Ek verkoop ‘n 2023 79 DC V6 petrol omdat ‘n 2.8 op bestelling is. Ook omdat ek die Leupold wat ek gister by Buffalobill gekoop het moet betaal…
Besonderhede is soos volg:
• Land Cruiser V6 79 double cab
• Einde Feb 2023 model
• Rapsie onder die 6,000 km afgelê; ongelukkig nog net teerpad en ‘n paar kilos grondpad by die ingange na die skietbane
• Sand beige, soos Toyota dit noem
• Al die standard goed, NAV, Bluetooth, in car wifi, aircon ens. – die "infotainment" head unit is eintlik nogal lekker
• Rhino lining dubblewand laaibak en dik rubberrising
• Volle Viper uitlaatstelsel met “branches” en SS free flow
• Ruite is “tinted” en smash en grab is opgesit
• Outback Extreme agter bumper met enkel spaarwiel swing arm
• Wild Aluminium kappie – colour coded beige met n paar ekstras (tafel in die dak, die honeycomb security mesh op die agterruit, paar ligte binne in ens.)
• Booxe gepaste matte
• Paar Geezmo goed; cupholders, console, seat box.
Die nuwe bakkie (soos tans op Toyota se webblad) is R850,000. Ek sal graag met die ekstras R840,000 wil kry maar kom ons hoor waar is die belangstelling. As iemand die bakkie soek sonder die esktras of van die ekstras, kan ons daaroor gesels aangesien ek glo dit op die nuwe bakkie se laaibak sal pas. Dit sal dan die agterbuffer, die kapppie, matte en die Geezmo goed wees. Die uitlaatstelsel sal moet bly!
Kontak besonderhede is NulAgtTwee74888NulAgt.

