Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Original Harry wrote: Mon Jan 15, 2024 2:28 pm
@ Capt yoda......ek het jou donut teorie en dit is 'n moontlikheid........sal case inside neksize môre meet en raporteer Hoop my werkswinkel het so 'n klein inside boregauge
Harry, verskoon ek al baie gedeel.
Die beste tyd om te toets vir ‘n donut is blykbaar direk na die dop gevuur is. [edit - hele sin verwyder, van mindere belang en misleidend]
Ek was verbaas wat my reamers weggesny het in beide my .223 en .243. Die .223 het feitlik geen simptome getoon nie, maar dit was daar.
Vertrou jy kom reg met die post anneal probleem.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Jan 23, 2024 9:23 pm, edited 2 times in total.
Lategan, n donut soos ons hom ken is n verdukking (rif) in die nek / skouer area nie n egalige verdukking in die dop se nek nie, dit is die rede hoekom baie ounes hul reamers so speck laat die koel se preasure ring of die gatkant van n FB koel bo die skouer/nek junction waar die donut form sit sodat jy nooit oor dit hoef te bekommer nie.
As dit n egalige verdukking was sou dit nie so eenvoudig gewees het nie, dit is letterlik n ring wat daar sit wat soos n oring lyk.
Jy kan wel nuwe doppe kry wat so taper in die nek van die skouer tot die bek maar na hul geskiet is behoort dit nie so te wees nie, hoekom ons ook dan doppe se lengtes sny want die brass vloei van duk na dun
As jy nuwe doppe se nekke skil vs doppe wat klaar geskiet is kan mens dit ook baie mooi sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ek stem saam. Sal herlees en regstel indien dalk so oorkom.
Ek bedoel nie ‘n geleidelike verdikking van voorkant van nekwande na agter nie. Bedoelende direk langs of voor die “rol of rif”. Die rol is nie in isolasie nie, maar direk langsaan ook al verdik.
Maar soos ek dit verstaan en sien wat gebeur wanneer ek ream. My koeëls wat ek laat insak, sak ook in effe wisselende dieptes by die donut in. Kan dalk toeval wees, sal nie presies weet nie.