiet, so dis ook te verstane wat hy met die .22LR kan vermag.

Toe was dit my beurt om op 300m te skiet. Die eerste keer in my lewe dat ek so ver na enige soort teiken met 'n .22LR skiet. Die eerste skoot was "dead centre", net effens hoog van die midddelpunt. Ek het daarna nog sewe skote geskiet. Met twee van die skote het die wind wat opgekom het my uitgevang en hulle het effens links van die ander ses getref. Die totale groepgrootte soos julle kan sien, was 10cm. Die ses skote wat mooi gebondel het se groep was so ongeveer 6.5cm. Hierdie tipe akkuraatheid uit 'n .22-geweer het ek nog nooit ervaar nie. Beter skuts en meer ervare manne met die .22 sal natuurlik beter kan doen as dit. Die ammo was RWS R100.

Ek het daarna twee skote op die 400m-ghong geskiet waarvan een skoot ook 'n treffer was.

Hierdie is 'n skietsport wat 'n mens groot sonde sal laat doen met jou bankrekening! Na vanoggend begeer ek so 'n .22-geweer met 'n seer hart.

Baie dankie Paul vir die heerlike oggend asook jou hulpvaardigheid, vriendelikheid en bereidheid om jou kennis te deel. Dankie dat ek van jou kon leer. Ek waardeer dit opreg.

Hier volg so 'n paar foto's. Die eerste twee is van paul se geweer en die groepering wat ek op 300m geskiet het. In die tweede post is die foto's van Paul wat skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Ammion se Vudoo .22LR op George

Post by Koos Barnard »

Hier skiet Paul sy Vudoo
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Ammion se Vudoo .22LR op George

Post by Leon Crous »

Dit bly vir my ook vreeslik impresive wat die manne met die kleine ou .22'tjies kan vermag!
Mooi geskiet oom Koos.
Cheers.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 980
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Ammion se Vudoo .22LR op George

Post by partner »

Joe. Dis Great. En baie mooi geskiet. Dankies ook vir die deel Koos.
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Ammion se Vudoo .22LR op George

Post by Ammion »

Koos Barnard wrote: Wed Feb 21, 2024 7:58 pm
Baie dankie Paul vir die heerlike oggend asook jou hulpvaardigheid, vriendelikheid en bereidheid om jou kennis te deel. Dankie dat ek van jou kon leer. Ek waardeer dit opreg.
Plesier Koos, dit was lekker om te ontmoet - soos ek gese het, ek soek maar altyd 'n verskoning om skietbaan toe te kan gaan.
Post Reply