Kom ons gesels bietjie jag stewels....
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
My seun het die naweek terug gekom na 8 Maande in die bos vir die A-Z van FGASA opleiding. Vanaf Apprentice tot Trails. Hy was in Dinokeng met sy baie klippe en sekelbos en moes elke dag gaan stap in die bos. Hy het ook menigte guided walks gedoen met toeriste en ook sy skiet opleiding vir trails. Net voordat hy in Januarie hier gery het het ek vir hom 'n paar Redbacks gekoop. Die naweek toe hy terug is toe maak ek sommer sy Redbacks vir hom skoon met Plush Leather Food en bekyk die skoen van naby. Na 8 maande se daaglikse loop in die bosveld lyk dit nog min of meer dieselfde soos toe ek dit vir hom gekoop het.
Ek dink daai Redbacks sal my volgende koop wees. My seun is ROF op stewels en as dit hom hou vir 8 Maande se elke dag in die bos dan sal dit my 'n leeftyd hou.
Ek dink daai Redbacks sal my volgende koop wees. My seun is ROF op stewels en as dit hom hou vir 8 Maande se elke dag in die bos dan sal dit my 'n leeftyd hou.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Amper n leeftyd.
Hulle het een nadeel. Na baie jare verkrummel die kussing tussen leer en sool. Dink hul noem dit plastic hydrolysis. Omdat die sool giegiet word is hersool amper ontmoontlik. Gebeur met die Blundstones ook. My 1ste paar het wel 10jaar gehou. So as mens in hul bele moet hul werk en nie in die kas le vir uitsoekgeleenthede.

Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
@Supacow. Bly om jou terug te sien. Was bang jy het geskrik vir die stewels wat jou bekruip.
Ek het 'n lieflike stel suede Blundstone stewels in Oz gekoop en hulle sole het ook begin opbreek na 10 jaar. Baie spyt want dit was sulke gemaklike stewels en nog netjies ook.
Ek het 'n lieflike stel suede Blundstone stewels in Oz gekoop en hulle sole het ook begin opbreek na 10 jaar. Baie spyt want dit was sulke gemaklike stewels en nog netjies ook.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Nee Oom hul bekruipvermoe is nie goed genoeg 
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het in 2009 by Nampo vir my n stel Wolverine's gekoop. Die laaste 5 jaar of so dink ek elke jaar dit is seker nou die laaste jagseisoen. Dan koop ek maar weer n nuwe stel inners en gaan aan. Dit is veral n lekker ondersteunende skoen as jy klippe en rante jag.
Ek onthou destyds was daar baie gerugte dat daar n Wolverine namaaksels van China af inkom.
Ek onthou destyds was daar baie gerugte dat daar n Wolverine namaaksels van China af inkom.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het ook so 2 jaar gelede oorgeskuif van Blundstone na Redback. Ek het was baie gelukkig met Blundstones gewees, maar toe is uitvoer/invoer na SA gestaak.toxicsox wrote: Tue Aug 15, 2023 12:01 pm My seun het die naweek terug gekom na 8 Maande in die bos vir die A-Z van FGASA opleiding. Vanaf Apprentice tot Trails. Hy was in Dinokeng met sy baie klippe en sekelbos en moes elke dag gaan stap in die bos. Hy het ook menigte guided walks gedoen met toeriste en ook sy skiet opleiding vir trails. Net voordat hy in Januarie hier gery het het ek vir hom 'n paar Redbacks gekoop. Die naweek toe hy terug is toe maak ek sommer sy Redbacks vir hom skoon met Plush Leather Food en bekyk die skoen van naby. Na 8 maande se daaglikse loop in die bosveld lyk dit nog min of meer dieselfde soos toe ek dit vir hom gekoop het.
Ek dink daai Redbacks sal my volgende koop wees. My seun is ROF op stewels en as dit hom hou vir 8 Maande se elke dag in die bos dan sal dit my 'n leeftyd hou.
My eerste paar Redbacks was goed en het so 18 maande gehou. Ek dra as 'n reël 'n goeie paar skoene op binne so 2 jaar, maar hulle word DKW gedra en basies elke dag.
Ek loop nou so 8 maande op my 2de paar Redbacks, selfde soort en grootte as eerste paar. Hulle het baie groter uitgeloop as die eerste paar en nou loop ek rond binne hulle. Veral in die berge met op en af. Die Redbacks se enkel ondersteuning is ook heelwat swakker as die blundstones.
So ja is tussen 2 vure wat die volgende een gaan wees.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek gebruik Wildebees slip-on stewels elke dag(het altyd Rossi’s gedra) en daar is niks sagter as Wildebees nie. Loop sag en sag op jou voete.
My 2 paar nou in 4 jaar. Hulle hou baie goed en die prys/performance ratio is goed vir my!
Ek wil vir jag vir my ‘n paar koop met veters wat mens se enkels bietjie beter ondersteun.
Die een met die ‘gladde’ sool is net moer gevaarlik op nat gladde oppervlaktes. Dis definitief nie geskik vir rots hengel nie.
Die lekker is ek trap niks modder/mis vuil in die huis in nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
My 2 paar nou in 4 jaar. Hulle hou baie goed en die prys/performance ratio is goed vir my!
Ek wil vir jag vir my ‘n paar koop met veters wat mens se enkels bietjie beter ondersteun.
Die een met die ‘gladde’ sool is net moer gevaarlik op nat gladde oppervlaktes. Dis definitief nie geskik vir rots hengel nie.
Die lekker is ek trap niks modder/mis vuil in die huis in nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13584
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Hulle klere het so duur geword daai fullhouse kos seker al wat Courtneys kos maar ek moet se ek hou baie van daai wat hy so lekker gepad is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Net ter inligting, Redline in Nottingham Road maak meeste van Wildebees se stewels
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Is dit ‘n goeie ding?Pappabeer wrote:Net ter inligting, Redline in Nottingham Road maak meeste van Wildebees se stewels
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Die eienaar het vir baie lank Jim Green besit, en verkoop om Redline te begin. Hulle maak nice stewels, ook maar duur, maar lyk na goeie kwaliteit en mooi afgewerk. Ek het geen persoonlike ervaring met dit nieApie wrote: Fri Aug 18, 2023 9:24 pmIs dit ‘n goeie ding?Pappabeer wrote:Net ter inligting, Redline in Nottingham Road maak meeste van Wildebees se stewels
Sent from my iPhone using Tapatalk
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13584
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ok nee daai is glad nie sleg nie, ekt verwag dit sal 2x dit weesApie wrote: Fri Aug 18, 2023 6:53 pm https://wildebees.com/?s=Spoorloos&post ... tid=Zxz2cZ
Sent from my iPhone using Tapatalk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek weet hier is al geskryf oor Freestyle, hierdie pryse lyk vir my ook billik in vandag se tyd en Freestyle is gemaklik en ook 'n baie taai stewel.
https://www.freestylesa.co.za/collections/mens
https://www.freestylesa.co.za/collections/mens
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Het enigiemand ondervinding met Rogue se stewels? Die Trail like goed, en dit is billik geprys.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het 'n paar stelle Rogue. Baie Goeie stewige boots. Goeie waarde vir geld.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Watter modelle het jy? Ek stel belang in die Trail maar die Ranger’s lyk ook goed.
- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 183
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het ook ‘n paar RB2 Trail van Rogue. Dis ‘n lekker geharde stewel en ek gebruik hulle gereeld daar waar dit erg klipperig en steil is in plaas van my Courtney Safaris. Die Rogue’s het my aan die begin bietjie bo my hakskeen gepla waar hulle gedruk het maar nou is hulle lekker ingeloop. Die RB9 Ranger lyk na ‘n lekker stewel maar was nog nooit seker oor so hoë stewel nie.
My Courtney’s loop na 15 jaar nog mooi. Ek dink hulle is wel binnekort gereed vir ‘n revamp.
Sent from my iPhone using Tapatalk
My Courtney’s loop na 15 jaar nog mooi. Ek dink hulle is wel binnekort gereed vir ‘n revamp.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Nee maar dan is dit so. Ek sal die Trail’s kry.
Dankie vir die insette manne.
Dankie vir die insette manne.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
MiddagGlocked wrote: Sun Aug 06, 2023 2:57 pm Ek het toe eintlik besluit op 'n paar Jim Green Rangers, en vandag eintlik gery om 'n paar te gaan koop. Aangepas, voel redelik gemaklik aan die voet, sal hulle bietjie moet sag loop, maar die sool pla my. Dit wil vir my voel of die sool te hard is, ek dink hy sal vir ewig hou, maar ek is bang hulle gaan raas in die veld ? Is daar van julle wat jag met die Rangers wat kan bylas ?
Enige iets anders wat ek defnitief na moet kyk ?
Ek het ook al 'n hele paar km's op Rangers. Ek dink dis baie goeie stewels en jy kan hulle laat hersool in RSA. Ek verkies stewels met veters vir ernstige werk. Die leer is gewoonlik nog in goeie toestand dan groet die sole van stewels. Maar ek moet met jou saam stem die sole is hard en is dan effe meer rasserig. Maar as jy op 'n droë tak trap met enige skoen gaan dit kraak
My opinie die stewel is mooi genoeg vir dans & werk, maar nie kerk nie.
Ek het van Jim Green se ander stewels met die gladde sool en dit wil voorkom hulle loop sagter. Maar ongelukkig is die paar meer in die "workshop" as op my voete. Ek het toe belê in 'n stel Redbacks. Dis seker amper 2x die prys maar dit is baie gemakliker en loop ook stiller. Ek het nog nie gejag met hulle nie.
Sagte sole se groot nadeel is 'n sekelbos kan regdeur hom, dan gaan suukies loop nie help nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Redbacks elke dag. My jag pel se sool het in die veld afgeklim, maar daai stel was 12 jaar oud.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek begin ook al hoe meer dink dat stewels met veters beter is vir jag as die slip on tipe.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
My klong het sopas n 10dae /130km hike in die Sederberge met n paar Keen stewels gedoen. Hy is n vaskop stut so hulle is behoorlik getoets. Klip, water , sand , modder etc is hulle deur.
Ons het dit in Maart gekoop so hy het hulle mooi ingeloop voor die tyd. Hulle het die toets mooi geslaag.
https://www.capeunionmart.co.za/product ... C1520.html
Ons het dit in Maart gekoop so hy het hulle mooi ingeloop voor die tyd. Hulle het die toets mooi geslaag.
https://www.capeunionmart.co.za/product ... C1520.html
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek verkies blundstones vir daaglikse dra. Dalk net bietjie warm in die somer na my sin, maar indien jy hulle oppas hou hulle n leeftyd. Renapur se reeks hou hulle in kondisie. Het al Red Backs probeer, maar vir my nie eers amper so gemaklik soos BS nie en hulle terugegee na twee weke. Sal nie met een van hulle probeer jag nie.
Vir jag het ek die afgelope 10 jaar Salomon se quest en x ultra gebruik. Baie gemaklik en geen inloop nodig nie. Ek dink hier lê agt pare in my jagkas.
Verlede jaar Scarpa terra aangeskaf. Na n paar maande se probeer is die inloopproses nog nie voltooi nie en byt hulle steeds.
Op die oomblik gebruik ek UA se micro g valsetz. Gemaklikste, sagste, droogste boot wat ek nog gebruik het. Hoe lank hulle hou kan ek nog nie sê nie...
Met n vleisie...