Hilux 3.0D4D 4x2 DC

Have some thing for sale, trade or looking to buy? No commercial ads allowed!
Post Reply
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Hilux 3.0D4D 4x2 DC

Post by Blink Stefaans »

Dagse manne
Ek het besluit om my bakkie te laat gaan.
Dit is die 2011 Heritage Edition
Bakkie het vol leer binne
Reverse camera
Cruise control ens ens
Ek het die bakkie in 2017 gekoop by Barloworld in Centurion met 120 000km hy staan nou op 179 000km.
Ek het n maatskappy voertuig gehad waarmee ek kon rondrits en die bakkie was net gebruik as ons as gesin iewers heen gegaan het.
Die bakkie was een keer in Mozambique en een keer by Port Edward. Die res is maar jag trippies en by oumas en oupas gaan kuier. Skool rugby ens.
Die bakkie gekoop met n vol diens rekord van Toyota. Ek het nie gedink ek sal die bakkie ooit wil verkoop nie en het RMI werkstuigkundiges gebruik om die bakkie te diens op 130k, toe doen ek die volgende diens self (wou nie Toyota so hoop geld gee vir n olie en filters nie), op 151k het n RMI wersktuigkundige die cambelt verander en gediens.
Ek het toe self die 160k sowel as die 170k diens gedoen. Ek het oordentlikke olie en filters gebruik. Ek het ook n goeie clutch kit gekoop net na ek die bakkie gekry het want ek het op die interwebs gelees dat dit salk sal nodig wees....die clutch kit is nog in die garage.
Soos ek sê nooit gedink ek sal die bakkie wil verkoop nie, maar ekt nou my eie besigheid begin en voel te sleg om hom te gebruik om pompe rond te ry.
Ek wil dus n klein bakkie koop en die res van die kontant in die besigheid druk. Kontantvloei is n bogger.
Die is n eerlikke bakkie en ek het basies n kleinhuisie vol geld betaal sodat hy in die garage kan staan. Sy is nie hard gery nie. Ek het n baie ligte voet as ek self die diesel moet gooi.
Daar is twee smeer merkies beide kante van die bumper...wou nie vir n taxi plek gee om in te druk nie maar het daai fight verloor en die regter kan was n polisie bakkie wat net bloot voor my ingedruk het. Ek het in die week n kwotasie van R4000 gekry om die bumper oor te verf en die bakkie mooi te poleer.

Ek soek graag R300 000 en sal daai goetertjies mooi uitsort.
Sal die bakkie vir n mooi was vat en n paar mooi kiekies neem.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Hilux 3.0D4D 4x2 DC

Post by Blink Stefaans »

Ek gaan die prys aanpas na R280k
Ek sien wat die goed voor gaan en ek kan nie dink dat jy iets beters vir die prys sal kan kry nie
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Hilux 3.0D4D 4x2 DC

Post by blaser »

hand rat of auto
4x4 of 4x2
Post Reply