Hallo
Wat is die beter Oor Mowwe daarbuite wat werk..
Ek het ‘n stel Honeywell oor mowwe, maar klap daai skote steeds hier in my oor.
Ek luister graag
Dankie
Oor mowwe
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2208
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oor mowwe
Prop dubbeld: sagte industriële sponsproppies, en dan n gewone stel mowwe bo-oor.
Ek skiet byna uitsluitlik met industriële sponsproppies en my ore is regtig sensitief vir klank.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13636
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Oor mowwe
Ek word 40 einde van die maand en eks basies doof in my een oor van skiet. Koop vir jou n goeie stel Walkers wat die klank uitnsy en lekker groot oor jou ore sit, hulle is bq ereteurend in die son as jy sweet en dis hoekom ek tans nie n hadida kan hoor as ek op my regter oor slaap nie maar op die einde van die dag is dit die moeitewerd.
Die goed wat jy by Builders koop of die goed wat jy net in jou ore druk (selfs die duures) werk nie. Iemand soos Doc Beer sal beter kan verduidelik maar jy wil nie net jou oordrom so seer beskerem nie die oormof moet daai klein beentjie wat die vibrasies onder jou oor op tel ook beskerem
Ander voordeel van so stel wat harde klanke uit sny is jy kan nog met die mense om jou gesels sonder om hulle af te haal en dan trek die ou wat langs jou le met sy 338 met n DIY MB los

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Stef1274
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm
Re: Oor mowwe
Stem. As ek gaan skiet in indoor baan, en iemand hier langs my skiet 'n kanon, dan is dit al wat help.Ds J wrote: Sat Jan 06, 2024 2:52 pm Prop dubbeld: sagte industriële sponsproppies, en dan n gewone stel mowwe bo-oor.
Ek skiet byna uitsluitlik met industriële sponsproppies en my ore is regtig sensitief vir klank.
Ds, op ons ander 303 besigheid, het nog nie van jou vergeetnie. Skool maak weer in die week oop, dan hoop ek om by my ellelange to-do lys uit te kom.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Oor mowwe
https://www.3m.co.za/3M/en_ZA/p/d/b00015090/
https://multimedia.3m.com/mws/media/113 ... ?width=506
Ek gebruik dit deesdae. Ek stel myself fyn in vir klank in die veld, alle geluide, met niks in my ore nie. Hierdie tipe hang byderhand om my nek, ek druk dit vinnig in alvorens ek skiet. Al kan ek weens onthou of moet vinnig skiet, dit dalk slegs 50% van die kere wel gebruik, is dit steeds baie beter vir my as om permanent sonder dit te skiet. Werk uitstekend wanneer jy saam met iemand jag, wanneer dit sy beurt is, druk ek dit in my ore.
Oormowwe is goed, veral vir die sagte oorstruktuur soos genoem, maar ek haat dit om daarmee in die veld te stap.
Ek luister ook vir ‘n praktiese oplossing.
Op die baan, goeie skiet mowwe plus ekstra proppe in die ore werk beslis.
Beste.

Last edited by Lategan1 on Tue Jan 09, 2024 1:42 pm, edited 3 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8014
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Oor mowwe
Baie jare terug het ek vir my 'n stel MSA Sordin oormowwe gekoop en gebruik dit nogsteeds.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Oor mowwe
Oor-die-toonbank, selfs industriële oorpluisies is goed, maar maak seker jy kry dit reg in. My oorkanale is baie klein, so ek sukkel van weermag dae af met daardie was pluisies wat uitgedeel was, en met die oor-die-toonbank pluisies, ek kry dit nie effektief in my ore nie, daarom dat ek pasmaak pluisies laat maak het. Geweerdoppies werk gladnie.
Ek het by die audioloog, sy jag self ook, 'n stel pasmaak oorpluisises laat maak wat ek gebruik vir motorfiets, kraggereedskap en skiet. Protecear. As ek 'n geweer skiet wat 'n demper op het, skiet ek soms net met die oorpluisies, maar soms met beide op, net vir beter beskerming. Wanneer ek 'n geweer skiet wat nie 'n demper op het nie, gebruik ek altwee.
Daar was al 'n paar lang debatte hier op Jaracal oor oormowwe vs pluisies, maar audioloë sê mowwe gaan nie beter werk as pluisises nie, want die res van die skedel is steeds oop, veral waar jou wangbeen teen die geweer druk. Maar gebruik te minste een, twee nog beter. Daar is deesdae elektroniese oorpluisies wat soos die elektroniese oormowwe werk, maar dit is vrek duur. Adam Tas het so ruk terug 'n advertrensie daarvoor geskiet.
Paar jaar gelede het iemand reg langs my oor 'n 30-06 onverwags en onvanpas afgetrek. Sedertdien sit ek met tinnitus, daardie gedurige fluit gefluit in jou ore. Ek gebruik deesdae gehoorapparate om te help met die irriterende aanhoudende gesuis. Jou gehoor herstel nooit. Die doofheid word nog erger met ouderdom, maar dit is onnodig om dit te vererger met swak gehoorbeskerming. Vir my is dit soos om 'n swak helmet en klere te koop vir saam met die motorfiets want jy wil nie geld "mors" nie. 'n Val met die fiets vra nie hoeveel jou fiets of klere kos nie, dit is die kwaliteit wat jou beskerm. Dieselfde met jou gehoor.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 487
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Oor mowwe
Johan ek is in dieselfde bootjie. Ek het so 2 jaar gelede vir my Pta Oorinstituut spesiale oorpluisies gemaak (noiseban). Ek double dit met elektriese moffe, veral as ek RO. Maar dit voel na 'n dag (seker die hele skedel storie) dat my ore tog seer kryen ek hoor niks op baan nie.
Ek het nou 'n audioloog gekontak vir daai CENS plugs (elekriese plugs, wat ek dan wil double up met elektries) maar ek wonder of dit moeite en geld werd is (2 x elektriese moffe). Audioloog se geen werklike voordeel behalwe dat ek sal kan hoor nie - subjektiewe opinie van haar wel.
Sal ook wil hoor wat se die mense

- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 723
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Oor mowwe
Middag Johan
Ek gebruik n stel Howard Leight elektroniese oormowwe, veral as ek baandiens doen, en ook as ek handwapen skiet.
Hulle demp baie goed, en as n bonus kan jy steeds hoor wat ander sê.
Die profiel is egter vir my te hoog as ek met my gewere skiet - dan druk hulle teen die kolf.
In daardie geval gebruik ek Peltor Shotgunners. Hulle werk goed, maar jy hoor steeds die skote, en veral onder die dak.
Veral onder die dak is die proppier saam met die mowwe dalk n plan.
Jy is welkom om daai stel Howard Leight van my te probeer as ek weer op die baan is.

JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Oor mowwe
Dankie Jaco
Ja ek het destyds vir my 'n stel "proppies" laat maak by die oorinstituut toe ek vir my 6.5 'n blitsbreker gekoop het..
Sal maar die proppies saam die oor mowwe dra.