Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Lamtjop »

Middag manne.
Hoop julle kan my help, ek het 243 Lapua doppe wat nou vir 4de keer gebruik gaan word. Ek het gewas, geanneal en toe 15 gaan toets of hulle in geweer kamer. Almal kamer mooi. Full resize toe met nuwe Hornady full size die en slot kan nie op 1 toemaak nie. Lengtes met Lee case trimmer gesny maar daar was net 1 dop wat effe te lank was, die ander raak nie eers aan die cutter nie. Full size toe n paar met ou Lee die en dit gaan toe effe beter, die slot maak toe met die helfte van hulle. Ek het die 2 groepe doppe se mates vergelyk en kon nie verskil in buite mates kry nie. Ek het ook nie n fancy tool om skouers te meet nie en druk toe maar n 308 dop se bêk oor 243 se bêk en meet die totale lengte en toe sien ek dat doppe wat nie wil werk nie is so .2mm langer as die wat werk. Ek het met die dies se diepte in press gespeel maar kon nie n dop wat nie wil kamer kry om te werk nie. Moet ek shoulder bump die kry of kan ek net shell holder bietjie skil om die dop dieper in die te druk? Ek luister na jul raad. Dankie
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Lategan1 »

Kan verskeie redes wees.

Meet jou doppe op skouers, (indien nie kan nie)
Bepaal “headspace” akkuraat met dun teiken plakker of,
Jy sal sien “FS die” druk eers dop langer voordat skouers terugdruk,
Dalk het jy nog nie genoeg vollengte matrys ingedruk nie,
Hou net konstant kopspasie dop deur letterlik matrys se sluitring 2mm op ‘n slag dieper te draai[l.w. ring 2mm draai] totdat pas en slot net net mooi glad sluit.

Ek sou hier begin voordat shellholders begin dunner draai. Weet wel bv. .243 kan dit vereis.

Onthou jou Lee en Hornday se tolleransies/mates is nie noodwendig dieselfde nie. Besluit op een, sorteer probleem uit.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sun Aug 27, 2023 3:20 pm, edited 4 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by JF123 »

Eerste vraag is of jy die Hornady matrys gestel het om tot teen die shelholder te druk? Gebruik jy 'n Lee press?

Met die Lee matryse moet jy die matrys in draai tot dit teen die shelhoder is en dan nog halwe draai meer. Nie seker oor die Hornady matryse nie, maar ek neem so aan as jy dit in 'n Lee press wil gebruik.

Die Hornady shelholders is bietjie dunner as Lee sin.
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Lamtjop »

Ek het beide dies, Hornady en Lee ingedraai totdat dit teen shellholder raak met herlaai press se arm heelbo. Lee het so 50% doppe gehad waarop slot kon toemaak, Hornady amper 0, ek het ook beide dies so 2mm uitgedraai en weer probeer, geen verskil. Ek kon wel sien dat Hornady die se doppe meer lengte wen tydens resizing teenoor die Lee. Die Hornady die voel ook of hy meer weerstand bied tydens resizing proses.
Ek gebruik Lee shellhoder en Redding press.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Lategan1 »

Lamtjop wrote: Sun Aug 27, 2023 2:02 pm Ek het beide dies, Hornady en Lee ingedraai totdat dit teen shellholder raak met herlaai press se arm heelbo. Lee het so 50% doppe gehad waarop slot kon toemaak, Hornady amper 0, ek het ook beide dies so 2mm uitgedraai en weer probeer, geen verskil. Ek kon wel sien dat Hornady die se doppe meer lengte wen tydens resizing teenoor die Lee. Die Hornady die voel ook of hy meer weerstand bied tydens resizing proses.
Ek gebruik Lee shellhoder en Redding press.
Lamtjop, jy moet eers treë teruggee. Stel matrys kort van shellholder kontak, voordat dit “size” en gaan dan geleidelik nader wyl jy pas in jou geweer.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Giepie »

Lategan1 wrote: Sun Aug 27, 2023 1:45 pm
Jy sal sien “FS die” druk eers dop langer voordat skouers terugdruk,
Ek het dit ook nou die dag agter gekom. My ouer/vorige gewere se kamers was beslis groter as standard. Ek moes my 270win se loop terug sny want die keëel was al weggebrand, nou moes ek al my gebruikte doppe vol lengte vorm omdat die kamer stywer is, waarskynlik meer volgens SAAMI. Met die vollengte vorm kom ek agter die dop raak eers langer soos wat dit die dop veral by die basis weer indruk. Die gebruikte doppe van die ou kamer het nie in die nuwe kamer gepas nie. Ek moes ook van die doppe terug tot op lengte sny omdat dit gerek het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Glocked »

Jy gaan ook moet seker maak om 'n Hornady shellholder te gebruik saam jou Hornady FL Die. Ek het ook al met dit gesukkel, die Hornady shellholder is platter, wat die dop ook dieper in die "die" gaan indruk.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Lamtjop »

Problem solved, het n ander shellholder(dink dis n Lyman) gebruik met Hornady die nou maak slot mooi toe.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 563
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Slot wil nie toemaak na full resize nie?

Post by Dumbluck »

Bly jy het reggekom, as jy begin full size raak die dop eers langer voor die die teen die skouer begin vasdruk.
Ek wou al my die bietjie af-masjien het aan die onder kant ma my press hanteer die cam-over nog ok.

Die beste is om die tools te kry om die skouer lengte mee te meet. Dis 'n mate in my herlaai data vir al my kalibers net soos TPL.

Almal praat altyd van jy moet die akouer 2 thou terug druk ma ek moes dit toe vir myself bewys.
Gevuurde dop, 1.625" slot het weerstand, 1.624" is hy beter ma nog nie daar nie, 1.623" is my slot mooi glad.
Op my 223 hoef ek hom net 1 thou terug te deuk

1.623'" vir my 308 en 260 en ek skat jou 243 sal ook dieswlfde wees afhangend van jou kamer

https://youtu.be/g5yG-1zg6Yo?si=eNAz1K75fDE4ZoK4

Sent from my SM-G991B using Tapatalk


Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
Post Reply