Hierdie is glad nie vir ‘n kompetisie of fyn skiet lading wat ek benodig nie maar net iets om die kinders ook skiet kans te gee so nou en dan as hulle saam gaan skiet en my duurder komponente so bietjie te spaar. (En bietjie eksperimenteer “for the fun of it”)
Ek het n paar pakkies van die bruin boks 143gr surplus ammo wat onlangs redelik vollop en goedkoop was probeer en was redelik verbaas met die resultate uit my 20” tikka ctr. Die gemiddelde spoed wat ek gemeet het met ‘n magneto speed was 2865fps en groepering op 100m was omtrent 1.5”
Ek het nou van die los punte gekry en so paar ladings probeer volgens die lading tabelle in Somchem se data maar kom nie naastenby reg nie. Ek is nie seker watter kruit om te gebruik nie en as iemand dieselfde al probeer het sal ek enige raad en voorstelle waardeer.
Wat ek wel opgemerk het is die volgende:
Fabrieks ammo:
Gemiddelde spoed: 2865fps met ES van 18fps oor 5 skote gemeet.
Een van die rondtes se punt getrek en dryfmiddel weeg 45.3gr
Dryfmiddel lyk soos S321 of S341 bal kruit. Nie S335
Vir dieselfde tipe lading met Somchem kruit lyk dit of PMP dalk S341 gebruik het. Daar is nie ‘n 143gr lading in die tabelle, net 130 en 150gr en 45.2gr is maks lading vir S321 met 130gr punt.
Ek het die 100 los punte wat ek gekoop het geweeg en dit wissel van 142.1gr tot 144,5gr.
Die ladings wat ek probeer het was met GRT bereken vir S321 en S341 en heelwat onder maks druk vlakke maar groeperings bestaan nie. Met maks ladings in GRT vir S341 en S321 lyk die speod ook nie so hoog soos die fabrieks spoed nie.
Party sou dit dalk beskou as ‘n mors van tyd. Net nuuskurig hoekom dieselfde doppe en punte nie lyk of dit wil werk as die fabrieks ammo redelik aanvaarbaar is. Het PMP dalk ander tipe dryfmiddels wat nie standaard van die rak af Somchem was nie gebruik. Miskien mis ek iets ooglopend. Hoor graag enige insigte en ander ondervindings.
Sent from my iPad using Tapatalk Pro
Baan oefen rondtes met PMP 143gr fmj
-
gbvl
- Sr. Member

- Posts: 268
- Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm
-
Stef1274
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm
Re: Baan oefen rondtes met PMP 143gr fmj
Hi,
Ek het redelik baie gelaai en geskiet.
143gr FMJ
41.3gr Riflex Green
TPL 71.0mm
PPU Doppe
Winchester LRP
As ek reg onthou was snelheid so rondom 2650fps - 2700fps uit 'n 24" loop.
Ek het probeer om ontwikkeling te doen om die proses te leer, maar het net nooit groeperings gekry nie. Brass, primers, charge weight, seating depth - als was tot hoë standaard gedoen met baie klein SD, maar die groepe was maar in die 2" band. Dit was naderhand so dat ek die geweer begin betwyfel het, maar met eerste poging op load dev met nuwe 165gr koeëls het al 10 inkremente onder 1" groepeer. So ek glo daardie 143s is maar net nie akkuraat nie. Die oefening was nie 'n mors van tyd nie, maar dit het letterlik net bevestig wat 'n mentor vir my voor die tyd gesê het gaan gebeur.
Steeds baie goedkoop, en skiet bly lekker.

308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Baan oefen rondtes met PMP 143gr fmj
Onderstaande berekening toon dat dit moontlik S321 is wat in daardie patrone gelaai is. Die brandtempo is net baie hoër as normaal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
gbvl
- Sr. Member

- Posts: 268
- Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm
Re: Baan oefen rondtes met PMP 143gr fmj
Baie dankie vir terugvoer sover.
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Sent from my SM-G990E using Tapatalk