LAPUA DOPPE.

Post Reply
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

LAPUA DOPPE.

Post by projagter »

Koop onlangs Lapua doppe vir 7mm08 . Met die oopmaak van die kissie blyk dit dat die doppe ernstig en onaanvaarbaar verkleur was.
Die toedrag van sake word onder Lapua Finland se aandag gebring.
Olof Borgström bestuurder van Lapua Finland reageer onmiddelik en vanoggend 3 weke later word 'n kissie doppe ter vervanging by my huis afgelewer.
Nasorg diens deur 'n Fabrikaat wat trots is op sy produk.
My keuse vir die aankoop van doppe in die toekoms sal n maklike keuse wees. -- LAPUA.

Projagter
Bismarck 1941
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Wed Apr 19, 2023 9:04 pm

Re: LAPUA uitstaande diens en produktrots.

Post by Bismarck 1941 »

Dis baie goeie diens, lyk my hulle staan agter hulle produk, gebruik selfs hulle small rifle primed doppe in my howa 308 & het geen probleme ontdek nie.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: LAPUA DOPPE.

Post by Lategan1 »

projagter wrote: Sat Feb 17, 2024 1:53 pm Koop onlangs Lapua doppe vir 7mm08 . Met die oopmaak van die kissie blyk dit dat die doppe ernstig en onaanvaarbaar verkleur was.
Die toedrag van sake word onder Lapua Finland se aandag gebring.
Olof Borgström bestuurder van Lapua Finland reageer onmiddelik en vanoggend 3 weke later word 'n kissie doppe ter vervanging by my huis afgelewer.
Nasorg diens deur 'n Fabrikaat wat trots is op sy produk.
My keuse vir die aankoop van doppe in die toekoms sal n maklike keuse wees. -- LAPUA.

Projagter
Sjoe, baie moeite later, maar jy het die regte ding gedoen. Daai bruin doppe sou jou altyd herinner het daaraan as jy dit nie gedoen het nie!

Jy was bes moontlik ook nie die enigste een wat van hierdie swak lot se doppe ontvang het nie.

Nou vir die groepe. :police:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: LAPUA DOPPE.

Post by projagter »

Die probleem was dat die spons wat hulle oor die doppe gesit het die doppe na geruime tyd van berging verkleur het. Hul het nou hul verpakking verander -- baie netjies. Wynsteensuur het wel die doppe skoon gemaak maar my bekommernis was dat dit moontlike chemiese koper reaksie kon wees. Ek hou in elk geval van 'n netjiese kwaliteit herlaai eindproduk en like nie wonder nie.
Die groep ;D -- so lank dit net kompenseer vir my bewe en rukenpluk.
Nou die nag 3 jakke geskiet -- na so 45 minute van niks verder stuur ek werker om roeper te bring. Hy bang vir spoke en loop en lig met flits rondom hom en toe staan die jakkals so 250 meter weg en bekyk die vreemde verskynsel. Ek besef hy gaan hardloop en nie inkom en daar moet vinnig geskiet word -- lê vinnig aan en hy begin beweeg en toe pluk ek die skoot - blik-----. As my groepering groter was kon dit miskien raak gewees het. Kry nie emoji vir gatskop nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: LAPUA DOPPE.

Post by Capt. Yoda »

projagter wrote: Sat Feb 17, 2024 4:46 pm Die probleem was dat die spons wat hulle oor die doppe gesit het die doppe na geruime tyd van berging verkleur het. Hul het nou hul verpakking verander -- baie netjies. Wynsteensuur het wel die doppe skoon gemaak maar my bekommernis was dat dit moontlike chemiese koper reaksie kon wees. Ek hou in elk geval van 'n netjiese kwaliteit herlaai eindproduk en like nie wonder nie.
Die groep ;D -- so lank dit net kompenseer vir my bewe en rukenpluk.
Nou die nag 3 jakke geskiet -- na so 45 minute van niks verder stuur ek werker om roeper te bring. Hy bang vir spoke en loop en lig met flits rondom hom en toe staan die jakkals so 250 meter weg en bekyk die vreemde verskynsel. Ek besef hy gaan hardloop en nie inkom en daar moet vinnig geskiet word -- lê vinnig aan en hy begin beweeg en toe pluk ek die skoot - blik-----. As my groepering groter was kon dit miskien raak gewees het. Kry nie emoji vir gatskop nie.
Spons in Lapua doppe? Het jy dalk n foto van die?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: LAPUA DOPPE.

Post by projagter »

C Yoda
Alles dadelik vir hulle teruggestuur.
Ek moet noem dat ek ook al in die verlede gevind het dat as punte lank gestoor word dit ook so pers aanslaan -- die doppe het dieselfde getoon . Tuimel in droë media of wynsteensuur maak skoon.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: LAPUA DOPPE.

Post by JF123 »

Ek het nog nie 'n spons in enige Lapua boksie gekry nie, en ek het nou al heelwat gekoop.

Bygesê dit is nou net 308 en 223 doppe gewees.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: LAPUA DOPPE.

Post by jankraay »

Ek het selfs nog nie n spons in lapua doppe gekry nie en ek het al n hele paar pakke in my lewe gekoop.

Bly jy kon regkom


Sent from my iPhone using Tapatalk
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: LAPUA DOPPE.

Post by projagter »

jankraay wrote: Sun Feb 18, 2024 9:37 am Ek het selfs nog nie n spons in lapua doppe gekry nie en ek het al n hele paar pakke in my lewe gekoop.

Bly jy kon regkom


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit was 'n swart spons wat aan die bokant geplaas was. Ekself gebruik ook Lapua by 'n aantal van my gewere saam met Winchester, Norma, S&B, Sako, ens by ander en dit is die eerste keer dat ek n spons in 'n verpakking vind. Dit was redelike ou voorraad van die handelaar ( seker ten minste 2 jaar + in voorraad).
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: LAPUA DOPPE.

Post by Hansieslim »

Lekker lag ek nou vir "toe pluk ek die skoot". Ek knyp eers my oë styf toe voordat ek die sneller pluk.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Post Reply