S365 baie groot prysverhoging?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
S365 baie groot prysverhoging?
Dagsê
Ek het vroeër hierdie week 'n blik S365 by 'n handelaar in die Suid-Kaap gekoop vir R750. Die winkelassistent vertel toe dat die nuwe besending S365 wat hulle in 2024 iewers verwag, glo 'n baie groot prysverhoging gaan hê. Die kosprys van daardie kruit is na bewering ongeveer R1300+. Die eienaar van die winkel het ook bevestig dat dit die prysverhoging gaan wees en dat dié verhoging die prys tot bo die pryse van ingevoerde kruite gaan opstoot. Hy sê dit gaan S365 bitter moeilik maak om aan die publiek te verkoop. Het enigiemand anders ook al van hierdie prysverhoging gehoor?
Mooi loop
Ek het vroeër hierdie week 'n blik S365 by 'n handelaar in die Suid-Kaap gekoop vir R750. Die winkelassistent vertel toe dat die nuwe besending S365 wat hulle in 2024 iewers verwag, glo 'n baie groot prysverhoging gaan hê. Die kosprys van daardie kruit is na bewering ongeveer R1300+. Die eienaar van die winkel het ook bevestig dat dit die prysverhoging gaan wees en dat dié verhoging die prys tot bo die pryse van ingevoerde kruite gaan opstoot. Hy sê dit gaan S365 bitter moeilik maak om aan die publiek te verkoop. Het enigiemand anders ook al van hierdie prysverhoging gehoor?
Mooi loop
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Indien dit waar is glo ek nie S365 sal enigsens dan verkoop nie.
Hano
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek het van 'n uiters betroubare bron verneem dat die prysverhoging wel die waarheid is. Soos ons reeds weet, konsentreer Somchem op die internasionale mark en die kruit wat hulle vir ons herlaaiers beskikbaar stel, is maar 'n sideline. Blykbaar het die verhoging ook te doen met die talle kragonderbrekings. As die vervaardigingproses eers aan die gang is moet dit enduit loop. Jy kan nie stop en later weer begin nie. Dus moet Somchem natuurlik generators laat hardloop om volgehoue elektrisiteit te verseker en dit stoot die prys erg op. So, lyk my ons gaan maar net op ingevoerde kruite aangewese wees in die toekoms.
Mooi loop
Mooi loop
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek het ook n handelaar in die Kaap gekontak wat ek goed ken en nogal vertrou. Volgens hom gaan S335,S355 en S365 se nuwe pryse R1150.00 per blik wees.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek wonder waar is daar S355 beskikbaar? Ek kon nog nêrens van dit opspoor nie.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ekt my laaste blik 365 nog vir R312 gekoop, ek voel al soos my Pa as hy my vertel hoeveel petrol gekos het as kind. Daai R600 is glad nie n slegte prys nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ja, hulle het die nuwe pryse aangkondig op hulle hele kruit reeks. Of die hele reeks ook beskikbaar gaan wees het hulle nie vermeld nie.
Die groter probleem is dat die ingevoerde dryfmiddels ook duurder gaan word.
Die groter probleem is dat die ingevoerde dryfmiddels ook duurder gaan word.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
As hulle daardie pryse wil/moet vra dan hoop ek net hulle kan die batch verskille uitsort en ook die temp sensitiwiteit hok slaan
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Jd
Dis soos om te hoop vir water en krag. Een van die dae gaan ons vir beide betaal maar indien gelukkig slegs een op n slag he. Waterkwaliteit daal teen n tempo.
Dis soos om te hoop vir water en krag. Een van die dae gaan ons vir beide betaal maar indien gelukkig slegs een op n slag he. Waterkwaliteit daal teen n tempo.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Die 11.1.11 is ons gaan sukkel om ingevoerde kruit te kry ( ek praat die week met n ou wat se besigheid bestaan uit goed invoer van die US en UK en hy se hys opi punt om ma handoek in te gooi, ons blykbaar nou gedowngrade na een of ander slegter graad bo op die feit laat herlaai goed bitter skaars is, seker ons liefde vir Putie wat nie help) In die USofMerika is almal nou op VV want hul kry glad nie meer die ander kruite nie en as hul iets soos Varget of H-iets kry is dit belaglik duur. Gelukkig skiet ek deesdae so min ek kyk ma net na die mooi tyken wats Oom Heinz en sy 300normaAI skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Martiens Bekker
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Skree as jy nie die 361 vat nie. Ek sal hulle koop.Fanta300 wrote: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Groter prentjie....Rheinmetal het 'n reuse kontrak met die Duitse regering aangegaan om ammunisie aan
te voorsien. Ons is nowhere op hulle radar
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
te voorsien. Ons is nowhere op hulle radarSent from my SM-G991U1 using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Die voorsiene tekort kan dalk net erger paniek-koop aan jaag.... en vermoed daar is manne wat dan dalk goeie geld kan maak soos met brannas gedurende lockdown......die storie begin nou al teveel klink na die swart rooibok sage
Die kan sekerlik mooi in Somchem se kraal speel en weer die wiel laat draai.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Die kan sekerlik mooi in Somchem se kraal speel en weer die wiel laat draai.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek sal nie kla oor 'n blik of twee 361 nie. Sal mooi loop in die 3006 met 'n ligter saadjie.Fanta300 wrote: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
As ek my dinge reg het, dan is S361 stadiger as S365... Moontlik stadiger as S385. Die kruit behoort beter geskik te wees vir swaar koele. Dink nie die 3006 se dop het genoeg plek vir die kruit met ligte koele nie.Toxxyc wrote: Tue Jan 02, 2024 8:55 amEk sal nie kla oor 'n blik of twee 361 nie. Sal mooi loop in die 3006 met 'n ligter saadjie.Fanta300 wrote: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
Die ql en grt mense sal meer info hier kan gee.
Groete
Andre
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek het gelaai vir iemand en ons het hier by 63gr S361 agter n 150gr interlock mooi groepering gekry en spoed so 2850fps uit n 22" loop so dis heel bruikbaar.
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek het nie bogenoemde programme nie- maatjies help my maar uit, maar 361 is vinniger as 365 en is balkruit. Ek het gekoop want dit is omtrent helfte van 365. Ek dink dit was vir 308 weermag gebruik (slegs 'n raaiskoot). Klaarblyklik temperatuur sensitief. Ek gaan nou begin werk aan 'n 30-06 lading vir 165g. Oefen ammo. Ek en my ammo nie so erg sensitief nie....
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Website is verkeerd, hulle het nie daai stock nie
Sent from my 22101316G using Tapatalk
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek mag verkeerd wees, maar soos ek dit het is 361 en 365 baie soortgelyk in spoed, 361 is net balletjies, en nie stokkies nie. Dit lê so tussen 365 en 385?Andre308 wrote: Tue Jan 02, 2024 7:08 pm As ek my dinge reg het, dan is S361 stadiger as S365... Moontlik stadiger as S385. Die kruit behoort beter geskik te wees vir swaar koele. Dink nie die 3006 se dop het genoeg plek vir die kruit met ligte koele nie.
Die ql en grt mense sal meer info hier kan gee.
Groete
Andre
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek dink die weermag 7,62 ammo het eerder S341 gebruik, ook 'n balletjie kruit.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Jip, natuurlik is jy reg. Ek het vergeet - ek het eintlik daai les geleer toe almal speurwerk oor Riflex blou gedoen het. Verskoning gevra.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Ek dink Reinmetal kan in hulle d#nner gaan met daai pryse
Sent from my 22101316G using Tapatalk
Sent from my 22101316G using Tapatalk
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: S365 baie groot prysverhoging?
Volgens die Somchem boek vir 30-06:Toxxyc wrote: Wed Jan 03, 2024 7:09 amEk mag verkeerd wees, maar soos ek dit het is 361 en 365 baie soortgelyk in spoed, 361 is net balletjies, en nie stokkies nie. Dit lê so tussen 365 en 385?Andre308 wrote: Tue Jan 02, 2024 7:08 pm As ek my dinge reg het, dan is S361 stadiger as S365... Moontlik stadiger as S385. Die kruit behoort beter geskik te wees vir swaar koele. Dink nie die 3006 se dop het genoeg plek vir die kruit met ligte koele nie.
Die ql en grt mense sal meer info hier kan gee.
Groete
Andre
180gr koel:
S365 begin 47.7gr maks 53.0gr
S361 begin 55.8gr. maks 62gr
200gr koel:
S365 begin 44.8gr. maks 49.8gr
S361 begin 52.4gr maks 58.2gr
Volgens hierdie inligting is S361 baie stadiger as S365. Jy mag moontlik uit dop kapasiteit uit hardloop voor jy druk kry met ligter koele.
Gebruik maar n magnum primer om die bal kruit aan die gang te kry.
Groete
Andre
