Toets vir doughnuts

Post Reply
janbert
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Aug 29, 2011 12:03 pm

Toets vir doughnuts

Post by janbert »

Ek het eers onlangs begin herlaai met my 243 met 70gr blitzkings. By pmp doppe kry ek doughnuts na omtrent die 5 de herlaai. Die punte gaan 'n ent in die dop en steek dan vas teen die doughnut. Wat ek egter wil weet is dat winchester doppe wat 4 keer herlaai was na die doppe gevuur is die punte glad nie eers in die nek ingaan om te toets vir doughnuts nie. Is dit 'n probleem en hoekom gebeur dit, hoe toets jy so dop vir 'n doughnut? As iemand raad het sal waardeer.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Toets vir doughnuts

Post by Danie01 »

Ek sal ook graag wil luister, het ook pmp doppe wat n koeel nie ingaan nadat dit gevuur was nie. Die doppe is 00k omtrent 4 keer gevuur. Ek self het gedink dat doppe se nekke kwaai gekrimp was?? Sal graag wil hoor wat die manne met die kennis se!

Groete
Danie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by tafjak »

Jan

Gooi net koe?l in die dop nadat dit gevuur is, as die koe?l vry daarin val is die dop OK. As die doughnut sigbaar is en die koe?l keer om vry daarin te val, sny die nek aan die buitekant. In side neck reamer los merke wat nie maklik akkuraat verwyder kan word nie.

Ewige oplossing is om die kamer te sny vir die Ackley-dop! Sal graag weet wie wil hiermee argumenteer?

Doughnut in 243-doppe is lewensgevaarlik, veral as jy lang(80grein en swaarder) koele daarin skiet. Pasop!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Jassie »

Taf en ander

Die probleem is dat jy nie eers die buite neksny se "pilot" kan inkry om dit te doen nie. Hoe dan gemaak?

Ek het sommer na die eerste vuurslag die probleem opgetel so as ons 'n opplossing het het ek weer baaaaaaie doppe.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by BLOK »

Meet jy jou doppe se lengtes en sny hulle.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Vaalboer »

Hi

Ek ondervind dieselfde. Wanneer 'n dop geskiet is, is dit asof die bek effe ge-krimp is. Ek kry 'n punt in om doughnuts te check maar die bek maak dit styf en moeilik. My doppe is onder sny-lengte. Geen doughnuts sover.

Groete
Happiness is... a warm gun!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Jassie »

Blok

Ja - ek het ook gedink hulle is te lank maar hulle is 51.8mm en spec is 58.9mm

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by BLOK »

Ek het nou lank gesit en wonder oor die een alhoewel ek nie juis n kenner is nie.

Is jy seker jy gebruik die regte koels as jy herlaai en nie te klein nie. maw hulle krinp kleiner as jy seat
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Vaalboer »

Watter seating die gebruik julle? Ek size met Lee collet en seat met Lee se dead lenght seating die...?? Dalk draai ons die seating die te diep in??
Happiness is... a warm gun!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Toets vir doughnuts

Post by Danie01 »

Ek gebruik RCBS, maar het ook gedink dat ek uit onkunde aan die begin die seating die te diep ingedraai het. Ek het nosler doppr ook gebruik en die koeels het maklik daardeur gegaan nadat dit gevuur is. wat my pla is dat n bek  mos groter moet wees as die patroon klaar gevuur is?? Dit is amper of die nek nog dieselfde grootte is as wat dit was net voor ek koeels ingedruk en gevuur het. Het gemeet en dit is eintlik maar dieselfde, maar verder sien ek geen tekens van dougnuts nie, net die nek wat nie groter geword het nadat dit gevuur was nie.

Hoop iemand kan help hier
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Jagtersdok »

Danie01 wrote: . wat my pla is dat n bek  mos groter moet wees as die patroon klaar gevuur is?? Dit is amper of die nek nog dieselfde grootte is as wat dit was net voor ek koeels ingedruk en gevuur het.
Ek het agter gekom dat die 243 win een van die kalibers is wat maar bietjie vinniger werks verharding (work hardening) kry as ander kalibers

Nou eerstens soos FM s? wil jy die doughnuts voorkom gaan Ackley die roer

Ander metode vir tydelike voorkoming is voor die eerste keer wat die dop gevuur word doen jy "outside neck turning" en sny net 'n raps in die skouer in, maar jy moet maar goed weet wat jy doen.

Die wat jullle manne s? dis asof die bek netso groot is nadat die koeel geskiet is as toe hy gesize was na so 4 of 5 keer se laai, het ek agter gekom by gewere wat bietjie "stywer" nek dimensies gesny is. Die dop verloor sy elastisietyd en trek terug na die oorspronklike posisie. Die teenoorgetseld sien jy ook met gewere wat baie speling het tussen die kamer en die dopwand by die nek, as hy so werks verhard dan blaas die nek so ver oop en as jy hom nou weer probeer size dan hou dit die dop nie so lekker vas nie.
Met duie doppe is dit baie raadsaam om mooi te anneal elke 3-4de herlaai slag om weer die metalurgiese eienskappe terug te gee aan die Brass

Nou die toets van doughnut is heel reg met die val van koeel in die keel af en dan as hy nie haak nie is daar nie doughnut nie.
Ook deur 'n paper clip draadjie te vat die punt teen 90grade te buig en dan af te gly in die nek af kan jy voel as daar 'n hobbeltjie is
Die derde metode is vir die meer ervare herlaaier waar tydens die seating prosess kan jy voel of daar stukkie is wat "stywer" in druk

Wat ek sou voorstel is vat nou daai doppe, gaan anneal hulle druk hulle deur die sizing matrys, inspekteer die nek en skouer gedeelte deeglik
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by tafjak »

Jassie

As dit die geval is, moet jy maar eers die nekke anneal om dit sagter te kry.

Vaalboer

Ek dink jou probleem is iets anders. Die bek(waar is Gerard nou) is toe omdat die dop te lank is of die kamer vuil is. Hier is iets wat ek probeer teken het om die verduidelik waar die vuiligheid pak en baie moeilik is om weer skoon te kry:
[img width=560 height=365]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... nkamer.jpg[/img]

Die donkerblou(nie gedink toe ek kleur kies nie) is die boor van die loop en ligblou die dop. Waar die rooi pyle is, is waar dit moeilik is om skoon te maak en die toeknyp van die dop se bek veroorsaak.

Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Cobus(Cobb) »

Jassie wrote: Blok

Ja - ek het ook gedink hulle is te lank maar hulle is 51.8mm en spec is 58.9mm

Groete
JAS
Taf
Ek het ook in daai rigting gewonder maar daars 'n 7,1mm gap tussen sy doppe en max doplengte??(of is daar 'n tikfout)
Ook s? hy dit gebeur na omtrent 5e laai poging...
As daar 'n opstruksie was soos jy aanwys..(mooi skets daai ou maat), sal dit nie na die 1e vuring van dop(nuut of rak ammo) die probleem al veroorsaak nie?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by tafjak »

cobb

As dit 'n 243 is, is die maksimum lengte van die dop 51.94mm. Die min lengte is weer 51.42 en sal self in die 51.75 omgewing bly.

Ek dink die 58.9mm is 'n vingerfout.

243's en 270's is die manne wat met die "doughnut" probleem opgesaal sit en sal altyd so bly totdat beter dop dimensies verkry word. Ongelukkig ook die 2kalibers wat na aan my hart l?.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by tafjak »

cobb

Sorry, sien nou eers die hele vraag. As dit na elke 4/5de skoot gebeur, is die lading/druk te hoog of daar word elke keer ge-"full size". Vollengte vorm is 'n helsim as dit by PMP-doppe(te hard en dik) kom. As die dopwande te dik is, vloei die brass net gouer en makliker.

Anneal maar na elke 2de skoot is die oplossing, maar ek hou nie veel van anneal nie omdat dit baie moeilik is om eenvormig te anneal en hou eerder die druk af en skiet die doppe tot in oneindigheid toe. Ek gebruik net Winchester-doppe(goedkoopste ne ook van die beter cheapies) en hier is al doppe wat 20-30 skote het sonder om te anneal, nie eers ge-bump nie.

Jong, ek is nou besig om my nek uit te steek in 'n paar beneukte Moderators se territry.

Mooiloop

Ps. Tog is ek bly hier is manne wat die probleem met standaard 243 sien en dit probeer weg hou.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Jassie »

Almal

Maak ek nou 'n vreeslike fout - dis 'n vingerfout die 58.9 moet wees 51.94mm soos Taffie s?.

Ek sal ook maar die anealing roete gaan.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
janbert
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Aug 29, 2011 12:03 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by janbert »

Almal

Dankie manne vir die terugvoering! Lekker om deel te wees van so 'n klomp behulpsame ouens. Sal ook maar kyk na anealing. As ek egter die raad met die draad volg en voel vir 'n doughnut behoort die feit dat die dop krimp na skoot afgevuur is tog seker nie 'n druk probleem te veroorsaak nie of hoe? Ek laai S365 met 70 gr sierra blitzking en 'n lading van 46gr. Spoed is in die omgewing van 3500 vt/sek. Sien geen druk probleme op slagdoppies nie.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Jagtersdok »

janbert

Mens seat gewoonlik nie die 70gr koele in die 243 sover agter toe om in die Doughnut te kom nie.
Ek sou steeds s? anneal eers resize weer en voel dan hoe seat die koele as jy laai
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Toets vir doughnuts

Post by Freddie101 »

Janbert
Ek skiet ook .243. Het paar jaar terug ook doughnut probleme gehad met PMP doppe. Op raad van skietwinkel oorgeslaan na winchester doppe. Nog nooit weer doughnut gehad nie. Aneal so omtrent so elke 4-5de keer.
My 2sent
Freddie
yol bolsun
janbert
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Aug 29, 2011 12:03 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by janbert »

Freddie

Kry jy dit ook met winchester doppe dat nadat dit afgevuur was jy nie en voor jy resize het dat 'n punt nie in die nek van die dop wil ingaan nie? Vir interresantheid wat se punte en lading gebruik jy en wat is jou tpl?
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Vaalboer »

Hi

Dankie vir die lekker kennis wat hier gedeel word!

Tafjak - my geweer doen dit van dag 1 af? dit kan seker nie vuilis wees nie? Die bekkie is ook dan perfek egalig "gekrimp". Sal mooi skoonmaak en goed oplet na al my komponente!

Groete
Happiness is... a warm gun!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Toets vir doughnuts

Post by Freddie101 »

janbert wrote: Freddie

Kry jy dit ook met winchester doppe dat nadat dit afgevuur was jy nie en voor jy resize het dat 'n punt nie in die nek van die dop wil ingaan nie? Vir interresantheid wat se punte en lading gebruik jy en wat is jou tpl?
Janbert.
Nee , ek toets maar elke keer met n koeel voor ek die doppe voorberei en hy gaan maklik in die nek in. Skiet op die ommblik 87 gn Vmax. Teen 3300 vt/ s .

Groetnis
yol bolsun
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by tripodmvr »

Het ook probleme met PMP doppe gekry en dit opgelos deur 6,25mm boor te gebruik om donuts te verwyder. Dit is baie onwetenskaplik synde die boor sekerlik nie presies dieselfde deursnee los weens belyning soos in draaibank nie. Doppe so behandel het my egter 10mm groep op 100m laat skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Hein M. »

tripodmvr wrote: Het ook probleme met PMP doppe gekry en dit opgelos deur 6,25mm boor te gebruik om donuts te verwyder. Dit is baie onwetenskaplik synde die boor sekerlik nie presies dieselfde deursnee los weens belyning soos in draaibank nie. Doppe so behandel het my egter 10mm groep op 100m laat skiet.
T

Ja, 'n mens se logika is dat dit die eenvoudigste manier is om daai verdikking weg te kry. 
Volgens die kenners is die basis en dele naby die basis van koeels baie sensitief vir krapmerke as daar gekyk word na akkuraatheid.  Die ongelykhede wat ontstaan as jy met 'n boor daar woel veroorsaak dan krapmerke op die koeel.

As jy akkuraat skiet met jou praktyk is jy gelukkig.  Ek eksperimenteer ook maat nog met die outside turning - idee (daar waar die nek en skouer bymekaarkom)

Dit sal baie gaaf wees as een van die eksperts vir ons hierdie prosedure stapsgewys kan verduidelik ;)

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Toets vir doughnuts

Post by Hein M. »

Tripod,

Ek sien wel dat die inside reaming ook deur ander ouens gedoen word:

http://home.comcast.net/~jesse99/15MOA_Taper.html

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply