Napier takbokooie
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Napier takbokooie
Dagsê
Ek sit en karring sommer hier in my skietkamer met tipiese"na-jagseisoen blues" en besluit toe om 'n foto of twee op te sit oor ek en my oudste seun se takbokjag op Fairfield naby Napier. Ons het gekampeer en elk 'n takbokooi geskiet en ook kolganse. Soos almal weet, was dit was baie nat winter hierdie jaar en ons kon nie op my gewone kampeerplek kamp nie. Gelukkig is daar 'n kol bloekombos (aangeplant) waar ons toe kon tent opslaan. Dandrej het sy bok op 140m geskiet teen 'n rant wat grens aan die aangeplante weiding op die plaas. Ons het 'n trop bokke van iets in die 20 lank gevolg deur fynbos en oor 'n afgebrande land tot hulle die rant begin klim. Een ooi het teen die rant bly staan en ons het haar seker van so ietsie oor die 350m af begin bekruip totdat ons op 140m die skietstokke kon opstel. Dandrej het uit die staanhouding oor die 4Deadhold-stokke geskiet en die bok wat skuins na ons toe gestaan het getref by die aansluiting van die nek en bors. Hy het my .243 Win (Mauser) gebruik, gelaai met 87gr V-Max'e.
My bok is 'n dag later geskiet nadat ons 'n trop laatmiddag op 'n land aan die agterkant van 'n koppie opgemerk het. Ons het met 'n lang ompad gestap om die wind in ons guns te kry enis toe teen die koppie op ('n volgeplante land). Eens bo moes ons handeviervoet kruip en later plat op ons mae want die helling was van so 'n aard (dit het geleidelik gedaal en dan skielik heelwat steiler geraak) dat ons nie die bokke kon sien nie. Later kon ek slegs die bokke se ore sien uitsteek maar ek kon nie vanuit die lêposisie skiet nie aangesien ek net die ore en die bokant van hulle koppe kon sien. Ons het toe maar verder geseil maar op 'n kol het 'n kiewietpaar met 'n helse lawaai skuins voor ons opgevlieg en die bokke gewaarsku. UIteindelik kon ek regop gaan sit en het op so 'n iets oor die 100m 'n ooi geskiet. Die bokke het egter erg gebondel en ek moes 'n hele paar sekondes wag voordat ek kon skiet, seker omtrent 10 sekondes voordat 'n ooi effens skuins uitgestap het en ek haar ook by die aansluiting van die nek en blad kon skiet. Ek wil graag die video van die finale bekruiptog hier plaas maar weet nie hoe nie. Is daar dalk iemand vir wie ek die video kan aanstuur en wat dit dan op hierdie draad sal plaas vir my. Dis 'n bietjie lank en vervelig (oor die ses minute) maar kyk maar net die laaste 2 minute (as dit geplaas word). My seun het die bekruiptog met twee derdes gesny maar ongelukkig kan ek dit nie verder sny nie.
Aangeheg solank foto's van ons kamp.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Thu Nov 02, 2023 3:17 pm, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Napier takbokooie
HIer is die foto's van ons bokke.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Napier takbokooie
Pragtig en heerlik.
Dankie vir die deel.
Beste.
Dankie vir die deel.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
partner
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Napier takbokooie
Great. Dankies Koos.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Napier takbokooie
Dis altyd lekker om van die manne se jagte te hoor en lees, en om die fotos so te bekyk. Na soveel jare bly dit nog steeds 'n heerlike tydverdryf.
Op die tweede foto is daar 'n item wat lyk soos 'n yslike metaal tregter. Ek is nou baie nuuskierig om die funksie van daai tregter te hoor.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Napier takbokooie
Dag Johan Nel
Die "tregter" is 'n Piet Fluit. Dis 'n waterkan waarin jy water warm maak of kook. Naam kom van die fluitjie wat in baie van hulle se dekselstjies ingebou is. As die water kook en die stoom blaas deur die fluitjie maak dit 'n fluitgeluid, net soos sommige ketels wat ook met soortgelyke fluitjies toegerus is. Ek het grootgeword met 'n Piet Fluit... ons het altyd water daarin warm gemaak op ons houtstoof toe ek 'n kind was. Op die takbokjag het ons die Piet Fluit gebruik om ons was/badwater warm te maak. Hierdie een het ek jare gelede as 'n geskenk gekry by 'n Magnum-leser wat in Oudtshoorn bly.
Mooi loop

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Napier takbokooie
Daai lyk soos 'n lekker jag oom Koos! Geluk met die bokke.
Kan oom of iemand anders my dalk vertel wanneer is 'n goeie tyd om takbok ooie te jag en wanneer nie? Ek wil graag so een vir vleis skiet maar ek het geen idee wanneer is hulle dragtig nie. Die is mos nou 'n volksvreemde bok so ek ken nie hulle doen en late nie. Andersins sal ek 'n ram ook oorweeg maar ek het gehoor mens moet hulle ook net 'n sekere tyd van die jaar jag?
Groetnis
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Kan oom of iemand anders my dalk vertel wanneer is 'n goeie tyd om takbok ooie te jag en wanneer nie? Ek wil graag so een vir vleis skiet maar ek het geen idee wanneer is hulle dragtig nie. Die is mos nou 'n volksvreemde bok so ek ken nie hulle doen en late nie. Andersins sal ek 'n ram ook oorweeg maar ek het gehoor mens moet hulle ook net 'n sekere tyd van die jaar jag?
Groetnis
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Napier takbokooie
Dag Eduard
Paartyd is gewoonlik van so Maartmaand tot Junie. Dis ook die tyd wanneer jy nie die ramme moet jag nie want dan stink hulle glo. As jy dus ooie wil skiet, is vroeg in die jaar beter. Ons het in Julie gejag maar nie een van die twee ooie wat ons geskiet het ,was dragtig nie. Die ramme verloor hul horings hier teen einde September en is dan baie skugter totdat die "takke" weer uitgegroei is. As jy 'n ram vanaf Augustus skiet of ook vroeg in die jaar voor die paartyd begin sal die vleis goed wees. Ek het so drie jaar gelede een geskiet aan die begin van Augustus en sy vleis was baie lekker.

Dankie Koos. Daar leer ek iets nuuts. Ek het vanuit die konteks van 'n tregter gekyk. Dankie weereens.Koos Barnard wrote: Fri Nov 03, 2023 6:16 pm Dag Johan Nel
Die "tregter" is 'n Piet Fluit. Dis 'n waterkan waarin jy water warm maak of kook. Naam kom van die fluitjie wat in baie van hulle se dekselstjies ingebou is. As die water kook en die stoom blaas deur die fluitjie maak dit 'n fluitgeluid, net soos sommige ketels wat ook met soortgelyke fluitjies toegerus is. Ek het grootgeword met 'n Piet Fluit... ons het altyd water daarin warm gemaak op ons houtstoof toe ek 'n kind was. Op die takbokjag het ons die Piet Fluit gebruik om ons was/badwater warm te maak. Hierdie een het ek jare gelede as 'n geskenk gekry by 'n Magnum-leser wat in Oudtshoorn bly.
Mooi loop
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Napier takbokooie
Ek het eenkeer ‘n mooi takbokram in Middelburg op grasvelde geskiet, baie kos, gedurende Junie-maand. Een skoot morsdood.
Nou hierdie sogenaamde amper skaapvleis soos baie dit graag wil beskryf, was oneetbaar. Ek het hele bok vir varsvleis gehou, loin tjoppies de lot! Dit toe saggies deur my potjies weggewerk.
Interessant genoeg, ek het saam ‘n PH gejag, hy my verseker hulle ramme se smaak is mak.
Die jag was wel heerlik, bokke vir paar uur bekruip, maar die ete nie!
Beste.
Nou hierdie sogenaamde amper skaapvleis soos baie dit graag wil beskryf, was oneetbaar. Ek het hele bok vir varsvleis gehou, loin tjoppies de lot! Dit toe saggies deur my potjies weggewerk.
Interessant genoeg, ek het saam ‘n PH gejag, hy my verseker hulle ramme se smaak is mak.
Die jag was wel heerlik, bokke vir paar uur bekruip, maar die ete nie!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Napier takbokooie
Koos,
Baie dankie vir die deel. Dit is baie lekker om julle jagstorie te lees. Baie mooi foto's ook.
Net 'n vraag. Daardie V-Max's is mos eintlik 'n puik koeël vir ondiere. Maak hy nie baie vleisskade nie? Is daar 'n rede hoekom julle dit in die 243 gebruik het, of was dit net toeval?
Mooi dag daar!

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Napier takbokooie
Vmax en 243 was vir mekaar gemaak op daai size bokke!
Baie netjies Oom Koos, ek is self erg lus vir jag die tyd van die jaar

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Napier takbokooie
Dankie manne
Hein die 87gr V-Max was maar die patrone wat ek gelaai gehad het. Ek gebruik hulle vir springbokke en as ek vir die pot skiet, skiet ek vir die kop of nek om vleis te spaar. Dandrej kry glad nie kans in Rusland waar hy bly om te jag of te skiet nie, so hy skiet elke jaar maar net hier. Dus probeer hy nie kopskote skiet nie. Die V-Max het baie skade gemaak maar dit was 'n eenskoot-doodskoot. My bok is geskiet met my 7x57 met 140gr Ballistic Tip teen 2450vps. As gevolg van die gekruipery en die omstandighede het ek toe ook nie 'n kopskoot probeer nie. Ons het plat op ons mae geseil totdat ek later regop gesit het en sonder skietstokke geskiet het. Met die stadiger koeël was die vleisskade natuurlik baie minder as met die V-Max.
Lategan ja, Junie is nie die regte tyd om ramme te skiet nie. Ek het al verskeie geskiet en geëet en die vleis was heerlik maar almal is reg teen die einde van die winter of eintlik in die lente geskiet.

Last edited by Koos Barnard on Sat Nov 04, 2023 3:14 pm, edited 1 time in total.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Napier takbokooie
Dankie oom Koos vir die terugvoer. 'n Lekker vet ooi so net voor paartyd klink vir my aan die orde van die dag!
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Sent from my SM-A528B using Tapatalk